SêNet-briewe

Sê jou sê op die Sê! LitNet se vuurwarm brieweblad oor alles en nog wat. Stuur jou brief aan webvoet@litnet.co.za. Don’t bite your tongue! Turn up the heat and send us your letters and opinions. Send letters to webvoet@litnet.co.za.

Oor Nkandla - en Watergate

Gustaf Pienaar SêNet-briewe 2015-08-05 Gistermiddag het ek met toenemende agting gekyk na regstreekse uitsending van die Openbare Beskermer se perskonferensie oor Nkandla. Die dame het my by herhaling beïndruk. Sy het spreekwoordelik ’n streep in die sand getrek met haar uitspraak dat sy die rol van die Openbare Beskermer in ons demokrasie in ’n sterker posisie wil laat as […]

'Sies Fennie vir oulaas

oester SêNet-briewe 2015-08-04 Groter as lewensgroot. Groot en blink gesig. Destyds sou mense gesê het sy is vet. Vandag se polssny-generasie noem haar name soos Obese en ander lelike goete. ‘Sies Fennie was erg oorgewig. Soos ek destyds al beduie het, het ek haar leer ken as die kok wat al swetende gekyk het lat die disse reg […]

Gevolg van kennis

CM SêNet-briewe 2015-08-04

As dit nie meer slim klink om te filosofeer nie ...

Verandering van vrou na man - voor en na foto's

Jaco Fourie SêNet-briewe 2015-08-04           Hierdie foto’s toon vrouens toe hulle nog as vrouens voorgekom het, en daarna as mans. Die kontras op die vrou is meer gewelddadig as wat ’n mens dit sou ondervind het in die geval van man tot vrou. Hierdie foto’s toon ook die mag van steroids op die menslike liggaam, […]

Superheld

Willem Boshoff SêNet-briewe 2015-08-03 Ek wens dat ek die wêreld met ’n enkele inkantasie kon verander. Nie die héle wêreld nie; dit sou bloot aanmatigend klink. Nee, mý wêreldjie. Ek sou van myself ’n beter observeerder wou maak. My medemens met groter gemak sou wou kon verstaan. Sonder die huidige gespartel, misverstand en noodwendige selfsug wat so eie is […]

Aan opvoeders PG18

CM SêNet-briewe 2015-08-03 Dit is baie onaangenaam en 'n verleentheid vir kinders om te leer dat hulle in sonde ontvang en gebore is. Kan dit nie gelaat word tot hulle groot is nie?   CM

Gustav Klimt, Edvard Munch en Alma Mahler

Johannes Comestor SêNet-briewe 2015-08-03

"Hoeveel beter sou Mahler nie as komponis gevaar het as hy nie met die egosentiese, histeries-neigende, alkoholistiese Alma getroud was nie?"

Dagdromery

Tiens SêNet-briewe 2015-07-31 Ek kan skaars glo dat ek eens 'n kind was wat lustig rondgehardloop en gespeel het, en 'n jongman wat nagklubs toe gegaan en jolig gedans en gedrink het tot die son opkom. Vandag is ek bejaard, my bene is styf van die artritis en my skouers pyn as ek my draai. Dis asof ek […]

'n Geveglose bakleiery

Hennie Fritz SêNet-briewe 2015-07-30 Die saailinge van my tyd, middel tot laat negentien sestigs se geboortes, is seker die laaste om sinvol herinnering aan die spel en persoon van Clive Rice te herroep. Ek en my wulpse wederhelf het elk ons eie terugflitse; ek onthou Clive se astrante en soms omstrede manier van doen en sy onthou hoe ’n […]

Dodelik tevrede

CM SêNet-briewe 2015-07-28 Grondeloos oortuig mense mekaar al vir eeue dat hulle ewig lewe.   CM

Verwarrende woorde

CM SêNet-briewe 2015-07-27

Hemel is nie 'n plek nie ...

Ontwaking

CM SêNet-briewe 2015-07-27

Met die regte leiding ...

Ons anonieme dog betroubare vriend Crito

Robert van Staden SêNet-briewe 2015-07-27

Ek is verbaas om te sien dat Joan Hambidge Crito se resensies oor resensies lees ...

Helderheid en magnitudes van hemelligame asook Kobus de Klerk se kluitjie

Panda SêNet-briewe 2015-07-27 Die helderheid van hemelligame word in ‘magnitudes’ aangedui. Die stelsel dateer ongeveer 2 000 jaar terug en word toegeskryf aan die Griekse sterrekundige Hipparchus terwyl sommige meen dit was die Alexandrynse sterrekundige Ptolemy. Volgens dié metode is sterre in ses groepe ingedeel ooreenkomstig hulle grote (oënskynlike helderheid is destyds met grote verwar omdat algemeen aanvaar […]

Dom denke

CM SêNet-briewe 2015-07-27

Steeds daarvan oortuig dat die natuur hom belieg ...

Crito, wie is Jean Meiring?

Joan Hambidge SêNet-briewe 2015-07-24

Jean Meiring is...

Die FOXP2-geen. So, taal is in ons gene?

Angus SêNet-briewe 2015-07-24

Die aankondiging van die ontdekking dat mutasies van die FOXP2-geen verantwoordelik is vir spraakgebreke by die familie, wat in die mediese literatuur bekend gestaan het as die KE-familie, het ʼn hewige debat ontketen ...

Homoseksualisme herbesoek in die Lig van die Woord

Kobus de Klerk SêNet-briewe 2015-07-23

Die kwessie van homoseksualiteit en homoseksualisme het nou onlangs weer polemiek uitgelok ...

Seks en geregtigheid

CM SêNet-briewe 2015-07-22

Die rasionele ontwikkeling van regstelsels ...

Buitelandse beleggings

Reusedwerg SêNet-briewe 2015-07-22 Ek het sowat 'n jaar of twee gelede 'n brief oor my gesprek met 'n werknemer van Toyota SA geskryf. Hy is deur die hoofman van Toyota Japan ontbied om te hoor wat die situasie in die land is en en hoekom die arbeidsonrus/staking nie op die spits gedryf word nie. Indien hy nie die […]
Top