Ierland stem oorweldigend ja in referendum

  • 13

61% van die kiesers stem JA, met net een vanuit die 43 parlementsetels wat Nee gestem het. Dit is die uitslag van ’n referendum gehou in Ierland om die volkswil te bepaal of gay huwelike gewettig word al dan nie.

In hierdie sterk tradisionele Katolieke land het kiesers in teenstryd met hulle kerkleer gays geheel en al aanvaar op gelyke voet.

Wat hierdie referendum besonders maak is dat Ierse burgers oorweldigend die moeite gedoen het om in koue weer te gaan stem om vir ’n skamele 3 tot 5% van hulle bevolking te sê, “ons is geheel en al met julle” in weerwil van wat hulle kerk hulle leer.

Hierdie referendum is ’n wêreld eerste. Alle ander lande, SA inkluis, wat gelyke gay regte erken, het dit sodanig deur parlementêre goedkeuring gewettig, in baie gevalle in weerwil van ’n meerderheidsvolksgevoel daarteen, soos die onlangse Franse geval as voorbeeld.

Wat die Ierse geval besonders maak is ’n ondubbelsinnige aanvaarding van hul gay bevolking, in teenstelling met ander lande, soos SA en Frankryk, waar ten spyte van gay regte gewettig, die meerderheid steeds ’n weersin aan gays toon.

  • 13

Kommentaar

  • Jaco,

    Waar kom jy daaraan dat die meerderheid van die bevolking in SA " 'n weersin aan gays toon "? Watter bron of navorsing toon dit aan? Nêrens in die wyduiteenlopende kringe waar ek daagliks beweeg, ervaar ek énige weersin of openlik anti-gay sentimente nie.

    Ek dink jy's oorsensitief. Die meerderheid van mense in SA het aanbeweeg. Big Brother ain't watching any more.

  • Jaco,
    Jy sê "61% van die kiesers stem JA". Moet dit nie wees '61% van die kiesers wat gestem het, het JA gestem' nie?
    Groete
    Panda

  • Jaco, jy sê 3 tot 5 % van die Iere is homoseksueel. So be it. En van die Iere wat gestem het, het 61 % "ja" gestem. So kom ons rond dit af na sowat 10% van die Iere het gestem. Dus het 90% nie gestem nie. Hoekom nie?
    Want hulle gee nie 'n duit om nie. Mense is baie lankal nie meer gepla met wat die homoseksualiste doen nie, die algemene man op straat gee geen duit om of hulle trou of nie trou nie, of hulle minder of meer regte as ander het nie. Die algemene man op straat stel eenvoudig nie belang nie. Wat wel die algemene man op straat se moer koer is die homoseksualiste se ewige gesanik asook walglike optrede in die openbaar.
    Leer dat julle kan maak nes julle wil, maar net soos normale mense het julle geen reg om ander te walg nie.
    Tree normaal op, bepaal jul slaapkamer-eskapades tot die slaapkamer en sien dan hoe min dit ander pla.
    Duitswester

  • George Bekker

    Dirk is reg en Jaco verkeerd. Jaco moet nog leer “hoe om vriende te wen en mense te beïnvloed.” Die aanhaling is van Dale Carnegie.

  • Panda

    Heeltemal reg. Dankie vir die regstelling.

    Daar was 'n 60% kieserkorpstemming, waarvan 61% Ja gestem het. Die 40% wat buite stemming gebly het, is 'n aanduiding dat hulle nie volkome oortuig was om Ja of Nee te stem nie.

  • Panda
    Bygesê. Die wegbly-stem toon dat sodanige kiesers geen beswaar tot die inwerking van gay huwelike het nie, andersins indien hulle sterk daaroor gevoel het, sou hulle die moeite gedoen het om hulle misnoeë te uiter deur Nee te stem.

  • Dirk
    Soos oudergewoonte, skiet jy voordat jy dink. Eerstens is ek geensins oorsensitief soos jy nie, maar FEITLIK.
    My feite soos deur jou aangevra?
    Die Zulu-koning; die staatspresident; die ACDP en vele godsdienstige leiers veral onder swart geledere het hulle misnoeë en weersin teenoor gays al in die openbaar uitgespreek wat feitlik op rekord is.
    Wit gays kan sonder enige nagevolge in die openbaar rondbeweeg, wat nie vir non-wit gays beskore is nie, veral mbt swart lesbiërs. Lesbiërs word gereeld "gang raped" en gewoonlik brutaal vermoor, ook op openbare rekord, of lees jy net nuus rakende die wit gemeenskap? Daar is ook op openbare rekord van swart en veral bruin manlike gays (onlangse nuus in Kimberley) wat brutaal vermoor is weens hulle gay-leefwyse.
    'n Ander absolute bewys van oorgrote meerderheid weersin in SA teenoor gays is die 2013 wetenskaplike PEW peiling van 61% weersin teenoor 32 % aanvaarding van gays.
    (http://www.pewglobal.org/2013/06/04/the-global-divide-on-homosexuality/)
    Jy sal let dat ek ALTYD my stellings met feite sal kan staaf, want ek is nie bereid, soos jy, om 'n paw-paw van myself op SêNet te maak nie.

