Wat ’n gedoente; al wat liberaal (sogenaamd), oopkop (sogenaamd), vryheidsvegter-ondersteuner en -simpatiseerder en beyweraar vir die NSA was, verguis nou vir arme Zuma. Wat ’n uitkomste is die man tog nie vir hulle nie – dis soos padwoede; vir bykans 20 jaar hou die protagoniste hulle blind en nou dat dit só sleg gaan dat selfs hierdie einstes nie meer kán ontkenning-ontkenning speel nie, stort hulle al hul toorn op Zuma uit.
Toe Zuma president geword het, het die slaggate nie skielik ontstaan, rioolplase nie ophou werk, die rand begin val, plaasmoorde ontstaan, misdaad toegeneem, die infrastruktuur begin vou en Afrikaans afgeskaal begin word nie. Hierdie goed het begin kop uitsteek in ’94 (eintlik nog vroeër, toe dit duidelik geword het dat ‘n regeringsverandering aan die kom was).
Zuma het baie om voor verantwoording te doen maar dis nie reg van die sogenaamde verligtes – soos byvoorbeeld die Max du Preez’s van hierdie wêreld – om hom op te saal met die gemors wat sy voorgangers en dié se kadermaatjies en amptenare gemaak het nie.
Van Max gepraat: Ironies dat, so twintig jaar of wat gelede ’n inbeller vir hom gesê het dat presies gaan gebeur wat nou aan die gang is. Daardie inbeller is nie met die helm gebore nie; hy’t maar net gekyk na hoe sake in al die ander ‘bevryde’ lande hier ten noorde van ons verloop het.
Jan Rap


Kommentaar
Jan, dit is snaaks hoe dinge werk. Die propogandiste vir die huidige bedeling is nou tjoepstil. Wat my soos ek in ander briewe al genoem het dronkslaan is die miskenning/ontkenning van die huidige situasie. Die land brand maar almal besing die demokrasie en wat daarmee gepaard gaan. Hulle vergeet daar is 'n lae intensiteit anargie in die land. Die riool is in die drinkwater, maar die demokrasie word besing. Die despoot doen wat hy wil, minag die reg en wanneer die gepeupel onrustig word, word die blaam op die blanke (minderheid) geplaas. Die toespraak op die trappe van die Stadsaal in Kaapstad was, "free education, free housing, water" en wat nog. Wat het gebeur? Dit is nou "payback time". Die mense is onrustig en tog nog word die werklike probleem nie raakgesien nie. Westerse demokrasie in sy huidige vorm werk net nie in Afrika nie. Daar is geen land waar dit in Afrika werk nie en sal in die volgende duisend jaar nie werk nie.
Netso.
Soos jy sê, hulle is tjoepstil en om hulself te regverdig vir die dwaasheid word die vorige bedeling verguis. Selfs Max du Preez het al begin agterkom dinge lol nou maar in plaas daarvan om te bieg maak hy of Zuma moet pa-staan vir die gemors.