SêNet-briewe

Sê jou sê op die Sê! LitNet se vuurwarm brieweblad oor alles en nog wat. Stuur jou brief aan webvoet@litnet.co.za. Don’t bite your tongue! Turn up the heat and send us your letters and opinions. Send letters to webvoet@litnet.co.za.

Reaksie op Angus se kommentaar onderaan my brief van 3 deser

Jan Rap SêNet-briewe 2015-06-05 Beste Angus Sjoe maar dis moeilik om met julle ouens te praat wat so tangensiaal afskiet. Ek kan nie anders as om te dink julle lees slordig nie want, soos ek al gesê het, die alternatief, dat julle is onderduims is, is vir my moeilik om te aanvaar.Byvoorbeeld: Jy sê as ek nié die taalpuris […]

Vir KdK

Duitswester SêNet-briewe 2015-06-05 Dag Kobus Ek het jou pogings om my briewe te bespreek ignoreer, want ek weet mos toeka dat jy snert praat en geselskap soek. Jou laaste brief egter het niks gesê oor enigiets wat ek geskryf het oor die Bybel nie, jou hele brief is net teen my persoonlik gemik, en jy het sommer 'n […]

Verkeerde gestoelte

CM SêNet-briewe 2015-06-04 Diegene wat in die waan verkeer dat hulle kan voorskryf wat reg is, moet eers parlement toe.   CM

Niemand kan al die mense die heeltyd bedrieg nie

Thomas SêNet-briewe 2015-06-04 “You can fool all the people some of the time, and some of the people all the time, but you cannot fool all the people all the time”. Hierdie bekende gesegde wat aan Abraham Lincoln toegedig word, is vir my baie van toepassing op wat deesdae in die gevestigde gelowe in die westerse wêreld gebeur. […]

Futiele strewe

CM SêNet-briewe 2015-06-03 Die bedrywe wat ten doel het om primitiewe illusies werklikhede te maak, is glo gekant teen die voortplantingsproses.   CM

Repliek op Dirk Rigter se ‘Demografie van Afrikaans’

Jan Rap SêNet-briewe 2015-06-03 Dirk, in sy eerste paragraaf, beweer dat ek erg krities teenoor ‘onsuiwer’ Afrikaans staan. Dit is onwaar; ek het by meer as een geleentheid al gesê ek is geen taalpuris nie maar ek is bekommerd oor die agteruitgaan van Afrikaans, net soos ek ook bekommerd is oor die verwoesting van die reënwoud, die gevolge van […]

Die demografie van Afrikaans

Dirk Rigter SêNet-briewe 2015-06-02 Heelwat opinies is onlangs hier gelug oor Afrikaans en die manier waarop dit gepraat word. Mense soos Jan Rap, Reusedwerg, FC Boot en ’n paar ander is erg krities oor die “onsuiwer” Afrikaans wat gehoor word op RSG en KykNet onder andere. Om oor die toekoms van Afrikaans te bespiegel (en te stry!) is dit […]

Repliek op Angus se Kaaps-brief van 29 deser

Jan Rap SêNet-briewe 2015-06-02 Ten spyte van die feit dat Angus erken dat ‘Kaaps’ nie Afrikaans of Engels is nie – ek haal hom aan “Kaaps is nie Engels of Afrikaans nie” – hou hy vol dat ‘Kaaps’ die moedertaal van duisende mense is. Hoe kan dit wees? Dit is dan nie een van die twee tale nie, soos […]

Vergoeliking van afgryslikheid

CM SêNet-briewe 2015-06-01 Die woorde wat as die grondslag van moraliteit verkondig word, is deurspek met woorde van geweld.   CM

Die Woord, die Skepping

Kobus de Klerk SêNet-briewe 2015-06-01 Baie mense is geneig om die Woord oppervlakkig te lees en dan in diepte opinies daaromtrent te lewer. Dit lei dikwels daartoe dat andere sê mense neem die Woord kwansuis 'letterlik' op. Een van die aspekte in die geskrewe Woord wat die meeste hierby betrek word, is juis die skeppingsgebeure in Genesis. Maar as mens […]

Jaco Fourie se gekerm oor Gay-wees

Dirk Rigter SêNet-briewe 2015-06-01 Op 26 Mei skryf Jaco Fourie vir die soveelste keer ’n treurmare oor gay seksualiteit, na aanleiding van die Ierse referendum oor die wettiging van gay huwelike. Onder andere raak hy in sy skrywe kwyt dat die meerderheid van die bevolking in SA ’n “weersin” het teenoor gay persone. Ek het in ’n kort kommentaar […]

Twisgoed

CM SêNet-briewe 2015-06-01 Die lewe word met sintuie belewe. Woorde is aangeleerde lawaai.   CM

'n Beskawing van enkelinge

CM SêNet-briewe 2015-05-29 'n Aangename mens het die donker denke van die verlede oorkom.

Kaaps

Angus SêNet-briewe 2015-05-29 Ek verwys na Jan Rap se brief aan my van 28 deser. Jan, beweer dat ʼn mens Kaaps (wat hy as ʼn mengeltaal beskryf) alleenlik kan verstaan indien jy Engels en Afrikaans magtig is. Dan beweer jy dat jou bewering niks met taalkunde of linguistiek te make het nie. Verkeerd! (Ek kan sê dis verkeerd, […]

Antwoord vir Angus

Jan Rap SêNet-briewe 2015-05-28 Beste Angus, Ek verwys na jou kommentaar onderaan my brief van 25 deser. Ek probeer geen taalreël invoer, soos jy beweer, wanneer ek sê jy moet twee tale magtig wees as jy iemand wil verstaan wat daardie twee tale meng nie. Dit het niks met taalkunde, linguistiek of grammatika te doen nie; dit is bloot […]

Verknogte knegte

CM SêNet-briewe 2015-05-27 Vir eeue gebonde aan illusies van helle en hemels, is daar 'n stormloop om niks te wees nie. CM

Afrika se dag

Hennie Fritz SêNet-briewe 2015-05-26 Die draadloos en die kalender in my dagboek vertel ons dat dit Afrika-dag is. Die wekroep en soms noodkrete van stemme uit die kulturele wildernis van mense en organisasies soos Dan Roodt, AfriForum, Steve Hofmeyr en selfs die Noordwes se gunsteling Mulder-gesin, bepleit die soewereine reg van een van Afrika se jongelinge; die regte van […]

Ierland stem oorweldigend ja in referendum

Jaco SêNet-briewe 2015-05-26 61% van die kiesers stem JA, met net een vanuit die 43 parlementsetels wat Nee gestem het. Dit is die uitslag van ’n referendum gehou in Ierland om die volkswil te bepaal of gay huwelike gewettig word al dan nie. In hierdie sterk tradisionele Katolieke land het kiesers in teenstryd met hulle kerkleer gays geheel […]

Reaksie op Angus se kommentaar

Jan Rap SêNet-briewe 2015-05-25 Beste Angus Ek verwys na jou kommentaar onderaan my brief van 19 deser. Jy reken dis my mening dat iemand slegs mengeltaal kan verstaan indien hy die tale, waaruit die mengsel bestaan, verstaan. Jy’s verkeerd … ‘skuus, ek’t vergeet jy’s sensitief vir ‘verkeerd’ … jy het nie gelyk nie. Ek het dit as ’n feit […]

Letter van die dwalendes

CM SêNet-briewe 2015-05-25 Die sekerheid van die werklikheid word beduiwel deur 'n gekkehel wat met abstrakte woorde versin is.   CM
Top