Beste Panda en Thomas,
Ek het 'n voorstel: Kom ons hou 'n fondsinsameling (iets soos 'n tradisionele kerkbasaar met pannekoek, kerrie-en-rys en basaarpoeding) en dan gebruik ons die fondse om Kobus de Klerk na die SALT teleskoop op Sutherland te stuur. Dan kan hy mos nou self na Jupiter en sy mane kyk.
Grote Griet, dit sal ook nie werk nie. Hulle gebruik glo sagteware wat alles wat jy deur die teleskoop sien, simuleer. Alles vals beelde ... Dat al die sterrekundiges oor die wêreld heen nou so saamsweer. Nes die spul Darwiniste en evolusioniste ...
Groetnis
Dirk


Kommentaar
Dirk,
Jy sterk nou vir Kosie in sy kwaad. Nou kan Tippex-merkies op die rekenaarskerms ook soos Jupiter se mane begin lyk. Ek verstaan Kobus is 'n ou Tippex-man!
Groetnis
Thomas
Dirk,
Ek het tydens ’n besoek van my aan SALT vir die sterrekundige daar gevra hoe Jupiter deur dié teleskoop lyk en die antwoord was dat Jupiter te naby is om met SALT tyd daarop te verkwis. SALT word hoofsaaklik aangewend om voorwerpe dieper in die sterrehemel te bestudeer.
Terloops: Ek merk op dat Kobus kilometers (km) gebruik wanneer hy na die afstand tussen Jupiter en die son of na die aarde verwys. Mens gebruik tog nie gram om die massa van ’n walvis aan te dui of sentimeters vir die afstand tussen Beaufort-Wes en die Kaap nie. Sterrekundiges gebruik daarom die term astronomiese eenhede (AE} om die afstande van planete vanaf die son of tussen planete op spesifieke stadiums aan te dui. Ons moet hom maar vergewe want astronomie is duidelik vir hom ’n ietwat onbekende terrein.
Groetnis
Panda
Ek sien die laerskool "wetenskap" onnie is alweer besig.
AE = astronomiese eenhede...? teenoor astronomiese eenheid.
AE = die afstand tussen die aarde en die son.
En daarmee word die afstande tussen ander planete van mekaar aangedui.
Bv.die afstand van 'n planeet na die aarde is x-maal die afstand van die aarde na die son
Astronomiese groete
Raed-na-Gael.
Thomas is steeds sy ou irrelevante self met daardie inhoudlose holklinkende blerts.
Panda,
Kom nou, jy onderskat mense se intelligensie.
Die SALT teleskoop is 'n tamaaie struktuur met 'n 11 meter diameter deursnee samegestelde spieël teleskoop wat op een van net vier punte kan fokus en is dus spesiaal ontwerp en gebou om op diep-diep ruimte-objekte soos nebulae ens te fokus deur hulle ligspektra te versamel en te interpreteer. Daarom het dit 'n gesofistikeerde hoë resolusie spektrograaf op die grondvlak. En natuurlik, hierdie teleskoop moet by uitstek van sagteware gebruik maak om te fokus... of het jy gemeen dit het verstelknoppies vir handinstelling? Die beskikbare fotos van hierdie teleskoopkonstruksie toon nie ooglopende tekens van manipulasie nie. Dit is dus logies dat hulle nie eers sal probeer om die affêre op relatief piepklein objek/te soos jupiter of ander wentelende objekte te fokus nie - dit sal nie slaag nie.
Ek gebruik die afstande in kilometers en nie in AE nie, juis sodat die gewone leser kan besef hoe ver die planete en objekte is wat julle beweer, julle met jul glasies so maklik raaksien en uitken, werklik is van die aarde af. AE beteken nie veel vir die gewone leser nie maar daardie eenheid is juis geskep omdat die afstande so astronomies ver is, sodat dit nie nodig is om die talle nulle te weergee nie.
Of jy is besonder fopbaar. Jou gekibbel sal dus nie werk nie. As jy werklik die gesprek gehad het met die SALT sterrekundige, het hy jou sien kom en jou 'n antwoord gegee wat by jou onkundige vraag pas.
Dan verstom dit my dat jy dink Thomas se glasie kan selfs in dieselfde asem genoem word as hierdie tamaaie struktuur.
Kobus de Klerk
Raed-na-Gael
Dankie vir die lesing. Kom ons klink 'n rooietjie daarop!
Groete
Panda