Op 26 Mei skryf Jaco Fourie vir die soveelste keer ’n treurmare oor gay seksualiteit, na aanleiding van die Ierse referendum oor die wettiging van gay huwelike. Onder andere raak hy in sy skrywe kwyt dat die meerderheid van die bevolking in SA ’n “weersin” het teenoor gay persone. Ek het in ’n kort kommentaar hom gevra om dié stelling te bewys aangesien ek niks van hierdie sg “weersin” beleef in my daaglikse handel en wandel nie. Trouens my ondervinding is dat die gay “issue” al lankal aanvaar is as deel van die samelewingsorde. George Bekker het kortliks met my saamgestem.
En toe trek Jaco Fourie los: Ek word as ’n “paw-paw” beskryf, George word beskuldig dat hy vriende soek (nadat ek en hy al diepgaande hiér verskil het!) en Suidwester loop in sy slaap, aldus Jaco Fourie. En dit alles net oor ons nie ons feite (in HOOFLETTERS gespel, nogal) reg het nie.
Kom ons kyk na die feite. Eerstens wys Panda Jaco op sy feitefout dat nie 61% van alle Iere “ja” gestem het nie, maar dat slegs 61% van die uitgebragte stemme “ja” gestem het. Nogal ’n verskil. Maar dis nie al nie. Op my versoek om bewyse voor te lê dat die meerderheid Suid-Afrikaners ’n “weersin” het teenoor gay mense, verskaf hy die volgende “feite”:
Die Zoeloe-koning, die staatspresident en “vele” godsdienstige leiers het hul weersin teenoor gay mense uitgespreek. Nou toe nou. Van wanneer af is hierdie randeiers ’n weerspieëling van die gevoel van die meerderheid inwoners? Tweedens, Swart lesbiërs word “gereeld” deur bendes verkrag en vermoor. Waar’s die stats Jaco? En maak die feit dat ’n gay man onlangs in Kimberley vermoor is, ons almal gay haters?
En dan die kersie op die koek. Die Pew-peiling van 2013 word voor my kop gegooi. Eerstens, 2013 is al ’n bietjie oud, maar die nie belangrik nie. Wat belangrik is, is wat het hierdie peiling getoets? Mense is in die peiling gevra of hulle homoseksualiteit “AANVAARBAAR” vind in die samelewing, en nie of hulle ’n ‘”WEERSIN” het in homoseksuele mense nie. En daar is ’n reuseverskil tussen die twee. As 61% van die Suid-Afrikaanse respondente in 2013 sê dat hulle homoseksualiteit nie aanvaarbaar vind in die samelewing nie, het gay mense niks te vrees in 2015 nie. Gay regte is vasgelê in die grondwet waar alle seksuele oriëntasies gelyk gestel is, verskeie hofuitsprake het gay regte bevestig en gay huwelike is vandag algemeen. Verseker is daar ’n groot persentasie mense wat nie goedkeurend oor gay verhoudinge is nie, maar weersin? Aikona.
Duitswester is reg oor hierdie saak. Mense gee nie ’n duit om nie. Soos ek in my kommentaar gesê het, mense het aanbeweeg. Jaco Fourie kan ook nou maar aanbeweeg. Dís die manier om, soos George Bekker vir Carnegie aanhaal, vriende vir jou saak te wen.


Kommentaar
Blykbaar bestaan daar geen statistiek om hierdie saak finaal uit te klaar nie. Daar is mense met 'n weersin in minstens sekere nie-heteroseksuele verhoudings (vrou-vrou verhoudings lok seker minder reaksie uit as man-man verhoudings?), maar om hulle getalle te raai? Dink self die persentasie is hier by 1% en sal nie 2% haal nie. Dis dan seker tyd om rustig te raak oor die saak en met 'n ander geveg te begin?
Dirk Rigter het nie net ’n paw-paw van homself in ’n vorige respons oor die onderwerp gemaak nie, hy doen dit sowaar weer hierbo!
Om hom in perspektief te plaas, is dit nodig dat die leser sy en ander se response en my antwoord daarop in die betrokke skakel lees, nl: https://www.litnet.co.za/ierland-stem-oorweldigend-ja-in-referendum/
’n Tydige kommentaar deur my oor die onlangse Ierse referendum mbt sodanige bevolking se meerderheid aanvaarding van gay huwelike word suur deur hom afgemaak as “gekerm oor gay wees”. Taalkundig kom ek agter is hy uitstekend, maar sy kommunikasiekunde is vrot, om die minste van te se. Ek kerm nie oor gay te wees nie, ek verlustig my daaraan!
