Verandering van vrou na man - voor en na foto's

  • 5

vrou3 vrou2

 

 

 

 

 

vrou4

Hierdie foto’s toon vrouens toe hulle nog as vrouens voorgekom het, en daarna as mans. Die kontras op die vrou is meer gewelddadig as wat ’n mens dit sou ondervind het in die geval van man tot vrou.

Hierdie foto’s toon ook die mag van steroids op die menslike liggaam, in hierdie geval testosteroon op die vrou. In hierdie foto’s is die vrouens se borste en ovaries snykundig verwyder, met geen verandering aan die voorkoms van die vagina nie. In weinig gevalle, word ’n penis van die arm-vesels van die vrou gevorm en in die plek van die vagina aangeheg.

Hoe sou die kerk en die samelewing ’n seksuele unie tussen hierdie “man” en ’n vrou of tussen hierdie “man” en ’n man beskou? Voor die verandering, in die eerste voorbeeld, sou die seksuele-gemeenskap as lesbies beskou gewees het, en in die tweede voorbeeld as normaal.

Ek as gay persoon voel ’n sterk prikkeling vir die “man” op die tweede foto. Indien ek vir “hom” gaan, het ek dan straight geword of hoe, want in werklikheid bly die “hy” tog van geboorte af ’n vrou. So dit bewys tog dat seksuele oriëntasie reggestel of verander kan word of hoe?

 

  • 5

Kommentaar

  • Jaco
    jou woordkeuse is interessant, jy sê seksuele oriëntasie kan REGGESTEL word. Daarmee erken jy dat sodomie verkeerd is. Jy raak ook aan wat ingeligte, rasionele mense al lankal sê, sodomie is 'n keuse wat gemaak word, nie 'n "so gebore" afwyking nie.
    En ja, dit word maklik reggestel, die regstelling begin met 'n samelewing wat openlik erken dat dit 'n makabere daad is wat periodiek die samelewing verwring.
    Duitswester

  • Duitswester
    Jy ken blykbaar nie die konsep van humor nie, nes jou god, welke eienskap nêrens in die bybel in hom te vinde is nie. My laaste stelling was tong in die kies gestel. Enige regdenkende persoon sal mos nie daarin sien dat 'n "man" (voorheen vrou) en 'n man, 'n heteroseksuele verhouding het nie. Seks is nie uitsluitlik 'n fisiese daad tussen twee geslagsorgane nie. Dit behels die hele psige en liggaam.
    Nou maat. Ek maak geen erkentenis beide kante toe nie, weens die feit dat beide kampe geensins ondubbelsinnig kan bewys dat homoseksuele oriëntasie aangebore is al dan nie. Jy kan ook nie ondubbelsinnig bewys dat sodanige oriëntasie nie aangebore is nie om dit as feit te kan stel.
    Ek huldig wel 'n persoonlike mening, nl dat 'n klein persentasie gays wel so gebore is, gebaseer op my en ander se persoonlike waarnemings van kinders so jonk as vier jaar wat wel sodanige neigings reeds toon. Hulle speel eerder met meisies as seuns; speel met poppe eerder as karretjies; ma se lipstiffie op gesig besmeer; en daardie fisiese meisieagtige gebare. Selfs seuns van dieselfde ouderdom sien dit raak, sonder om te besef waaroor dit gaan en is geneig om die kind te terg en te boelie. Behalwe vir "situational homosexuality" het die res gay geword as gevolg van 'n verloop van gebeure gedurende die kind se puberteitsjare wat in die brein onuitwisbaar ingegrein is en wat hom sodanig permanent maak.
    Jou uitkyk en stelling is eng vanuit jou non-Christelike-Joods ge-oriënteerde geloof gestel, welke geloof jy nie durf met my te bespreek nie. Ek wag steeds op vele antwoorde in verband daarmee wat jy gedurig ontduik. Terloops. Goldman se boek wat jy in my gesig gegooi het, kom ek agter dat jy dit nie gelees het nie, die dat jy hom nie kon kwoteer nie.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top