Om Oom te wees (al is ek nie jou oom nie)

  • 13

Nóú, in my winterjare, kyk ek nostalgies oor my skouer en pieker ’n paar punte van wees en Afrikanerwees – net vir ingeval ’n ou eendag verslag aan die ou Skepper moet doen. (Tegelykertyd hoop ek die memoires kan rigtinggewend deur my nasaat aangewend word.) Dit is egter die korrektheid van my aanname wat bodder.

“Oor die jare het ek in die sweet van my aangesig my brood op verskei maniere verdien:

1.       Koerantafleweraar

2.       Vloerassistent by Woolworths

3.       Kassier by BP Express shop

4.       Handlanger en kabels aanlê op construction sites (ook na verwys as: “draadtrekker”)

5.       Eisehanteerder by POF

6.       Regsadviseur by SAPD

7.       Prokureur

8.       Onderwyser

(Etlike ander is onnoemenswaardig.)

Vir niksseggende beuselagtighede kan ’n mens egter nie goedsmoeds daarop aanspraak maak dat wildvreemdes jou aanspreek as professor of doktor nie, omdat jy nie "hard daarvoor gewerk het" nie. En dit is ook goed so, cause who gives a shit but the parrot. Heelparty Afrikaners wat Vadertjie Tyd maar bloot sy gewone gang laat gaan, eis mettertyd die ongekende kultusstatus van oom of tannie op; steeds plek-plek in die Republiek ’n gesaghebbende titel. Die onderbou van hierdie en soortgelyke kondisionering veronderstel moontlik dat respek ’n eenrigtingstraat is en kweek uiteindelik onderdanigheid en demp kritiese denke. Ek wed meer Afrikaners as enige ander groep betaal hul TV-lisensies, elektrisiteit, tolgeldjies en belasting omdat gehoorsaamheid aan "gesag" by hom ingedril is.

  • 13

Kommentaar

  • Ek gee glad nie om wanneer 'n jong aanvallige dame vir my sê oom nie. Sy moet net nie sê nee oom nie.

  • Hans Richardt

    Reusedwerg, ek dink nie meer sulke gedagtes nie, veral oor jong aanvallige vroue...
    Ek dink altyd daaraan, dat ek redelik kwaad sou wees as ou man ogies maak vir my dogters.
    Seker sal mens erg gevlei voel onder aandag van jong vrou...ego gestreel en so aan..

  • Hans, jy sal verbaas wees hoeveel jonger dames wel ogies maak (soos jy dit stel) vir ouer mans. Ek is eerlik dit laat mens goed voel, net so indien 'n ouer dame dit ook doen. Ek glo soos die Ingelse akteur Oliver Reed. Iemand het hom tydens 'n onderhoud gevra, "mr Reed, what type of woman do you love?" Hy antwoord toe, "I love any woman who wants to be loved". Ek vind hoe ouer ek word hoe leliker word ek, (nie dat ek ooit in my lewe al mooi was nie) dit is seker dat die dames belang stel om my te gebruik om of hul ouers of kinders mee bang/skrik te maak.

  • Wat is verkeerd daarmee wanneer goed opgevoede jongeres jou met respek aanspreek? Julle is net suurgat omdat jul bulpille nie meer werk nie!

  • Raed, ek is nooit as te nimmer suurgat nie. Ek hou nogal daarvan. Ek het ook al gevind dat daar wel jong dames "geskok" is wanneer jy vir hulle 'n deur oophou of opstaan uit 'n stoel wanneer hulle in 'n vertrek inkom. Ek het ook al 'n kardeur oopgemaak en is met skok aangekyk. Ek doen dit in elk geval vir alle dames. Die bulpil storie is outyds. Is dit nie Bloues deesdae nie. Ek dink van die ooms drink dit net om te keer dat hulle nie in die nag uit die bed rol nie.

  • Henning Janse van Vuuren

    Hanlie Retief het met oom Anton Goosen (70) en tannie Estie (?) gesels. (Die volledige artikel, vergesel van ʼn pragtige foto, kan hier gelees word: https://www.netwerk24.com/Stemme/Hanlie-Retief/hanlie-retief-gesels-met-anton-goosen-en-kie-20160320)

    Op die vraag of daar dertig of veertig jaar tussen hulle lê, antwoord oom Anton: “Is dit belangrik?” (Terloops: Sy het geen respek vir hom as sy hom nie as oom Goosen aanspreek nie. Bid jou aan. Bogkind!)

