Die konsep van 'n lewendige siel in die Bybel - Vir FC Boot

  • 24

FC Boot

Met betrekking tot Luk. 23:43, het jy ’n moderne vertaling gekwoteer, nl: “Ek het baie goeie nuus vir jou," het Jesus dadelik geantwoord. "Jy gaan nie meer na die doderyk toe nie. Nee, jy gaan saam met My na die paradys toe. Vandag nog sal jy jou oë daar oopmaak."

Die King James Bible en die oorspronklike Afrikaanse Bybel stem baie ooreen met mekaar, juis omrede hulle letterlik by die oorspronklike Griekse teks gehou het, wat die moderne vertalings nie doen nie, wat se doelwit suiwer daar is om die Christelike boodskap in makliker verstaanbare taal vir die leek oor te dra.  In die proses is vele wanvertolkings gemaak in sodanige vertalings soos die geval met jou voorbeelde hierbo.  Vergelyk al die moderne vertalings of in Engels of in Afrikaans met mekaar en ook teenoor die oorspronklike vertaling; is daar min ooreenkomste tussen hulle.

Leestekens, nl hoofletters, punte, kommas, kommapunt, dubbelpunt, aanhalingstekens ens was geensins in die oorspronklike teks nie.  Die vertalers het dit ingelas. 

Luk.23:43:  Jesus antwoord hom (:) (") (E)k verseker jou (:) (V)andag sal jy saam met (M)y in die paradys wees.  (Ou Afrikaanse vertaling).   Die Griekse teks bevat geensins:  "jy gaan nie meer na die doderyk toe nie ... Vandag nog sal jy jou oë daar oopmaak”  soos deur jou hierbo aangehaal.

Sonder die leestekens sou die Griekse teks lees:  jesus antwoord hom ek verseker jou vandag jy sal saam met my in die paradys wees.

Dit kan gelees word: "Ek verseker jou vandag.  Jy sal saam met my in die paradys wees", of alternatief soos "Ek verseker jou. Vandag sal jy saam met my in die paradys wees".  Die plasing van die punt soos deur myself onmiddellik hierbo aangegee, maak 'n groot verskil in die betekenis van die teks.

Die King James version lees: “And Jesus said unto him, Verily I say unto thee, Today shalt thou be with me in paradise.”  Sonder die leestekens kan dit ook vertolk word as: “Verily I say unto thee today.  Thou shalt be with me in paradise.”

Die feit dat Jesus selfs nie onmiddellik na Sy kruising hemel toe was nie, en later met sy verskyning aan die Apostels gesê het, "moenie aan my raak nie, want ek was nog nie na my Vader toe nie" (my vrye vertolking), maak onsin van die vertolking wat aan die dief sê:  “jy is vandag saam met my in die paradys”, dus gaan ek eerder vir die vertolking wat sê: "ek verseker jou vandag. Jy sal saam met my in die paradys wees."  Jesus was liggaam en siel (lewende siel) as een entiteit heelwat later hemel toe volgens die Bybel.  Jesus het op die Sabbatdag in die grafkelder gerus volgens die gebod en eers die eerste dag opgestaan.  Die dief op sy beurt sal moet wag soos al die ander geredde siele (liggaam en siel) vir die eerste wederkoms om hemel toe te gaan.  Die ander twee diewe vir die tweede wederkoms, anders weerspreek die Bybel homself erg.

 

  • 24

Kommentaar

  • Angus

    Alternatief:

    Hier legt begraven mijn vrouw Griet
    In de hemel is sy.
    Niet in de hel
    Dit weet ik wel.

  • Beste Angus
    Dit is so oud soos die berge. My Hoërskoolonderwyser in matriek het dit gebruik om die belangrikheid van die (,) te beklemtoon en gespog dat hy met die verskuiwing daarvan 'n mens van die hemel en hel en omgekeerd kon laat gaan.
    Dus ... Hier ligt begrawe myn vrou Griet in die hemel is zy niet, in de hel dat weet ik wel.
    Met ... Hier ligt begrawe myn vrou Griet, in die hemel is zy ,niet in de hel dat weet ik wel.

