'n Kort antwoord op Crito se evaluering van my resensie van Jan van Staden se boek

  • 1

Ek antwoord graag op die volgende statement van Crito:
"Sowel Rust as Kombuis is nie bereid om die roman te takseer vir wat dit wil wees nie. Albei is té versigtig om te sê of Jan van Staden in sy doel geslaag het – om ‘n roman te skryf wat die leser tittileer, prikkel. Wat die leser se bloed laat bruis en hom/haar ‘n groot en plesierige jagsheid laat beleef." Crito op LitNet.

Jammer Crito, hoewel Jan van Staden se komiese tydsberekening vir my lekker was, kan ek nie met enige eerlikheid sê dat die boek 'Boer kry 'n Vrou' my enigsins seksueel gestimuleer het nie. Hierdie skrywer se aanvoeling vir die geslagsdaad en sy insig in die vrouepsige is min of meer op die vlak van Trompie en die Boksombende. Alles word gereduseer tot die konkrete, die voorspelbare en die voor-die-hand-liggende (pun not intended), daar is geen subtiliteit soos wat mens vind in goeie erotika nie.

Miskien moet hy volgende keer eerder 'n lekker storie skryf oor dinge wat hy praktiese ervaring van het, soos die veldlewe en jag.

Koos Kombuis

  • 1

Kommentaar

  • Wonderlik! En daar kry mnr Kombuis dit reg om binne 'n paragraaf met die boek klaar te speel, en vir my te sê wat ek wou weet.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top