Kommentaar

Oponthoud

CM 2016-05-04 Vanwaar die gewaande kennis? Die "duimsuigsels" verg meerdere kennis en insig. Die neerhalende opmerkings is van nul en geen waarde vir niemand nie.

Piet Croucamp reageer op Breyten Breytenbach se ope brief aan Wim de Villiers

Leon van den Berg 2016-05-04 Ek sê mos plek-plek in die debat! Ek wil geen gehoor beïndruk nie, maar wil wel die plek-plek-gehoor daaraan herinner dat Afrikaners deur ons taal geëien word en nié deur ons velskakerings nie.

Totsiens Knysna

Elna Fourie 2016-05-04 Die lewe loop soms vreemde paaie met ons.

Piet Croucamp reageer op Breyten Breytenbach se ope brief aan Wim de Villiers

Jan Rap 2016-05-03 So, as volgens jou daar net een ons in dié pond is, dan ís die 'volkies' mos deel van die 'volk' so hoekom sou daar dan nou 'n wit onderrok uithang? Wat sê jy nou eintlik of praat jy nou net omdat praat praat is; wil een of ander gehoor beïndruk?

Aan Raed-na-Gael oor sy skrywe: Ek vind dit oulik

Dirk Rigter 2016-05-03 Beste Angus, Raed-na-Gael gee te kenne dat hy nooit fiksie lees nie, en dan kwoteer hy Genesis 1 en die nuwe testament iewers waar daar gesê word dat die woord iewers aan die begin was! Dis nou uit een van die nie-fiksie boeke op sy bedkassie. Nou ja,

'n Gesprek oor huistale: Estelle Kruger gesels met Albert Weideman, Sanet Steyn en Colleen du Plessis

francois verster 2016-05-03 Fassinerende artikel - geluk aan almal wat betrokke was. Die insig dat "verbeeldingloosheid in taalonderrig en taaltoetsing ons grootste vyand is", is korrek en kom al van ver af, en is waar oor meer as slegs taalonderrig. Te min mense in die onderwys din

Oor die sin en sinloosheid van kunsverbranding

piet westra 2016-05-03 Ek dink dit was verkeerd om die Rhodes-standbeeld te verwyder. Dit het die bal aan die rol gesit vir verdere destruktiewe aksies van mense wat negatief voel oor alles waarvoor UCT en ander sg 'wit koloniale universiteite staan'. Rhodes was net die begin.

Aan Raed-na-Gael oor sy skrywe: Ek vind dit oulik

Kobus de Klerk 2016-05-03 Angus, Jy is weereens verkeerd. Eerstens kan jy nie bewys dat God 'n 'fiktiewe karakter' is nie. Dit is sommer jou eie interpretasie van wat jy lees omdat jy dit nie na behore begryp nie en ook nie oor die Spirituele intelligensie beskik om dit te kan d

Natuurwette, Kreasioniste, en oorsaak en gevolg

Angus 2016-05-03 Beste FC Boot, Die oerknal is 'n teorie, 'n model waarvolgens weteskaplikes werk om die heelal te verstaan. Daar is ook ander modelle; een wat sê daar was nie 'n oerknal nie. Die heelal het vir ewig bestaan. Dit het nie 'n begin gehad nie. Bonatuurl

Natuurwette, Kreasioniste, en oorsaak en gevolg

Angus 2016-05-03 Beste Raed-na-Gael, Jammer om jou so aanhoudend te probeer reghelp. Gravitasie, of gravitasiekrag, soos jy dit noem, is nie 'n teorie of 'n wet nie. Dis iets wat ons waarneem in die natuur. As twee voorwerpe mekaar aantrek, soos Cavedish se eksperiment b

Oponthoud

Kobus de Klerk 2016-05-03 Kan jy dit bewys? Natuurlik nie. Sommer net nog een van jou duimsuigsels.

US-taalbeleid: Benjamin Kock reageer op Anton van Niekerk

Daniel Hugo 2016-05-02 Beste Ben, Dis lekker om na al die jare weer van jou te hoor. Dit is 'n goed beredeneerde stuk. 'n Universiteit is beslis meer as 'n poskantoor waarheen jy gaan om kennispakette af te haal. (Dit kan jy net so goed op die internet doen. Dit het mos al kl

Boekresensie: Marga & Henriëtte, in die skadu van skisofrenie deur Marga van Rooy en Henriëtte Boot

Lidia Theron 2016-05-02 Ek was ook by die boekvoorstelling. Aangrypend. Selfs vir my, wat met 'n skisofreen getroud is en ook die draaie deur Stikland ken, was daar baie insigte. Dinge waarvan ek ook nie geweet het nie. Maar, ek weet dat dit nie 'n maklike pad is nie, daarom

Ek vind dit oulik

Jaco Fourie 2016-05-01 Raed Natuurlik bestaan die gevaar dat professore, doktors en ander geleerdes se godsdienstige/agnostiese/ateïstiese menings deur 'n leek as gesaghebbend beskou kan word, al het hulle geleerdheid en vakspesialiteit absoluut niks met godsdiens al dan nie

Ateïs, wie is ek om jou te veroordeel?

