Nog 'n mite

  • 7

Jy kan nie hier by die 20 verskillende nasies saamgooi in een arbitrêr begrensde gebied, 11 van die klomp tale as amptelik bepaal en hierdie deurmekaarspul dan as ’n demokrasie verklaar nie.  Wat vandag as die Nuwe SA bekend staan is per definisie nie ‘n demokrasie nie. 

In ’n demokrasie - regering vir die volk deur die volk - praat die owerheid nie met sy burgers in ’n vreemde taal nie; dit is mos nou duidelik ’n bewys dat die owerheid en die burgers van verskillende volke is.  Ook, in ’n demokrasie, juis ’n bestel om onbevoegde en korrupte regering te vermy of ten minste te beperk, is ’n regering in staat om vooruitgang te bewerkstellig of ten minste darem die status quo wat lewensgehalte betref te handhaaf.  Dit gebeur nie in die Nuwe SA nie.

Dit is ’n mite dat hierdie ’n demokrasie is.

Jan Rap

  • 7

Kommentaar

  • Jan ons het 'n outokratiese demokrasie. Die volk het die reg om te praat en mor maar die regime het die reg voorbehou om te sê fokkof.

  • Beste Jan Rap,
    Op jou aanbeveling moet ek skree stront! Almal sal nou dink ek is gekant teen wat jy van Suid-Afrika gesê het. Nee, ek stem saam met jou. Ek skree omdat jy die woord "hierdie" anglisisties gebruik het. In Engels sê 'n mens: "This is a democracy." Jy kan nie in "suiwer Afrikaans " sê: "Hierdie is 'n demokrasie " nie, dis onder Engelse invloed. Jy moet sê: "Hierdie land is 'n demokrasie."
    Groete,
    Angus

  • Beste Angus
    Ek sou nou nooit kon dink dat wat jy sê 'n anglisisme is nie so dankie, mens is nooit te oud om te leer nie. Ek wens almal hier tree so op; dit is 'n begin om die verrotting te keer.
    Groetnis
    Jan Rap

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top