Skole
KlasKamer is ’n ruimte vir almal wat belangstel in die onderrig van Afrikaans op hoërskool. As jy ’n bydrae wil lewer, kontak ons via litnet@litnet.co.za.
WF 2015: Buitenaardse wesens
2015-04-28“En dit is hoekom dit heeltemal onmoontlik is vir enige buitenaardse wesens om te bestaan.” Juffrou Van Heerden kyk selfvoldaan na die klas. “MARAIS!” Ek skrik wakker en vryf my oë uit. “Hmmm?” Die klas begin saggies giggel.
WF 2015: Oorlewing
2015-04-28Doef! My kop tref die baksteenmuur met ’n slag. Ek steier terug en sak met ’n kreun neer terwyl sterretjies voor my visie dans. Die ruimtewese pyl op my af. Dis verby met my.
WF 2015: Die einde ... of die begin
2015-04-28Ek en my oom koop lekker kruideniersware in die winkel toe ons ’n harde gil van ’n vrou net buite die winkel hoor. Ons dink eers die vrou het seergekry. Toe ons by die winkelsentrum uitstorm, kan ons ons oë nie glo nie – ’n groot ruimtetuig hang oor die hele winkelsentrum en oor ’n hele paar huise.
WF 2015: Sluitingsdatum uitgestel
2015-04-22Goeie nuus! Gr. 10- tot 12 leerders het nou tot 8 Mei om hul wetenskapfiksie-kortverhaal in te skryf! Zoem na die toekoms en skryf jou ervaringe neer om groot pryse te wen.
Hoeveel is een plus een in Kubaans?
2015-04-21Jean Oosthuizen het met Fedsas se provinsiale bestuurder in die Vrystaat, Chris Verhoef, gesels oor die departement se planne om Kubaanse onderwysers in te voer.
WF 2015: Skrywer Elizabeth Wasserman se ses vinnige skryfwenke
2015-04-20Lees baie. Jy sal gou agter kom hoe die kuns van storie-weef werk. Daar is nie iets soos ‘n goeie en suksesvolle skrywer wat nie ook ‘n leesvraat is nie.
WF 2015: Net my ma het geweet
2015-04-20Ek wag agter ’n groot afvaltrok waar ek wegkruip vir die ruimtewesens. Dis vandag presies ’n week gelede toe die ruimtewesens op moeder aarde geland het om almal van die aarde te verwyder.
WF 2015: Inval
2015-04-20Eergister het ons nog gewonder of daar lewe op ander planete is. Thank you very much, Discovery. Daar ís toe! Gisteroggend was die televisienuus vol van die reuse-ruimteskepe, groot stofsuiers wat mense soos klein korreltjies opsuig.
WF 2015: B-56371
2015-04-20Na die Derde Wêreldoorlog is die wêreld in chaos gedompel. Die oorlog, bomme en siektes het miljoene mense uitgewis. Die mense wat oorgebly het, is in twee groepe verdeel.
WF 2015: Skrywer Eldridge Jason gee raad
2015-04-17 Wat maak ’n goeie kortverhaal? Ek glo altyd dat ’n goeie kortverhaal oor die vermoë moet beskik om die leser te boei. Die storielyn moet jou gevange hou. Jy, die leser, moet die gewillige slaaf wees van ’n verhaal waarin jy brand om uit te vind wat volgende gaan gebeur. ’n Goeie storie, so glo […]WF 2015: Invallers
2015-04-17Loeiende sirenes laat my oombliklik penregop in my bed sit. Ek kyk verward rond. Die alarm bo in die kamerhoek gooi vreemde rooi en blou skynsels oor die sewe beddens in die kamer. Rondom my kom almal stadig orent soos hulle ook deur die skril geskreeu wakker gemaak word.
WF 2015: Toekomstige museum
2015-04-17“Die volgende toestel was jare gelede gebruik vir kommunikasie. Dit word ’n selfoon genoem.” Die museum toergids sug bedroef en lig die klein reghoekige toestel op sodat ons klas dit beter kan sien.
WF 2015: Volgende
2015-04-10 Die skoenlappergeel kanolabloeisels is melerig sag teen my donkergroen vingerpunte. Sonstrale val op die aarde soos pyle, vererger deur die groeiende osoongaping, maar die ultraviolet brand nie my lyf nie en die lig is onskadelik vir my donker oë. Die organiese stilte word skielik onderbreek deur die swiepende skroef van een van hul reuse-vliegmasjiene. Elsra, […]Karakteropvoeding in skole: komplekse noodsaaklikheid
2015-04-08 Dit is hartseer as mens by ’n skool instap waar respek as kernwaarde duidelik in die voorportaal pryk, maar in die gang af skree ’n onderwyser op leerders en pouses word leerders op groot skaal geboelie.WF 2015: Wie is nóú die alien?
2015-03-22 Ek kruip agter die bank weg, gespanne ... asem ingehou wag ek vir die rooi lig om weg te gaan. Die oomblik toe die lig weg is, staan ek op en hardloop so vinnig as wat ek kan na die kelder se deur toe. Die deur kraak toe ek dit oopmaak en ek hardloop die trappe vier-vier af na waar my vriende bang sit. “Kom!” fluister ek vir hulle.ATKV Onderwys: die belang van beheerrade
2015-03-20 "'Onderwys is een van die kernpilare van ’n gemeenskap, en daarom is dit van absolute belang dat ouers moet besef hoe belangrik dit is dat hulle betrokke is by hul kind se skool.' Só sê Seymour Bothman, senior bestuurder: onderwys by die ATKV."Nina en die funky eksperiment: Les-idees en werkkaarte vir die klaskamer
2015-03-20Les-idees en werkkaarte vir die klaskamer oor Nina en die funky eksperiment deur Elizbe van der Colff.