    Nou ja, verbeel jou ons almal lê en sonbaai in Gansbaai en van links op die strand se spierwit sand stap die vietse sestienjarige Estie heupswaaiend in haar Polkadot-bikini nader. Voorwaar ʼn pragtige gesig. Eenkant, elkeen met ʼn vanieljeroomys en sjokoladestafie, staan ʼn sewejarige seun in ʼn Speedo en ʼn (16 + 30) ses-en-veertigjarige vader die nimf waarderend en gadeslaan. (Die wetenskap het reeds onteenseglik bewys dat selfs babas mooi mense kan onderskei van die fuglies – die woord vir fucking uglies.)

    Eties en sosiaal gesproke word van die middeljarige verwag om haar natuurlike skoonheid blitsvinnig te waardeer, dit nie te laat blyk nie en vervolgens sonder versuim oor die onstuimige see te tuur. Die tannies sal haar ook, met heimwee (“As it did to this flower, the doom of age will blight your beauty” – Pierre de Ronsard), agternakyk, en gou seker maak alle oë front: Die sewejarige is sonder blaam, onskuldig. Kyk die middeljarige te lank, het hy perverse varkgedagtes.

    Maar: “As mens gelukkig is, is mens gelukkig. Want liefde het nie grense nie. Liefde sien verby kleur, verby ouderdom, verby allerhande dinge,” sê Anton.

  • Hans Richardt

    Wel, "toys for boys"? Dit verduidelik waar die uitdrukking "kinds" vandaan was, as ou mans weer begin "skinny jeans" dra en help-my-sterk-lyk hemde...? In Engels is daar uitdrukkings vir ouer vroue soos "cougar" en "grab a granny". Wonder net wat sal beskrywing van ou man wees, wat sy "ego gestreel wil hê"? Ek moet toegee, ek kyk ook soms...en wonder as die spore so lyk, hoe die stasie lyk. Hier waar ek bly, is ou man van 66 jaar met jong vrou van 23 jaar en blykbaar is sy gelukkig, kla net dat die ou veeleisend is... Ou bok het mos harde horing en hou van sagte groen blare?

  • Henning,
    Tante Retief en Anton is omtrent ewe oud. Anton en Estie is al 12 jaar 'n paartjie en ongeveer 2 jaar gelede getroud.
    En:
    'n Ou kan die onderstaande woorde van jou sleg mislees:

    "Nou ja, verbeel jou ons almal lê en sonbaai in Gansbaai en van links op die strand se spierwit sand stap die vietse sestienjarige Estie heupswaaiend in haar Polkadot-bikini nader. Voorwaar ʼn pragtige gesig. Eenkant, elkeen met ʼn vanieljeroomys en sjokoladestafie, staan ʼn sewejarige seun in ʼn Speedo en ʼn (16 + 30) ses-en-veertigjarige vader die nimf waarderend en gadeslaan. (Die wetenskap het reeds onteenseglik bewys dat selfs babas mooi mense kan onderskei van die fuglies – die woord vir fucking uglies.)

    Eties en sosiaal gesproke word van die middeljarige verwag om haar natuurlike skoonheid blitsvinnig te waardeer, dit nie te laat blyk nie en vervolgens sonder versuim oor die onstuimige see te tuur. Die tannies sal haar ook, met heimwee (“As it did to this flower, the doom of age will blight your beauty” – Pierre de Ronsard), agternakyk, en gou seker maak alle oë front: Die sewejarige is sonder blaam, onskuldig. Kyk die middeljarige te lank, het hy perverse varkgedagtes."