  • Die uitslag in perspektief.
    Bron: http://en.wikipedia.org/wiki/Irish_constitutional_referendums,_2015
    Thirty-fourth Amendment of the Constitution Bill 2015
    Choice Votes %
    Yes 1 ,201,607 62.07
    No 734,300 37.93
    Valid votes 1,935,907 99.29
    Invalid or blank votes 13,818 0.71
    Total votes 1,949,725 100.00
    Registered voters and turnout 3,221,681 60.52

    Soos dit gewoonlik in sulke referendums gaan het 1 271 956 (39.48%)die onderwerp nie die moeite werd geag nie of is verhinder maar soos dit in demokrasie gaan, as jy nie stem nie moet jy maar berus met wat die meerderheid daaroor besluit.
    Die tendens was ook opmerklik in die belangrike Suid-Afrikaanse verkiesing oor 'n nuwe bedeling. Toe het min of meer 50% "Ja" gestem 25 % "Nee" en 25 % het hul versoen met wat die meerderheid ook al besluit.

  • Suidwester

    Soos oudergewoonte, praat jy sonder om jou stellings met FEITE te kontroleer (ten minste het FC Boot die moeite daaromtrent gedoen). Jy beweer dat net 10% van die Ierse bevolking gestem het. Watter betroubare bron kan jy kwoteer om hierdie stelling te staaf? Feitlik het 60% van die kieserskorps gestem (Sien my kommentare aan Panda, sonder herhaling hier).

    Skrik wakker man! Moenie 'n slaap-droom-wandelaar wees nie.

  • George Bekker
    Moenie net 'n opinie lug indien jy dit nie FEITLIK kan staaf nie, want soos ander wat in dieselfde strik val, maak jy jouself net bollie.
    Ek is nie hier op SêNet om vriende te probeer maak nie, want almal bly onbekend vir my. Ek wil FEITLIK skryf oor enige onderwerp van my keuse, en ek geniet en leer ook van ander se FEITLIKE bydraes. Diegene wat tjol skryf, sal ek nie huiwer om sodanige bydraes skryend te kritiseer nie. Vriende het ek meer as genoeg van, wat jy vanselfsprekend nie van sal weet nie.
    Ek let op dat daar 'n kliek hier op SêNet is wat hunker na vriendskap (het seker geen daar buite nie?), wat alliansies vorm en mekaar kort-kort op die rug klap, ongeag enige tjol wat kwytgeraak mag word. Beskou jy jouself as een van hulle?

  • Chris Dippenaar

    Hello Jaco

    Wat die ja-stem in Ierland so indrukwekkend maak is die feit dat homoseksualiteit tot 1993 onwettig was in hierdie landjie. Ek dink daar is 'n direkte verband tussen die gesag van die Katolieke kerk en die aanvaarding van alternatiewe seksuele uitdrukking. Die skandes en misdade van Katolieke priesters teenoor kinders, en die verkrampte leierskap van pous Benedict, het die gesag van die kerk erg geknou. Dit sal interessant wees om te weet hoeveel sterker die ja-stem sou gewees het as die populariteit van pous Francis nie 'n faktor was nie.

    Baie dieselfde verband bestaan tussen kerke en verdraagsaamheid teenoor homoseksuele mense in ander dele van die wêreld. In Rusland is dit die samewerking tussen die staat en die ortodokse kerk. In Amerika en Afrika is dit tussen die staat en fundamentele Christene. Natuurlik bestaan hierdie verband ook in lande waar Islam die "amptelike" geloof is. Die punt is dan seker, as jy wil weet hoe groot 'n ja-stem gaan wees in enige deel van die wêreld, gaan kyk hoe ernstig burgers voel oor hulle geloof. As die syfers in Suid-Afrika laag is (ek vermoed dit is dalk) sal die ja-stem hier wen sonder te veel probleme.

    Chris

    Ns. Mense soos Kobus moet aangemoedig word om hulle gif te versprei op webwerwe soos LitNet waar almal dit kan sien vir wat dit is. Dis wanneer hulle wegkruip in donker gate en kerke dat werklike skade aangerig word.

  • Chris
    Dankie vir jou respons. Jou opmerking mbt die verband tussen godsdiens en weersin aan homoseksualiteit word wyd deur akademici ondersteun, selfs die PEW verslag hierbo genoem.
    Ek twyfel of die pouse veel invloed op die sekulêre leefwyse van hulle aanbidders het, want in Katolieke lande wêreldwyd beoefen hulle praktyke teenstrydig met die kerklike leer, soos bv die verbod op geboortebeperking wat geïgnoreer word. Inteendeel, baie Katolieke lande verbied hulle priesters om enige politieke pos in hul regerings te beklee, juis weens die vorige tradisionele tendens om kiesers te beïnvloed.
    Mbt Kobus dink ek jy is te kras in jou veroordeling van hom. Hy verteenwoordig 'n siening wat deur menigtes ondersteun word. Ek verskil hewig van hom maar respekteer hom ter selfde tyd as 'n waardige opponent. Vir my is hy konsekwent en opreg in sy geloof, waar ander gelowiges vir my hier op SêNet daarin ontbreek.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top