SêNet-briewe

Sê jou sê op die Sê! LitNet se vuurwarm brieweblad oor alles en nog wat. Stuur jou brief aan webvoet@litnet.co.za. Don’t bite your tongue! Turn up the heat and send us your letters and opinions. Send letters to webvoet@litnet.co.za.

Beeldskaduwees

Michiël Geldenhuys 2015-04-07 Ek leef in die skadu van brons en betonbeelde. Wat is my “issue” nou eintlik? Soos Oom Max, het ek ‘n oortuigde wete dat my “African” landgenoot (en andere) ongemaklik kan voel oor die beelde van Rhodes, Kruger, Verwoerd en andere. Maar beelde en plekname bepaal nie meer my “is” en plek hier in Afrika […]

Weer vir Angus steeds oor mengeltaal

Jan Rap 2015-04-07 Beste Angus Ek verwys na jou kommentaar onderaan my laaste brief en skryf maar weer my kommentaar per paragraaf. Par1 Jy’t oorspronklik gepraat van beteuderde taaltjies en ek het gesê daar is nie so iets nie, net beteuterde mense. Dit het jou tot die gevolgtrekking gebring dat ek sê Afrikaners is beteuterde mense wat natuurlik […]

Vir Dirk Rigter or sy stelling

Jan Rap 2015-04-07 Dirk, ek verwys na die volgende stelling in jou kommentaar onderaan Helmine se brief Holruggeryde goeters: “Die Afrikaners het in die staatsdiens of die spoorweë gaan werk. Natuurlik was daar Afrikaner-nyweraars wat 'n groot rol gespeel het, maar om die land se ontwikkeling aan hulle alleen toe te sê is net nie waar nie.” Die […]

My vriend Ali

oester 2015-04-07 Lank en skraal. Dik brille soos 'n wyse man. Grys kop. En pikgietswart soos die nag. Het vir Ali leer ken via Hennie Loopdop. Want Hennie Loopdop het altyd hier ingeslinger dikdronk op pad van Ali af. Hennie Loopdop het dan beduie dat hy weereens die flenter trekker of Isuzu (die goed kan mossie vanself […]

Aangename kennis

CM 2015-04-07 Alvorens 'n mens die verkondigde heerlikhede van 'n dood sal bedood, is dit uitsonderlik aangenaam om 'n rasionele gesprek met ‘n lewende te kan belewe. CM

Onhoflike verontwaardiging 2015

CM 2015-04-07 Die heftige reaksie van mense wie se wrede beginsels bevraagteken word, sluit nooit ‘n rasionele verduideliking in nie. Trots oorhoops met die vergoeiliking van geweld is die samelewing redeloos onstuitbaar in sy gewaande goedheid. CM

Regsekerheid

CM 2015-04-07 Met die instelling van geregshowe het die mensdom aanvaar dat net dit wat bewys kan word, waar is. CM

Brief vir Angus oor mengeltaal

LitNet, Jan Rap 2015-04-02 Beste Angus (amper sê ek Dirk) Ek verwys na jou kommentaar onderaan my brief aan jou gister. Oor jou paragraaf 1 Jy't verkeerd gelees; ek het nooit gesê taal is net vir diepspoortrappers nie, ek het gesê daar is diepspoortrappers wat baie vlak spoortjies trap ten opsigte van taalhandhawing. Paragraaf 2 Het George Orwell se […]

Regstaat

CM 2015-04-01 As iemand iets te vertelle het wat nie in ‘n geregshof bewys kan word nie, behoort dit vir doeleindes van geloofwaardigheid as fiksie beskou te word. CM

Vir Jaco oor sy storie

Jan Rap 2015-03-31 Jy’t nou baie verwysings goed gegee maar kom ek gee nou vir jou ‘n kort opsomming van jou storie oor Dan Roodt: Jy’t op ‘n stadium gal afgegaan oor Dan Roodt, vir ons selfs ‘n skakel na sy werf gegee laat ons kan sien watse onsin hy skryf volgens jou. Toe sê ek dis ‘n […]

My taaltjie

George Bekker 2015-03-31 Die opskrif het ek bedink om Cecil John Rhodes en sy geesgenote in herinnering te roep – aangesien hulle nou in die nuus is. Rapport het homself Sondag in die skande gesteek met 'n reuse opskrif op die voorblad: “Eskom dril vir ramp.” Dit neem die leser 'n rukkie om te besef dat die “dril” […]

'n Voorstel vir Panda en Thomas

Dirk Rigter 2015-03-31 Dat al die sterrekundiges oor die wêreld heen nou so saamsweer. Nes die spul Darwiniste en evolusioniste ...

Also Sprach Dirk Rigter

Jan Rap 2015-03-30 Dirk antwoord nie maklik vrae nie want hy wil nie inligting hê nie, hy verdoesel sy stellings as vrae en die wat daarop antwoord stel vir hom net hulle onnoselheid ten toon. Mens kan dit retogoriese (nog nie in die woordeboek nie) stellings noem; hy stel iets kategories deur ‘n retoriese vraag. Vat nou maar […]

Verblindende opvoeding

CM 2015-03-30 Die gelol met gewaande kennis is dat dit ‘n mens so beliegbaar laat. CM

Antwoorde vir Angus steeds oor taal

Jan Rap 2015-03-30 Beste Angus Ek het hier in my agterkop dat ek jou steeds antwoorde, of ten minste kommentaar, skuld oor taal, denke ens. Jou stellings is iewers in die kommentaargedeeltes en ek kan dit nie opspoor nie (hierdie kommentaarfasiliteit werk nie lekker nie) maar wat ek kan onthou is die volgende: Ek wil nie hê Afrikaans […]

Sokkies optrek

CM 2015-03-30

Klugstof

CM 2015-03-27

Dirk Rigter en Helmine le Roux

George Bekker 2015-03-26
Top