Herman2016-01-28Briljant, briljant Breyten. Afrikaans het jou nodig soos nog nooit tevore nie, die donker besluite wat gekamoefleer onder verskeie name aangebied word en dan voorgestel word as dit wat reg is en die meerderheid wil dit so hê is banaal - so asof die meerd
F C Boot2016-01-28Angus
In die Longman-Hat dictionary die volgende:
opinion noun (~s)
1 [what you think about a subject or situation] [what you think] [wat jy van iets dink] ► mening In my opinion, you are wrong. Na/Volgens my mening is jy verkeerd.
2 in my opinion
Albe Grobbelaar2016-01-28Wat 'n interessante stukkie onlangse geskiedenis, gebou op eeue oue geskiedenis! Heerlik gelees. Toevallig dat ek met my studente (Mediastudies en Joernalistiek) 'n hoofstuk oor omgewingsjoernalistiek doen, waarin ons redelik volledig die reise en latere
Jaco Fourie2016-01-28Voorheen was ekonomiese groeipunte uitsluitlik in Kaapstad, Durban en Johannesburg/Pretoria gesetel. Die doel vir die opstel van die 9 provinsies was om meer ekonomiese groeipunte in die land te stimuleer om sodoende welvaart geredelik oor die hele land t
Angus2016-01-28Beste Reusedwerg,
Ek sluk nie swaar aan iemand wat Afrikaans of Engels swak praat nie. Solank ek aan die geluide wat hy maak, kan verstaan wat hy probeer sê, is ek heppie. As 'n mens gedurigdeur eers moet dink wat die korrekte taalvorm is voordat jy pra
Deon van Zyl2016-01-28Mens veg vir omgee deur om te gee, vir rekonsiliasie deur te rekonsilieer, en vir samesyn deur saam te syn. Breyten veg vir Afrikaans deur te Afrikaans soos ek lanklaas gehoor het. Ek voel trots op so 'n taal en dankbaar vir so 'n vegter.
Jan Rap2016-01-28Laat ek dit anders stel Hugo om dit makliker vir jou te maak:
Dit is jammer dat Engelse aanhalings nodig is in 'n pleidooi vir Afrikaans. Ek is seker daar is toepaslike betoë in Russies, Frans, Armeens en Timbuka en sou dit aangehaal gewees het, sou dit
Leon Langeveld2016-01-28Ek het volle vertroue dat met Jan Heunis aan die voorpunt sal die Konvokasie en sy uitvoerende komitee die regte pad loop en die regte besluite neem. Ek het beide my kinders aan die US laat studeer omdat hulle volledig in Afrikaans kon studeer. Ek het my
Anneline2016-01-28Ek woon in Mauritius en die eerste taal is Engels. Dit is die taal in alle onderrig- en Government-instansies. Op die straat word Creole, Frans en Engels gepraat. Jou taal waarmee jy grootword word in die huis en tussen jou vriende gepraat. Liedjies en to
André Badenhorst2016-01-28My antwoord op 'n stelling op die Max Du Preez Facebook-forum oor hierdie rede: Ek was daar en haar absolute passie en eerlikheid is deur almal waardeer, behalwe deur een klipkop wie se punt met genoegdoening van die verre meerderheid buite orde geroep is
Erney Breytenbach2016-01-27Dankie Breyten. Nadat ek jou gelees het, het ek my Afrikaans-wees uit die dorre stof opgetel, kon ek weer na die uitspansel kyk en sien hoe wolkies begin saam dans in die hoop op reen.
Hanna Kotze2016-01-27Ek is mal oor jou metafoor van Doom! En ek lees hoe moeilik dit is om te hoor, net te hoor, en te sit met die gewig van die implikasie.
Magriet2016-01-27Was bevoorreg om gisteraand daar te kon wees. Voel positief oor die toekoms van my alma mater waar die vierde geslag van ons familie nou studeer. Dink die ondersteuners van "afrikaansmustfall" besef nou dat Afrikaans nie hul grootste vyand is nie en dat
Jeremy Vearey2016-01-27DIE NAG VAN DIE BOENKS BY UNIVERSITEIT STELLENBOSCH SE KONVOKASIE
Ek lees in Die Burger van 27 Januarie 2016 dat daar ’n groot sametrek van boenks by US was. Ek was nie daar nie want my tipe Afrikaans word mos as diglossie afgeskryf en al was ek daar s
Hugo van Niekerk2016-01-27Ai Jan Rap, die engelse aanhalings pla my nie want dis direkte aanhalings. Eenogigheid is nie deel van my 'make-up' nie en gevolglik pla dit my nie.
