Ek is de moer in ...

  • 9

Watse gesoetsappigheid is dit met Webvoet? Hier is niks om te lees wat jou bloed laat kook en jou dwing om na die steutelbord te gryp nie. Wat het geword van “sê jou sê op die Sê, Litnet se vuurwarm brieweblad?”

Lyk my sensuur word hier liefderik omhels. ‘n Ou moet maar verlief neem met CM en ander se soetsappighede. Robuuste de-moer-in-maak-goedjies word summier ge-“file”, lyk my.

Indien ‘n onderwerp te lank aanrol en ‘n gesanik begin raak, knip hom kort, laat weet die skrywers dis die laaste oor die onderwerp, en basta!

Is LitNet se briewe ook onderworpe aan politieke korrektheid. Sal LitNet ook gedreig word met hofsake en so aan?

Ek sien op die nuus swartmanne wat in ‘n groep amok maak dra T-shirts waarop daar ‘n stelling gemaak word dat “blacks cannot be racist”.

Dis mos “racist” opsigself. Niemand dreig daaroor nie. G’n niks getweet of facebook nie!

Raed-na-Gael

***
Niks word "summier ge-'file'" nie, maar LitNet behou die reg voor om enige briewe of kommentaar op ons platform te plaas al dan nie – Webvoet.

  • 9

Kommentaar

  • Kobus de Klerk

    Ironies genoeg ... nog nooit was vryheid van spraak en uitdrukking so onder beleg en beleër en onderdruk soos nou, juis dat die grondwet vir ons daardie regte 'beskerm' nie. Hier op LitNet was daar nog tot so 'n tyd gelede vryheid van spraak en uitdrukking binne redelike perke. Nou is dit daarmee heen.
    LitNet het die spreekwoordelike polisiestaat geword - 'n woord-polisiestaat, wat baie na kom aan herinner aan die ou oorlogsjare se Nazi-woordsensuur - sonder vooraf waarskuwing of verduideliking of geleentheid om die saak uit te praat.
    Webvoet se antwoord? Kortaf. Niks word summier 'gefile' nie en Webvoet hou die (alleen)reg voor om enige briewe of kommentaar op hierdie platform te plaas al dan nie. Soos dit 'n goeie despoot betaam ... Dit is dus dit wat nie deur Webvoet gesê word nie, wat so luid weerklink - en die kwellende indruk word geskep dat 'n paar individue by redaksie die sensuur septer meedoënloos swaai.
    Webvoet het die gulde geleentheid gehad om die saak reg te stel, as Raed-na-Gael se klagte ongegrond was (wat dit nie is nie). Maar het toe verkies om dit so te laat, want sy kritiek is gegrond.
    Soos dit is in enige polisiestaat, sal die inwoners weldra oppak en verhuis elders heen ... so is dit dan ook hier by SêNet, wil dit voorkom. Op die korte duur bly daar dan niemand oor om met die septer by te kom nie ...
    Lyk my selfs die Afrikaners wat hulself as 'vrydenkend' beskou, verstaan glad nie hoe 'n demokrasie beoefen moet word nie - baie beslis nie met polisie-geweld (of is dit nou woord-geweld hier) nie.
    Kom ons sê dit maar - Ons moet grootword ...

  • Jy hou 'n bietjie te veel terug Webvoet, soos ek beduie het, jy kastreer my briewe, lyk of jy meer as net myne kastreer. Een van die dae kan ons 'n kastrato-koortjie opmaak waar ons sing hoe liefies almal is in die nuwe SA.
    My laaste paar menings het nie die toets geslaag nie, is nie geplaas nie. Hoekom nie? As jy aanhou om net te plaas wat inpas by jou wense of jou base se wense sal die werf beslis val. Soos ek voorheen gesê het, laat die griffelaars hul stoom blaas, of trek af en plak toe. Ek verwag nie jy moet die term ken nie en sal graag beduie as jy dit nie ken nie.
    En ek loop oor van saamstemming met Raed-na-Gael.
    Duitswester
    ***
    “Skietgat, Skietpunt, berig, oor ...” Ek ken jou term heel goed, dankie Duitswester.
    Vandat SêNet bestaan word alle briewe op dieselfde manier gemoniteer. Haatspraak, rassisme, laster, diskriminasie ensovoorts word nie geduld nie. Daar is baie maniere om ’n stelling te maak. Maak dit op die regte manier (volgens SêNet se kriteria) en die brief word geplaas.
    Groete
    Webvoet

  • Daar is tog iets wat opval val van Linet se SêNet en Webvoet se snoeisker en dit is as 'n mens so oor die pasgelaaide stories 'scroll' dat CM se gesegdes feitlik onveranderd geplaas word.

    Is dit dalk 'n geval dat ander onderwerpe nie spreekwoordelik diep genoeg in die moeras van menslike genot rondploeter nie dat lesers wegbly en 'n ander tuiste soek?

  • Ns

    Voordat lesers nou verkeerde gedagtes ontwikkel, aktiveer ek soms van die stories
    om te sien wat toegelate lengte en woorde is en wat toelaatbaar is en Webvoet se snoeisker vrygespring het.

    Dalk moet daar vir die lot 'n spesiale kamer in een van Litnet se baie wonings gereserveer word, dan kan die lotjie in rus en vrede doen wat hul doen. En as dit moontlik is ruim sommer 'n vir CM ook êrens 'n stilte plekkie aan die sonkant in asb.

  • Beste Duitswester

    Skryf hygstories my maat, want sien selfs 'n skoot oor die boeg daarvan het nie Webvoet se snoeisker vrygespring nie.

  • Ek stem saam. CM is by verre te hoog en intelligent om op die werf toegelaat te word. Sy wyshede is verstommend. Hy behoort ' n boek met sy juweeltjies of dagstukkies te publiseer.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top