SêNet-briewe

Sê jou sê op die Sê! LitNet se vuurwarm brieweblad oor alles en nog wat. Stuur jou brief aan webvoet@litnet.co.za. Don’t bite your tongue! Turn up the heat and send us your letters and opinions. Send letters to webvoet@litnet.co.za.

Leegte in die kop

CM SêNet-briewe 2015-04-28 Alles het glo 'n doel, maar niemand weet kwansuis wat dit is nie.   CM

Soos 'n mossie

CM SêNet-briewe 2015-04-28 Dit is nie bekend wat 'n nadoodse wese is nie. Dit is onteenseglik nie 'n mens nie.   CM

Life

oester SêNet-briewe 2015-04-28 Brandweerwa rooi pakkie. Tabakblaartjie op die voorkant (as ek reg onthou) met 'n sterretjie of iets. Life. Ek onthou nie enige advertensies van die spesifieke sigaret nie want alles was tog Stuyvesant en Chesterfield en Winston en as jy my ouderdom is sal jy met groot heimwee terugdink aan die Camel dude en jy het […]

Kruise en kanonne

CM SêNet-briewe 2015-04-28 Tot dusver leer mense mekaar met klippe en brandstapels en rottangs en preke hoe om goed te wees.   CM

Kern van die probleem

Pieter Kolver SêNet-briewe 2015-04-24 Hoekom sê politici niks aangaande die jare lange invloei van onwettige immigrante na SA nie?  

Los my, laat ek huis toe gaan

Hennie Fritz SêNet-briewe 2015-04-24 Dit was seker nog altyd maklik gewees om die kwessies van die dag as grondslag te neem en dan ’n hele gedoente daaroor te skryf. Sommige mense sal daarmee saamstem en ander sal verskil; sommige sal hul kommer oor die inhoud van die waagstuk van ’n mening met vreemde mense deel, en ander sal die […]

Misbaksel

CM SêNet-briewe 2015-04-24 Met 'n hoogdrawende allesoorheersende verkondiging van snert is die mensdom verskriklik ontevrede met sy eie bedenksels.   CM

Drang

CM SêNet-briewe 2015-04-23 Daar is vreeslik baie predikers en hul volgelinge wat begeer om dooies lewendig te hou.Eintlik is daar net ‘n behoefte om een lewendige vas te hou. CM

Nuwe definisies en betekenisse

Jan Rap SêNet-briewe 2015-04-23 Met ‘n, vir my interessante, bespreking wat ek met Angus gehad het oor mengeltaal, het dit my weer eens getref hoe woorde se betekenis verander soos die tyd verloop. Die oorsaak is (meestal) verkeerde gebruik wat só algemeen word dat dit as korrek aanvaar word. ‘Sondebok’ is een so ’n woord. Die regte betekenis was […]

Maagdelike moeders van gode

Duitswester SêNet-briewe 2015-04-23 Daar waar ek grootgeword het, was die NG kerk die enigste kerk en wat die predikant gesê het was nooit as te nimmer in twyfel getrek nie . So het die predikant dan vir ons vertel dat Jesus deur G_d verwek is en uit die maagd Maria gebore is. Die storie het ons gehoor van […]

Onlogiese studierigtings

CM SêNet-briewe 2015-04-22 Opvoeders moedig mense aan om hooggeleerd in onsin te raak. CM

Moeilik bereikbaar

CM SêNet-briewe 2015-04-21 Om te bepaal wat die waarheid is, verg klaarblyklik baie meer kennis en insig as wat op universiteite aangebied word. CM

Woordeloos oral beskikbaar

CM SêNet-briewe 2015-04-21 Dit is net met woorde dat daar sinneloos na die waarheid gesoek word. CM

Stefanus Kleinsmit gesels kerk

Hennie Fritz SêNet-briewe 2015-04-21 Ek het vandag ’n nuwe vriendskap bevestig. Sy naam is Stefanus Kleinsmit, maar die gemeente noem hom broer Steven. Hy is 89-jaar oud en hy werk nog elke dag van 09:00 tot 16:30, netjies geklee en altyd in 'n pak klere of ten minste met ’n onderbaadjie, as dit te warm is. En elke dag […]

Skaamteloos

CM SêNet-briewe 2015-04-20 Iemand wat weet wat evolusie is, het nie nodig om te maak asof hy nog so dom as sy voorsate is nie. CM    

Stomp

oester SêNet-briewe 2015-04-20 Mens weet van kleins af van die goed en jy hoor selfs van mense wat daarmee te doene het dat hulle te doene had met die goete: Toorgoed. Vandag, noudat mens nie na die deursnee donkerpak ouderling se hel toe verban gaan word nie kan mens dit selfs in die openbaar noem. Sonder die helse […]

Uitbuiting

CM SêNet-briewe 2015-04-20 Dit is nooit vir iemand tot voordeel om dinge wat nie kan bestaan nie, te glo.Dit is altyd lonend om te weet dat ander belieg kan word. CM

Beskikbare lewensvreugde

CM SêNet-briewe 2015-04-20 Om te ontkom aan die middeleeuse sindroom van doodsverheerliking, en ter erkenning aan die waardigheid van menswees, word daar naarstiglik gesoek na steun vir die bevordering van rasionele en logiese denke. CM

Homofobia = homoseksuele selfhaat

Jaco SêNet-briewe 2015-04-20 Kliniese studies het bewys dat mense met homofobiese gevoelens, eintlik self homoseksueles is wat nie hulle homoseksualiteit wil aanvaar nie en dit wil onderdruk deur homoseksueles vir aggressie te teiken. Is Homophobia associated with Homosexual arousal? Lees: https://www.psychologytoday.com/files/u47/Henry_et_al.pdf

Onnoselheidsregulator

CM SêNet-briewe 2015-04-17 Die ontwikkeling van die mensverstand word beheer deur die sotte versinsels van sy primitiewe voorsate. CM        
Top