LAPA Uitgewers kondig met trots aan dat ons Romanza-klub op 4 Junie 2015 presies tien jaar oud is. Romanza is ’n handelsmerk in die LAPA-stal wat gemik is op vrouelesers tussen agt en agt-en-tagtig. Daar word tans 48 titels per jaar uitgegee onder die Romanza-druknaam en ’n totaal van 156 000 kopieë per jaar word verkoop.
LAPA is baie bly om deel te wees van ’n besonderse groei in die Afrikaanse lekkerleesmark. In 2004 was 77% van die plaaslike boeke wat verkoop is, Engels en 22% was Afrikaans. In 2014 was die verdeling 53% Engels en 45% Afrikaans.
Ons is dus trots op ons aandeel om die Afrikaanse boekkoper weer terug te wen.
Romanza word bemark onder die vaandel Beleef die emosie.
Romanza is by verskeie boekhandelaars beskikbaar, maar lesers wat aansluit by die Romanza-klub kry verskeie voordele:
• Twee Romanzas @ R100,00 (ter waarde van R149,98)
• Drie Romanzas @ R140,00 (ter waarde van R224,97)
• Vier Romanzas @ R180,00 (ter waarde van R299,96)
Klublede kry ook 30% afslag op ander LAPA-boeke, hulle ontvang maandeliks die Romanse- Nuus propvol inligting oor skrywers en boeke, en word soms bederf met geskenkies en verrassings tydens spesiale geleenthede.
Meer inligting oor die klub is hier verkrygbaar: http://www.lapa.co.za/romanza-club.
Daar is ook ’n baie aktiewe lesersblog waarna lede van die publiek kan gaan loer: http://romanzalesers.wordpress.com/. Of gaan “like” Romanza-klub op Facebook om al die jongste inligting te kry.
Kommentaar
Wil graag aansluit. Was lid by leserskring.