  • Beste Jaco
    Vandag volg altyd na nag. Daar is geen tydsbesef nie. Jy slaap ongeveer 'n derde van jou lewe as jy 'n agtuur nagrus het. Jy het dus as jy 75 nie geweet wat in een derde van jou lewe aangegaan het nie.
    Wanneer die dief/terroris sy oë oopmaak is dit vandag en is hy soos jy onbewus van die tyd wat verby gegaan het.
    Dit wat jy aanhaal is voor die hemelvaart. In Johannes 20 lees ons:
    17.Jesus het vir haar gesê: “Jy moenie aan My raak nie, want Ek moet nog na my Vader in die hemel gaan. Jy moet teruggaan na my broers, die dissipels. Gaan sê vir hulle Ek gaan na my Vader en my God. Hy is nou ook julle Vader en julle God.”

  • FC Boot
    Jy skryf: "Dit wat jy aanhaal is voor die hemelvaart. In Johannes 20." Presies. Juis my argument. Jesus het dit gesê voor sy hemelvaart, wat my punt bewys dat die dief nie saam met Jesus dieselfde dag van die kruisiging hemel toe kon gegaan het nie, aangesien Jesus eers 'n paar dae later uit die dood opgestaan het.

  • Beste Jaco
    Jy verstaan nie die begrip vandag nie. Vandag is enige dag na 'n nag. Wat gebeur met 'n mens se ligaam. Jy kan dit lees deur http://www.bbc.com/future/story/20150508-what-happens-after-we-die te aktiveer.

    Wanneer die dief/terroris sterf en sy ligaam nie opgeëis word nie maar op 'n vullishoop beland word die proses soos beskryf bespoedig.

    Wanneer hy sy geestelike oë oopmaak is dit nie in die dodederyk nie, maar saam met Jesus. Omdat tyd eintlik nie bestaan nie en 'n mens dus na slaap en die 'slaap van die dode' geen tydsbesef het nie is dit 'vandag'. Of die nag '8 ure' by 'n lewende mens het of 'eeue' by die afgestorwe mense is is dit vir beide 'vandag'.

  • Beste FC Boot,
    So jou probleem het al met jou hoërskoolonderwyser begin. Hy het hom God gehou wat mense hemel of hel toe kon stuur met 'n komma, en jy het al daai twak van hemel, hel en God geglo.

    Watse goed is "geestelike oë"? Ek het al gehoor van geestelike liedere, geestelike lektuur, en die woera-warra wat party pape dra as 'n geestelike gewaad, maar nou sleep jy sommer die mens se oog ook aan die hare by. Iemand sien bv iets met sy geestesoog, maw in sy verbeelding.
    Afgestorwe mens bestaan slegs in die verbeelding van diegene wat weet van hulle; in die werklikheid bestaan hulle egter nie, dus kan hulle onmoontlik 'n begrip van "vandag" hê.
    Groete,
    Angus

  • FC Boot
    Ek verstaan goed wat jy bedoel het, net nie wat dit met die Bybeltekste soos aangehaal te doen het nie.
    Maw indien ek jou reg verstaan was die dief nie dieselfde dag hemel toe nie, maar omrede hy dood is, is daar geen tydsbesef by hom nie, en met die wederkoms wanneer hy van die dood opstaan, al is dit na meer as 2000, is die besef vir hom asof hy onmiddellik na sy dood op die kruis hemel toe is?
    Daarmee is ek eens met jou. Dit doen nie afbreek van my argument dat "siel" en lewende liggaam een konsep is, en dat die "siel" nie 'n spook is met 'n bewuste brein nie.

