SêNet-briewe

Sê jou sê op die Sê! LitNet se vuurwarm brieweblad oor alles en nog wat. Stuur jou brief aan webvoet@litnet.co.za. Don’t bite your tongue! Turn up the heat and send us your letters and opinions. Send letters to webvoet@litnet.co.za.

Antwoord vir Angus

Jan Rap SêNet-briewe 2015-06-19 Beste AngusEk verwys na jou kommentaar onderaan my brief van 15 deser.Jy sê ek het nie ‘Kaaps’ nagevors en bestudeer nie en dus is alles wat ek sê uit my duim gesuig. Die implikasie is jy het ‘Kaaps’ nagevors en bestudeer so wat jý daaroor sê is geldig. Het jy ‘Kaaps’ nagevors? Ek noem Pools […]

Klein intellektuele begin

CM SêNet-briewe 2015-06-17 Die aggressiewe bevordering van illusies in die naam van goedheid word waarneembaar.   CM

'n Brief aan die redakteur van Pieter-Dirk Uys

Pieter-Dirk Uys SêNet-briewe 2015-06-17

Waarde Kameraad

Antwoord vir Angus

Jan Rap SêNet-briewe 2015-06-15 Beste Angus Jy wil bietjie inligting by my hê (jou kommentaar onderaan my brief aan Dirk). Om dit maklik te maak herhaal ek jou versoeke en gee my kommentaar/antwoord daaronder. Jy skryf: “Beste JanAangesien jy jou voorhou as 'n kenner van Kaaps, moes jy sekerlik al heelwat navorsing gedoen het oor die onderwerp.” Opmerking: Jy’s […]

Die Weste se gevaarlike spel met Rusland

Jaco SêNet-briewe 2015-06-15 In Feb14 is ’n demokratiese verkose president van die Oekraïne deur ’n oproerige skare in die hoofstad Kiev van die land verjaag. Die rede? Die president het besluit om nie, soos verwag, Oekraïne ekonomies met Wes Europa te verbind nie, maar eerder met Oekraïne se tradisionele bondgenoot, Rusland te bly. Die Weste het sekere aantreklike […]

'n Kort antwoord op Crito se evaluering van my resensie van Jan van Staden se boek

Koos Kombuis SêNet-briewe 2015-06-15 Ek antwoord graag op die volgende statement van Crito:"Sowel Rust as Kombuis is nie bereid om die roman te takseer vir wat dit wil wees nie. Albei is té versigtig om te sê of Jan van Staden in sy doel geslaag het – om ‘n roman te skryf wat die leser tittileer, prikkel. Wat die […]

Vir Dirk Rigter oor sy brief aan my maar veral aan Angus gister

Jan Rap SêNet-briewe 2015-06-12 Wat ’n laggertjie dat ek nou ’n ‘verbete stryd’ teen jou voer. Ek konstateer ’n eenvoudige feit naamlik dat wat ‘Kaaps’ genoem word is bloot swak Afrikaans want dit is deurspek met Engelse woorde. Jy voer ’n verbete stryd om sogenaamde Kaaps te vergoeilik, gaan selfs so ver as om dit ’n variant van Afrikaans […]

Eenvoudige vrede

CM SêNet-briewe 2015-06-12 Identifiseer die aangeleerde oortuigings, versinsels en beginsels, vee die vroomheid van die gesig, en lewe.   CM

Antwoord vir Angus

Jan Rap SêNet-briewe 2015-06-12 Beste Angus Ek verwys na jou kommentaar onderaan my brief van 5 deser. Jy moet nou nie kom lol dat ek beskuldigings wil rondslinger nie; ek antwoord maar net op jou argumente of betoë waarvan sommiges ook beskuldigings is soos dat ek weier om in te neem wat jy en Dirk sê en net “voort […]