  • Hans, dit is moeilike storie. Wat verklaar jy as 'n ou man. Wanneer is jy oud? Wat is 'n ou man? Jy word gou gebrandmerk wanneer jy "myle" opgedoen het as oud. Ek ken mense wat in hul dertigs al "oud" is/was. Wat is daarmee verkeerd as jy 'n baie jonger metgesel of lewensmaat het. Ek was die laatlam in ons familie. Ons leef in ander tye. Die mense kyk beter na hulself. Daar is nie 'n room poeier of wat ook al wat esteties iets aan my kan doen nie. Ek het egter 'n hekel aan 'n ouer persoon wat hom/haarself bespotlik maak. Daar is dames wat klassifiseer is as "mutton dressed as lamb". Mans met hul Tarzan hempies ens. Belaglik. Solank jy die lewe geniet saam met die vrou wat jou liefhet en verdra is die stryd half gewonne. Die storie loop, "if a woman treats you like a dog, you gonna play with the cats" Ons almal is hier op geleende tyd. Laat waai. Soos 'n pel altyd gesê het, "in die ou dae moes jy trou voordat jy brand van begeerte, deesdae brand die ouens sommer vir die lekkerte"

  • Henning Janse van Vuuren

    "Lolita, light of my life, fire of my loins. My sin, my soul." ‒ Lolita, Vladimir Nabokov

    "Lolita is a 1955 novel written by Russian-American novelist Vladimir Nabokov. The novel is notable for its controversial subject: the protagonist and unreliable narrator, a middle-aged literature professor under the pseudonym Humbert Humbert, is obsessed with a 12-year-old girl, Dolores Haze, with whom he becomes sexually involved after he becomes her stepfather." ‒ Wikipedia

    "We may brave human laws, but we cannot resist natural ones." Twenty Thousand Leagues under the Sea, Jules Verne

  • Henning Janse van Vuuren

    In my hartroerende memoires (die dikste boek ooit in Afrikaans) sal ek dit só onthou:

    Vir baie Afrikaners lê daar steeds veiligheid in verkramptheid. Toe my dogter later gebore is, is sy van kleins af vertrou om te jy-en-jou. Só anders as wat ons grootgemaak is, het nie ʼn enkele ouer tóé beswaar gemaak teen ʼn jy-en-jouery nie ‒ soos Engelse kindertjies (óf Afrikaanse kinders wat hulself as Engels voordoen) “ou” Afrikaners maar sonder skewe kyke op die naam noem en die oues van dae dan tog al te gewillig deur die Engels worstel. Te oulik. Ten spyte van hierdie gruwel in die oë van God wat jou dae tot in ewigheid kan verleng en boonop ʼn klad op die naam van Respek self, het Johannesburg desondanks teen wil en dank bly staan. (Die rekord sal aantoon dat die blaam vir Joburg se uiteindelike verval voor ʼn nikswerd ANC se deur te lê is.)

    Vrees versus liefde, glo ek. Intimiteit. Ek is immers ek, en jy is jý. Ek het die, “gee vir jou ma of pa dit of dat aan” bloot verander na: My. Kom sit ʼn bietjie by my. Ek is hier, ek is nou.

    Dit is Kahlil Gibran wat tereg sê:

    Your children are not your children.
    They are the sons and daughters of Life's longing for itself.
    They come through you but not from you,
    And though they are with you yet they belong not to you.
    You may give them your love but not your thoughts,
    For they have their own thoughts.
    You may house their bodies but not their souls,
    For their souls dwell in the house of tomorrow,
    which you cannot visit, not even in your dreams.
    You may strive to be like them,
    but seek not to make them like you.
    For life goes not backward nor tarries with yesterday.

    You are the bows from which your children
    as living arrows are sent forth.
    The archer sees the mark upon the path of the infinite,
    and He bends you with His might
    that His arrows may go swift and far.
    Let your bending in the archer's hand be for gladness;
    For even as He loves the arrow that flies,
    so He loves also the bow that is stable.

  • Henning Janse van Vuuren,
    Die tannie- en oomaanspreekvorm, as mens nou mooi daaroor dink, is eintlik maar deel van die Afrikaanse grammatika. My een broer se een seun, en my een suster se dogter 'jy' en 'jou' almal (en snaaks genoeg hulle onderskeie broers en susters doen dit nie) en dit gee dieselfde krapperigheid as die gebruik van 'dit' of 'doen' in Afrikaans soos wat die Engelse daardie woorde gebruik. Dit klink bloot net nie reg nie.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top