  • Beste Jaco
    Ons bewussyn is in ons brein gesetel. Wat die Bybel leer is dat met die wederkoms
    en opstanding mense hulself op verskillende plekke en posisie sal bevind en vrae vra. Baie mense sukkel met die begrip hemel en hel.
    Die Bybel leer in eenvoudige terme dat Christus bestaan het voordat ons heelal, die dimensie waarin ons gebore word, leef en sterf, tot stand gekom het. Dus voordat tyd, want 'n illusie is, ruimte ens bestaan het.
    Christus het dus vir altyd bestaan in 'n dimensie wat voor ons dimensie bestaan het.
    Daar is dus geen hemel en hel in ons dimensie nie. Omdat inligting nooit vergaan nie
    maar slegs versprei en menslik gesproke onherwinbaar word, in mense taal verlore, is dit nie so by die wederopstanding nie.
    Toe Jesus opgestaan het uit die dood was dit nie met 'n biologiese liggaam, soos ons dit ken nie, maar met 'n liggaam nie langer onderworpe aan die natuur en die magte daarvan nie.
    Tog het Hy presies onthou wat met Hom as mens gebeur het en kon Hy die wonde aan sy liggaam aan die ongelowige Tomas wys.
    Sy ervaring as mens het dus nie ophou bestaan nie of vir ewig verlore gegaan nie.
    Dieselfde gebeur met die ervarings van beide gelowige en ongelowige mense. Dit kom eenvoudig weer bymekaar by die wederopstanding en sal slegs diegene wat Jesus Christus as hul enigste Verlosser en Saligmaker aanvaar het vrygespreek word van hul oortredings wat hul tydens hul lewe op aarde in gedagtes, woord en daad gepleeg het. Ons lees dan ook dat: Mark 12:28-34: "Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand en met al jou krag. Die tweede is: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Geen ander gebod is groter as dié twee nie."
    Omdat tyd nie bestaan nie is daar geen tydsbesef nie, maar dit doen nie afbreuk aan die samevatting van die wet nie soos hierbo aangehaal.
    Mag dit met jou goed gaan.

  • F.C. Boot

    Jy lewer 'n preek wat niks met die onderwerp onder bespreking te doen het nie, nl dat volgens die Bybel, die dief nie dieselfde dag as sy kruisiging hemel toe is nie, en dat volgens die Bybel die konsep van "siel" nie van die liggaam as aparte entiteit bestaan nie.

  • Beste FC Boot,
    Ek lees wat jy aan Jaco probeer verduidelik. Al wat ek kan uitmaak is dat dit wat jy sê, spekulatief is. Die enigste bietjie waarheid is dat die menslike bewussyn in die brein geleë is, en dit weet ons almal.

    As jy verder redeneer as die drie dimensies, lengte, breedts, hoogte, wat ruimte skep, dan is dit slegs spekulatief. Dan kan jy 'n vierde dimensie byvoeg wat dan tyd sou wees. Dan kan jy verder nog ses dimensies byvoeg, die stringteorie, of jy kan nog een byvoeg soos met die M-teorie. Feit bly staan: om meer as drie dimensies te visualiseer, is onmoontlik. Jy kan maar net spekuleer: ons leef in hierdie dimensie, en in 'n ander dimensie is daar 'n hemel en 'n hel, waar daar 'n Christus en 'n duiwel leef.

    Dit help ook nie om te preek uit die bybel nie. Die Bybel is maar net fiksie.

    Dit wat jy skryf oor tyd wat nie bestaan nie en hoe dit nie die "samevatting van die wet" afbreuk aan doen nie, is maar net niksseggende gegorrel.

    Groete,
    Angus

  • Beste Angus
    Jy sal nie verstaan nie want jy het Jesus saam met jou gewete doodgemaak. Jesus is nie 'n teorie, ('n voorlopige verklaring) nie maar 'n werklikheid en om die rede word meer Bybels ongeveer 6 biljoen tot op datum as enige, wetenskaplike handboek, wat spoedig verouderd raak verkoop.
    Mag dit met jou goed gaan.