Taal en die geen wat nie wil werk nie

Angus SêNet-briewe 2015-06-12 In Engeland is daar ʼn Pakistani-familie bekend as die KE-familie. Van die 30 lede is daar veertien wat ernstige spraakgebrek het. Volgens die neuroloog, Vargha-Khadem, wat die familie al twintig jaar lank bestudeer, is die gebrek te wyte aan immobiliteit van die onderste gedeelte van die gesig, die tong, lippe en mond. Nie alleenlik is […]

Depressie – ’n gat in die hart

Trienie SêNet-briewe 2015-06-12 Die lewe is soms ’n tuimelreis. Ek vleg my vingers deur manlief s'n waar hy in hoë sorg onder hulpmasjiene na asem suig. Tydens ’n kop-aan-kop botsing het iets hom bewaar van sy laaste uur. My gedagtes skommel. Om my sien ek soveel pyn en lyding. So min mense verstaan wat werklik in hulle lewens […]

’n Bloederige stukkie lap

Thomas SêNet-briewe 2015-06-11 Tydens ’n onlangse besoek aan Europa het ons, op pad van Amsterdam na die suide van Frankryk, deur België gery. Omdat ons laas in 1977 in Brugge was, het ons besluit om 2 aande in Brugge te slaap en die ou stad weer ’n slag te verken. Die ou stad is ’n pragtig gepreserveerde antieke […]

Verstrengelde vryhede

CM SêNet-briewe 2015-06-10 Met die talle vryhede se magdom voorskrifte is die realiteit al wat geloofwaardig is.   CM

Vir Dirk Rigter

Jan Rap SêNet-briewe 2015-06-10 Dagsê Dirk Ek verwys na jou kommentaar onderaan my brief van 3 Junie 2015. Jy sê die kruks van jou brief was statistiek? Die kruks van jou brief was dat ’n klein persentasie Afrikaanssprekendes (33% om presies te wees) ‘suiwer’ Afrikaans praat en dat ek (onder andere) nie die 67% ’n plekkie in die son […]

Natuurlik

CM SêNet-briewe 2015-06-10 Ons is hier omdat die natuur dit nodig vind.   CM

'n Taalflater: Vir Jan Rap (maar veral vir Angus)

Dirk Rigter SêNet-briewe 2015-06-10 Byna glip die ironie by my verby. Jan Rap voer die afgelope tyd ’n verbete stryd teen my, maar veral teen Angus oor onder andere die agteruitgaan van Afrikaans, en soos hy onlangs gesê het (3 Junie), “...die verengelsing van Afrikaans...en...die besoedeling van Afrikaans...” Jan is ’n voorstander van korrekte Afrikaans en korrekte grammatika. Nou […]

Skrik van die Swart Hond

Anna van Niekerk SêNet-briewe 2015-06-10 Vanmore toe ek wakker word, hoor ek iets aan my voordeur krap. Ek maak oop en daar lȇ die Swart Hond. Die hond waarvan ek nog net gehoor het, maar nie ken nie. Sy oë gloei en hy knor vir my! Ek het al van hierdie hond gehoor. Hy kry jou eers aan die voet […]

Toepassings en mistastings

Hennie Fritz SêNet-briewe 2015-06-09 “So wals my my lieflaat my in angels believeEk het gesê jy is die son in Breyten se briefwant hy maak ons huilmaar jy maak my sien.”“So vlug vlug my kind” ͣ....na die ewige wysheid, My kind.In die woorde van ’n sondaar se lirieke, skuil daar soms die steurende waarheid van ’n bestaan se meriete... […]

Enkele opmerkings oor Thomas se siening dat nie almal heeltyd bedrieg kan word nie

Jan Rap SêNet-briewe 2015-06-09 Thomas, mens kan seker maar mens hoef nie. So ruk terug is 70% van die mense met ’n slap riem gevang en nou sit ons met ’n ‘demokrasie’ waar jy net 51% van die mense hoef te bedrieg en die ander 49% se doppie is geklink. Soos ons s’n (die Afrikaner) geklink is: Ons taal […]

Die man op die donkie

George Bekker SêNet-briewe 2015-06-08

'Verras deur die man op die donkie.' Wat 'n treffende titel vir 'n boek!

Top