Jaco Fourie 2016-05-01 Raed Dankie vir jou respons. Ek het nêrens gesê dat jy ateïste (mense sonder god, in die Bybel "goddelose") "dwase" noem nie. Die Bybel doen dit wel, veral in genoemde psalms. Net een verskil, nl waar jy vir Angus se: "Christus het die Ou Testament a

In antwoord op FC Boot se skrywe onderaan US Woordfees: God is ʼn metafoor

Jaco Fourie 2016-05-01 FC Indien jy my meer as net 'n maagpyn wil toedien, soos jy beweer, doen so gerus onder 'n nuwe skakel, aangesien hierdie skakel eintlik aan Angus behoort.

In antwoord op FC Boot se skrywe onderaan US Woordfees: God is ʼn metafoor

Jaco Fourie 2016-05-01 FC Nou toe nou. Watter dele volgens jou het Moses dan wel van die Ou Testament GESKRYF, en watter deel van Moses se GESKRIFTE in eie hand, het Jesus na verwys toe hy gesê het "Moses het van My GESKRYWE", want in vorige response het jy beweer Moses kon G

Natuurwette, Kreasioniste, en oorsaak en gevolg

F C Boot 2016-05-01 Beste Angus Bonatuurlik beteken iets wat bo die natuur en bo die natuurwette bestaan. Die natuur en sy wette bestaan slegs in ons dimensie, want hul het voortgevloei uit die Oerknal. Christus is nie deel van ons dimensie nie. Hy was soos die oneindighei

Jan Rap se onlogiese christen-logika op 28 April

Angus 2016-04-30 Beste Dirk Rigter, Man, jy het die heppie-kleppies uitgelaat en wat van die voorvadergeeste-aanbidders? Hulle is ook mos Christene. Jy het nou wel gesê ander christen-denominasies, maar hierdie twee sal gekrenk voel as jy hulle nie by name noem nie. J

Skepping vs evolusie - nog steeds

Kobus de Klerk 2016-04-30 Dit is nie net die sogenaamde 'kreasioniste' wat sê dat die darwinistiese tipe evolusieteorie ongegrond is nie - alle ware gelowiges sê en weet dit (Boot is nie een nie, hy vertoon veel eerder die duidelike simptome van 'n agnostikus wat noodwendig tot

Video: Heilna du Plooy se roman Die taal van been word bekendgestel

Annatjie 2016-04-30 Ons is bly dat jy hierdie dag beleef het ... hoogtepunt van jou talent. Mag daar nog vele werke uit jou pen verskyn ... Sukses! Groete.

Natuurwette, Kreasioniste, en oorsaak en gevolg

F C Boot 2016-04-30 Beste Angus Denkfout sê jy. Bonatuurlik beteken nie volgens natuurwette nie. Die natuur bestaan slegs in ons heelal. Bonatuurlik is dus iets wat buite die natuurwette in ons heelal bestaan. Christus bestaan nie in ons heelal nie. Hy bestaan in 'n ande

US-taalbeleid: Benjamin Kock reageer op Anton van Niekerk

Johannes Comestor 2016-04-30 Dankie vir 'n nugtere uiteensetting van die saak en dat twee van die Afrikaanssprekende akademici wat reeds jare lank aktief meewerk om Afrikaans te benadeel, Anton van Niekerk en Willie Esterhuyse, by die naam genoem word.

Willem Samuel: "Dis beter om aan die songs te dink as sketse"

Johannes Comestor 2016-04-30 "Ek druk myself eenvoudig net natuurlik in Afrikaans uit ... Dis in fact vir my baie meer aantreklik om te sing in 'n taal en kultuur wat besig is om uit te sterf." Gelukkig is daar ook diegene met taaltrots wat met ordentlike Afrikaans sorg dat ons taal

Skepping vs evolusie - nog steeds

F C Boot 2016-04-29 De Klerk Wanneer gaan jy ophou op mense te mislei met jou kastige spiritualisme? Jy het vasgeval in die tyd toe mense veroordeel is wat bevind het dat die aarde nie die middelpunt is nie. Jy bly vashaak by 'n kitsskepping en weier om toe te laat dat 'n

Skepping vs evolusie - nog steeds

F C Boot 2016-04-29 Beste Angus Slegsê Angus, is iets waarin sommige ateïste floreer. Een het op 'n tyd selfs hom daarop beroem dat daar 'n tyd op LitNet was waar jy Christene kon slegsê. Die Bybel is 'n geloofsboek en geloof is 'n vaste vertroue dat die beloftes vervat