  • Beste Jaco
    Jy verstaan nog steeds nie die begrip 'vandag' nie al sê jy ook dat jy dit verstaan.
    As jy praat van 'vandag' dan sê jy eintlik wag tot die aarde sy omwenteling van donker na lig voltooi, want vandag volg na enige nag. Die dief /terroris sterf soos enige mens en sy liggaam gaan deur dieselfde ontbindingsproses, dws as dit nie weggegooi en verbrand is.
    Wat is dit met jul ateïste dat julle nie eers natuurverskynsels behoorlik verstaan nie? Dink mooi na is daar 'tyd' in 'n heelal waarin alles stilstaan? Tyd is 'n illusie, die tydperk wat die aarde wegdraai van die son noem ons 'nag' (donker), na die son gedraai is 'dag' en word dan 'vandag'.

  • Beste Jaco
    Die Bybel leer dat God onsterflik is. As iets onsterflik is, dan het dit geen begin of einde nie. God maak ons dus slegs 'onsterflik' met die opstanding in 'n ander liggaam sonder biologiese funksies en dan word ons geskei.
    Aan watter kant wil jy staan? Of het jy soos al die ander ateïste Christus saam met jou gewete doodgemaak?

  • Jaco,
    Dis vir my insiggewend wat jy hierbo skryf. Dit gaan oor jou liefde.
    Is hy waar hy moet wees?
    Waar Jaco, wil jy hê moet hy wees?
    "Some day, after mastering the winds, the waves, the tides and gravity ,we shall harness for God the energies of love, and then, for a second time in the history of the world, man will have discovered fire." (Teilhard de Chardin)
    "I love my past, I love my present. I'm not ashamed of what I've had, and I'm not sad because I have it no longer. (Colette)
    Om vir 'n "second time discover fire" is 'n groot stap.
    Soos die eerste ou op die maan dit mis gehad het, "Small step for man, huge step for mankind".
    Eintlik moes dit wees: “Small step for mankind, huge step for man.”
    Dis 'n “huge step for man”, jy sien. (Ps. 145:14, 18)
    Groetnis
    Raed-na-Gael

  • Beste FC Boot,
    Jy moet oppas wat jy skryf. Hoe ken jy my om te beweer dat ek gewetenloos is? Volgens jou weet ek nie wat reg of verkeerd is, of wat sedelik en onsedelik is nie.

    Ek wil graag bewyse daarvoor hê. Gaan soek alles wat ek hier op SêNet geskryf het en haal vir my aan wat bewys dat ek gewetenloos is, maw nie die verskil tussen reg of verkeerd ken nie en onsedelik lewe.

    As jy dit nie kan doen nie, eis ek 'n verskoning van jou!

    Ek het Jesus ook nie doodgemaak nie. Dit is julle Christene wat hom as 'n bloederige lyk aan 'n kruishout wil en moet sien. Vir my is hy 'n interessante, fiktiewe, mitiese karakter in 'n fiktiewe verhaal; iemand wat op water kan loop, water in wyn kan verander, en soos alle ander gode, maagdelik gebore is.

    Al word daar nog honderd keer meer Bybels gedruk en verkoop, bewys dit nog nie die historisiteit van Jesus nie. Bybelverkope is een van die groot slenters van die Christendom om rykdom te verkry.

    Groete,
    Angus

    • Beste Angus
      Jy sê jy het 'n gewete? Ja almal het dit maar wanneer dit kom by Jesus het jy gewetenloos geword. Dit gaan nie oor die begrip reg of verkeerd of goed en kwaad nie, want in die Bybel kan jy die volgende lees: Lukas 18.
      1 Jesus het vir hulle 'n gelykenis vertel om duidelik te maak dat 'n mens altyd moet aanhou bid sonder om moedeloos te word.
      2 Hy het gesê: “In 'n sekere stad was daar 'n regter wat geen eerbied vir God of agting vir 'n mens gehad het nie.
      3 En in dieselfde stad het 'n weduwee gewoon wat hom herhaaldelik kom vra het: “Doen aan my reg in my saak teen my teenparty.”
      4 'n Tyd lank wou hy nie, maar later het hy vir homself gesê: “Vir God het ek wel geen eerbied nie, en aan 'n mens steur ek my nie,
      5 maar aangesien hierdie weduwee so aanhou om my lastig te val, sal ek haar in haar regsaak help, anders kom klap sy my op die ou end ook nog.”
      6 Toe sê die Here: “Hoor wat sê die onregverdige regter.”
      7 Sal God dan nie aan sy uitverkorenes, wat dag en nag tot Hom roep, reg doen nie? Sal Hy hulle lank laat wag?
      8 Ek sê vir julle: “Hy sal hulle help, en gou ook! Maar sal die Seun van die mens by sy koms nog geloof op die aarde vind?”
      9 Met die oog op mense wat seker was dat hulle eie saak met God reg is en wat op ander neergesien het, het Jesus hierdie gelykenis vertel:
      So word diegene wat dan reken dat hul volgens reg of verkeerd, of goed of kwaad lewe daarvolgens geoordeel want oortredings kan slegs plaasvind as daar 'n wet is en as die wet dan in jou hart ingegraveer is, sal jy daarvolgens geoordeel word.
      Mag dit met jou goed gaan.