Tommy2016-01-27Shame op watter planeet woon die vrou. Nou moet ek skuldig voel oor wie ek is. Se voet. Ek sal nie my standaard verlaag omdat ander mense afbreek, steel ,moor en net dink aan die dag van vandag nie.
koos van Rooyen2016-01-27Wil u nie so vriendelik wees en die boek "n VOLK STAAN OP "gaan lees nie want as u dit klaar gelees het sal u uitroep HOSANNA vir die witvelle wat die land opgebou het uit niks ook niks gesteel het nie. Ons was arm nee brandarm; ons was 10 kinders, 3 het
T. Hart2016-01-27Foksie van Noord
Soos Victor Ivanoff se spotprentbrak van ouds, het hierdie foksie die hele Stellenbosche taalgedoente wantrouig dopgehou. Hoewel dit gepas is om eenkant te bly en swaargewigte kans te gee om hulle blawwe te blaf, is enkele gelukwensinge
Gustaf2016-01-27Uit 'n historiese perspektief waarskynlik net so epogmakend (in eie konteks) soos Harold McMillan se destydse "Winde van verandering" toespraak. Breyten se taalkwas verleen kleur en "geur" aan 'n onderwerp wat mif en verlepte tekens begin toon het wat bet
Pieter Hurter2016-01-27Kragtoer, tour de force, onoortreflike historiese prestasie. Alles waar. En agter alles is 'n beleë individualis, towenaar van die woord en skerp beiteltjie. So kan mens aangaan om die heuningkwas mildelik te gebruik. Breyten moes sy lang pad loop om "de
Izak Smuts2016-01-27Hier kom die boodskap toevallig uit op Holocaust-herdenkingsdag. Kom ons bewaar en beskerm wat waardevol is, sodat almal ryker mag wees. En jubel oor 'n taal waarin 'n boodskap so aangrypend oorgedra kan word.
Lodewikus A Hanekom2016-01-27My visie vir SA Uitnemende Vaktaal, Handboeke en Studente in Reënboogformaat!
Suid-Afrika is bekend as die Reënboognasie en as sulks is al ons tale en kulture en volke binne die nasie aanvaar as gelyk. Gelykheid beteken dat elke kultuur, taal en geskie
Hugo van Niekerk2016-01-27Wat 'n voordrag! Ek staan verstom oor die wysheid wat kwytgeraak word (nie afbrekend bedoel nie).
Ek staan ook beskaamd dat ek nie oor al dié insigte beskik het nie.
Lank lewe my taal AFRIKAANS waarin ek my self kan uitdruk, hoe krom en skeef ook al.
F C Boot2016-01-27Beste Angus
Omdat daar 'n woordbeperking is het ek die volgende uitgelaat omtrent jou opmerking:
Glo is geen bewys nie. Daar is absoluut geen bewyse dat hy 'n historiese figuur was nie. Ek kan bewys dat die verhaal waarin hy as karakter is, fiksie is. D
Duitswester2016-01-27Ag Jaco,
Dis 'n uitgekarringde ou argument waarvoor ek nie regtig lus het nie. Hensoppers reken jy, ek reken weer dis mense wat besef het die lewensstandaard, standaard van alle dienste, ekonomie wat moet toe gaan, alles wat die witman tot stand gebring
F C Boot2016-01-27Beste Angus
Nou is jy totaal deurmekaar. Dit is duidelik dat jy nie die skakels gegee gevolg het nie, want dan sou jy nie so ’n opmerking gemaak het nie. https://www.jewishvirtuallibrary.org/jsource/judaica/ejud_0002_0018_0_18628.html
Ook is jou Ver
Jaco Strauss2016-01-27Ja dit was 'n groot voorreg Mary. Ek het die eerste 25 minute met my selfoon opgeneem tot hy vol geraak het. Daar is wel 'n opname deur die universiteit ook gemaak; ek hoop dat dit beskikbaar gestel sal word.