US-taalbeleid: Op soek na 'n ronde tafel

Marius 2016-04-29 Jean voor ek vergeet - "onteenseglik segsman van al ons gemors" - watter deel van ons taal en ons kultuur beskou jy as gemors of is ons hele taal en kultuur in jou oë maar net 'n "gemors"? Hoekom moet die Afrikaner altyd "leer wat die geskiedenis hom ge

Skepping vs evolusie - nog steeds

Kobus de Klerk 2016-04-29 Power poging Angus. Maar natuurlik sal jy as ateïs nie kan agterkom wanneer iemand anders werklik Christen is of nie. Vir jou maak niks daarvan sin nie, die dat jy so maklik deur die Hitler-tipes geflous word. Kortom, 'n Christen word aan sy werke en di

Jan Rap se onlogiese christen-logika op 28 April

Kobus de Klerk 2016-04-29 Dit is verbasend met watter gemak sommige (meeste) van julle ateïste mense se woorde kan verdraai en tot konklusies kan kom, wat niks met die inhoud van die skrywer se briefinhoud te make het nie, net om julle eie verwronge storie te pas. Kyk nou weer hi

Natuurwette, Kreasioniste, en oorsaak en gevolg

Raed-na-Gael 2016-04-29 Angus, Ek verwys na "lewende biologiese" molekules. Ek is ook nie 'n kreasionis nie, maar analities-logies oopkop. (Iets is nie vir my so slegs omdat ander so sê nie.) Gravitasiekrag (die swakste krag) is 'n teorie en nie 'n wet nie, omdat wetenskaplike

US-taalbeleid: Op soek na 'n ronde tafel

Johannes Comestor 2016-04-29 Jean Roux, Christiaan Rudolf de Wet het hom nooit aan die Engelse oorgegee nie. Lees sy boek Strijd tusschen Boer en Brit, vertaal as The Three Years' War (New York: Scribner's Sons, 1902, 416p). Die Kindle-weergawe is gratis by Amazon beskikbaar. De Wet

Video: Heilna du Plooy se roman Die taal van been word bekendgestel

Theresa Papenfus 2016-04-29 Baie dankie vir die opname Naomi, en baie dankie, Protea.

US-taalbeleid: Op soek na 'n ronde tafel

Marius 2016-04-29 Jean , ek ervaar jou verdraaiing van ons geskiedenis as erg vernederend en ongevraagd. Jou uitbeelding van die Afrikaner as 'n lafhartige, dom, hardkoppige, haatstokende, voortvlugtende, verwaande, bespotlike, selfaanstellerige, domastrante wese, is uiter

US-taalbeleid: Breyten Breytenbach reageer op Anton van Niekerk se brief

Elizabeth 2016-04-29 "Die bemakings in sy testament was 'n deurgee van sy voorliefdes na latere geslagte - Stellenbosch en Afrikaans en sy kerk. As ek die familiebemakings - en dit is groot bedrae - weglaat, is die grootste bemakings die volgende: £100 000 vir die totstandk

Einstein-kompetisie: Inskrywingsvorm

Erika Fourie 2016-04-29 Baie dankie vir die geleentheid.

Werk?

Reusedwerg 2016-04-29 Ek lees wat jy sê en stem halfhartig saam. Daar is litte van die samelewing wat vir jou vet mooi nokkol voel. Ek is skaam om dit te sê, maar die sekere wittes in die land sal oor jou en verby jou loop sonder om hulp aan te bied. Ek kry nou die dag bietj

Piet Croucamp reageer op Breyten Breytenbach se ope brief aan Wim de Villiers

Gert Wessels 2016-04-29 Eleanor - wie wil jou aan bande lê om vir jouself te besluit oor jou taal van keuse en voorspoed met jou baie suksesvolle loopbaan?

Natuurwette, Kreasioniste, en oorsaak en gevolg

Kobus de Klerk 2016-04-29 Wat weet jy van die sogenaamde 'grotbewoners', Angus? Het jy hulle nagevors? Waar is die rekords waar hulle geskiedenis en gewoontes, kultuur, ens opgeteken is deur hulle? Daar is glad nie so iets nie, dus gorrel jy weereens. Tot so 'n mate dat dit lyk of

Piet Croucamp reageer op Breyten Breytenbach se ope brief aan Wim de Villiers

Leon van den Berg 2016-04-29 Plek-plek word “Afrikaans” nog in die debat aan “volk” gekoppel, met die duidelike wit onderrok wat uithang. Onthou, Afikaanssprekendes na wie destyds as die “volkies” verwys is, wil ook liewer in hul moedertaal onderrig word. Daar’s nou net

Skepping vs evolusie - nog steeds

Angus 2016-04-28 Beste FC Boot, Natuurlik kan die Bybel nie die evolusieteorie onwaar bewys nie, ek stem saam. Moet dit egter nie vir die Christen Kreasioniste sê nie. Vir jare al probeer hulle naarstiglik om die evolusieteorie af te kraak, want dit bots met die skeppin
Top