  • FC Boot
    In antwoord op jou respons 25/5/16.
    Volgens die Bybel, ten tye van die wederkoms, al het jou liggaam verniel en totaal vergaan, selfs duisende jare gelede, gaan jy met jou oorspronklike liggaam (vlees, bloed, been, ens) opstaan, met die verskil dat dit van vorige verganklikheid tot ewige onverganklikheid sal oorhel. (Natuurlik as ateïs huldig ek glad nie hierdie siening nie.)
    Jou vraag: "Aan watter kant wil jy staan?"
    Die tragedie met sekere christene is dat hulle wil kant kies, nl saam met diegene wat 'n soortgelyke verdraaide konsep van hoe die Christelike geloof daar hoort uit te sien, eenkant saamstaan; die res van mensdom outomaties aan die verkeerde kant gerelegeer. Volgens die Bybel is die stryd tussen Jesus en Satan nie 'n menslike stryd nie. Jesus doen die vegwerk, en al wat Hy van die Christen verwag is om God en sy medemens ewe lief te hê, nie partydig te wees nie, en sy medemens nie te veroordeel nie. Om die waarheid te sê, ek vind min Christene wat aan hierdie en ander vereistes van Jesus voldoen.
    Wat jy eintlik hierbo insinueer, is dat solank 'n persoon 'n ateïs is, is dit vir hom onmoontlik om 'n "gewete" te hê. Jy slaan die Christelike bal heeltemal mis. "Gewete" is nie sentraal tot die Christelike boodskap nie, liefde wel. Alle mense met normale intellek besit beide emosies. Uitsondering word gevind in seker van die mense wat aan die Aspergersindroom ly, nie almal nie, wat geensins die vermoë besit om uiting aan liefde en gewete, selfs godsdiens al dan nie, te kan gee nie.

  • Raed
    Ek het jou digterlike brief terdeë geniet, asook jou gekwoteerde psalmversies gelees.
    Jy vra my: "Waar lê jou liefde? Verwys jy na "Eros" of "agape" of albei?" Ek gaan in elk geval na albei in my lewe verwys:
    "Eros", seksueel fisies asook psigies, suiwer met sekere voorkeurmans. Wanneer my fisiese seksuele vermoëns deur siekte, ongeluk of die verouderingsproses nie meer fisies moontlik is nie, sal dit tot my dood psigies bly. En en ek verbly myself onbeskaamd daarin. (Psigiese "Eros" hierby bedoel is: "You can look, but you cannot touch")
    "Agape" emosionele asook intellektuele liefde. My enigste emosionele liefde was vir my oorlede vriend Wim. Moontlik in die toekoms kan iemand anders sy plek in my hart volstaan, maar ek wil dit eerder nie glo nie. Intellektueel huldig ek liefde vir baie mense, mans en vrouens, werklike mense, afgestorwe mense asook fiktiewe mense wat my in my lewe roer of geroer het. Onder hulle is koning Dawid; Ester; Jesus; Alexander die grote; Da Vinci; Socrates; Tchaikovsky, asook sy broer Modest; Napoleon; Cu Chulainn; Yukio Mishima; Mary Reynaulds; ens om net ’n paar van my gewildste op te noem.
    Ek weet jy sou verkies het om 'n ander antwoord van my te bekom het, maar dan sou ek oneerlik teenoor jou gewees het.