Mbt Panda se opmerking, het ek my fout onmiddellik reggestel, selfs haar bedank vir die uitwys daarvan, maar nieteenstaande het dit nie afbreek gedoen aan die feit dat ’n meerderheid van uitgebragte stemme van oor die 60% Ierse ondersteuning vir gay huwelike uitgebring, en dat die wegbly stem van ongeveer 40% geen beswaar daarvoor opgeteken het nie, anders sou hulle die moeite gedoen het om Nee te stem.
Sy gewraakte stelling in sy vorige respons was: “Waar kom jy daaraan dat die meerderheid van die bevolking in SA " 'n weersin aan gays toon"? Watter bron of navorsing toon dit aan? Nêrens in die wyduiteenlopende kringe waar ek daagliks beweeg, ervaar ek enige weersin of openlik anti-gay sentimente nie”.
Hy vra vir bewyse, ek verskaf dit aan hom en dan hierbo word my onpartydige en openbare FEITE skielik verkleineer as “feite”. Ek gee hom die internasionale onpartydige PEW wetenskaplike peiling van 2013 wat uitgewys het dat die verhouding in Suid Afrika 61% weersin teenoor 32% aanvaarding van gays is. Sy respons: “2013 is al ’n bietjie oud”. Maw binne ’n bestek van 2 jaar wil hy voorgee dat die situasie verander het van 32% tot oor die 50% aanvaarding! Hyself verskaf absoluut geen feite vir al sy stellings nie, en haal sy persoonlike waarnemings aan wat hy van die leser verwag om as gegewe feit te moet aanvaar. Dan wil hy semanties kibble oor die verskil tussen “weersin” en “(nie) aanvaarbaar” van homoseksualiteit!
Wat die koek hierbo vat is waar hy vra deur my aan te haal: “Swart lesbiërs word “gereeld” deur bendes verkrag en vermoor. Waar’s die stats Jaco?” Ek gaan FEITLIK aan hierdie soos vorige versoeke voldoen, maar wees verseker hy gaan dit weer as net “feite” verkleineer.
“Corrective rape is on the rise in South Africa. More than 10 lesbians are raped or gang-raped weekly, as estimated by Luleki Sizwe, a South African nonprofit.[22] It is estimated that at least 500 lesbians become victims of corrective rape every year and that 86% of black lesbians in the Western Cape live in fear of being sexually assaulted, as reported by the Triangle Project in 2008.[3]”
http://en.wikipedia.org/wiki/Corrective_rape
Nou indien 2008 vir hom te oud is, lees die Britse koerant “THE INDEPENDENT” gedateer 01 Junie 2015 se volle inhoud getitel: “Crisis in South Africa: The shocking practice of 'corrective rape' - aimed at 'curing' lesbians”
http://www.independent.co.uk/news/world/africa/crisis-in-south-africa-the-shocking-practice-of-corrective-rape--aimed-at-curing-lesbians-9033224.html
Diegene wat die moeite wil doen kan ook die volgende vanuit die New York Times (2013) lees:
http://www.nytimes.com/interactive/2013/07/26/opinion/26corrective-rape.html?_r=0
Dan onderskat hy die Zulu-koning se geweldige invloed oor sy mense. Hy vergeet die onlangse Xenofobiese uitbarsting in Natal direk te wyte aan die koning se uitinge oor buitelanders wat in SA handel dryf. Sy geweldige invloed om Zulu-mans wat tradisioneel onbesny is om hulself te laat besny.
Dan skouerklop hy Duitswester met: “Duitswester is reg oor hierdie saak. Mense gee nie ’n duit om nie” en ek verbeel my George ook om nie vriende te verloor nie, deur weer te sê: “Dirk is reg en Jaco verkeerd”
Hoe tragies. Dit is mense soos Duitswester en Dirk wat nie ’n duit vir hierdie lesbiërs se lot omgee nie, maar verkies om in ontkenning te leef wat werklik en veral in die non-wit gay gemeenskap aangaan.
Ek, en vele ander Suid-Afrikaners gee om.
Die Iere in hulle referendum het oorweldigend getoon hulle gee om vir hulle gay gemeenskap.
George kry geen statistieke mbt Lesbiër-aanrandings en moord nie, dus fabriseer hy maar sy eie statistieke. Dit kan vir hom onmoontlik 2% (van wat?) wees nie, dus moet dit definitief 1% wees. 'n Eie opinie word weereens as feitlik voorgelê soos Dirk dit met sy persoonlike waarnemings doen.