  • Beste Jaco
    Hoe lees jy jou Bybel? Die biologiese sy van die mens vergaan. In Mat 22 vers 30 leer Jesus dat: "Met die opstanding trou die mense nie meer nie, maar is hulle soos die engele in die hemel."
    Engele is nie biologiese wesens nie. Natuurlik het jy 'n gewete, maar jy het verkies om Jesus te ignoreer en het jou gewete dus in die verband toegeskroei.

  • Beste FC Boot,
    Dit lyk my jy raak nou die kluts kwyt. Die aanhaling uit die Bybel waarmee jy preek, het niks te make met die gewetenloosheid waarvan jy my beskuldig nie.

    As jy vir iemand sê hy is gewetenloos, beteken dit dood eenvoudig dat hy sonder sedelike verantwoordelikheid lewe. Jy het my van gewetenloosheid beskuldig en ek soek 'n verskoning van jou; dis so eenvoudig soos dit.

    Wat beteken: "wanneer dit by Jesus kom, het jy gewetenloos geword"? Is ek dan, volgens jou, onsedelik? En as "dit" nie by Jesus kom nie, is ek dan weer sedelik?

    Die aanhaling van jou uit die Bybel is heeltemal disjunk.

    Groete,
    Angus

  • FC Boot
    Hoe lees jy jou Bybel? Matt 22:30 wat jy hierbo kwoteer, se argument gaan oor Jesus se antwoord aan die Sadduseërs mbt tot huwelik in die hemel. Die vergelyking wat hy gee in antwoord op hulle vraag is dat soos engele nie trou nie, dieselfde gaan met die mensdom ook gebeur nl ook nie trou nie. Dit dien nie as argument om te se Jesus maak ’n vergelyking tussen die fisiese vorm van engele en die fisiese vorm van die mensdom in die hemel nie.
    Jesus is met vlees en bloed hemel toe. Daar is genoegsame tekste in die Bybel om te staaf dat die mens ook met onverganklike vlees en bloed hemel toe gaan.
    Jy het oënskynlik nie gelees waar ek na gewetenlose christene verwys het, nl: “Die tragedie met sekere christene is dat hulle wil kant kies, nl saam met diegene wat 'n soortgelyke verdraaide konsep van hoe die Christelike geloof daar hoort uit te sien, eenkant saamstaan; die res van die mensdom outomaties aan die verkeerde kant gerelegeer.” Dit is juis hierdie christene wat ’n gebrek aan “gewete” toon.

  • Beste Jaco
    Jy is totaal verkeerd in jou siening en die wetenskap het soos volg bevind:
    http://www.iflscience.com/space/what-would-happen-your-body-space-without-spacesuit
    'n Mens van vlees en bloed kan ook nie deur soliede voorwerpe soos bv mure beweeg nie en verskyn en verdwyn nie. Daarom is Jesus se liggaam anders alhoewel dit uiterlik soos 'n gewone liggaam lyk. Daarom word van 'n 'verheerlikte' liggaam gepraat, wat dit ook al beteken.
    Niemand reguleer enigiemand na die verkeerde of regte kant nie. Dit is selfregulering, want jy oefen mos 'n keuse uit deur gelowig Jesus se versoeningswerk te aanvaar of om dit ongelowig te verwerp. Dit is dus die keuse wat jou eindbestemming by die finale oordeel bepaal.
    Sou daarvolgens jou nog 'n kamp wees iets tussen 'hemel' en 'hel' en waar bevind jy jouself? 'n Gewete is mos die deel van ons psige wat verantwoordelik is vir wroeginge oor verkeerde besluite veroorsaak en vreugde by die goeie gelei deur ons morele waardes waarin die Bybel vir die Christen ook 'n norm is waarvolgens hy sy lewe inrig.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top