Jy’t nou baie verwysings goed gegee maar kom ek gee nou vir jou ‘n kort opsomming van jou storie oor Dan Roodt:
Jy’t op ‘n stadium gal afgegaan oor Dan Roodt, vir ons selfs ‘n skakel na sy werf gegee laat ons kan sien watse onsin hy skryf volgens jou.
Toe sê ek dis ‘n goeie stuk waarna jy ons verwys het en ek vertel ek is beïndruk met wat hy sê.
Toe sê jy Dan doen niks, hy’s nie pro-aktief nie en ek moet vir jou vertel wat hy nou eintlik doen.
Toe sê ek hy is juis pro-aktief, tot so ’n mate dat dit pyn en as jy wil weet wat hy doen moet jy na sy webwerf toe gaan en sien wat hy alles daar aanvang.
Toe sê jy ek maak ‘n afgod van hom en ek moet vir jou vertel wat hy nou eintlik doen.
Toe sê ek ek maak van hom so min van ‘n afgod as wat jy byvoorbeeld een van Giliomee maak.
Toe kla jy dat ek sê jy ondersteun Giliomee en wil weet wat Dan nou eintlik doen.
Toe sê ek ek het nie gesê jy ondersteun Giliomee nie; ek sê maar net ek is nie so simpel as om te sê jy maak van Giliomee ‘n afgod net omdat jy hom ondersteun wat betref seker aspekte nie en ek hét jou mos al gesê wat Dan doen.
Toe sê jy ek is die ou wat Dan op Cloud 9 geplaas het en gee te kenne dat jy net bloot daarop reageer het en jy wil weet wat Dan doen.
Toe sê ek, met die dat julle Dan so verguis, het ek julle net op julle dwaling gewys. Dis nie Dan op ‘n pedestaal plaas as ek jou daarop wys dat Dan reg is nie.
Toe sê jy jy’t my nou al lank gevra wat Dan doen en ek ignoreer jou versoek nog heeltyd.
Toe sê ek jy hou nou so aan oor wat Dan doen, en ek het nou al so vele male vir jou vertel wat hy doen dat die moontlikheid bestaan dat ek jou verkeerd verstaan, dié dat ek steeds vir jou verkeerde inligting gee. Om die storie dus op te klaar sal dit goed wees as jy my ‘n voorbeeld kan gee van wat iemand soos Max du Preez, André P Brink, Roelf Meyer, Pierre de Vos en Piet Croucamp doen of gedoen het. Nie dat ek smag na daardie soort inligting nie maar net as ‘n soort modelantwoord, ‘n templaat as jy dan nou wil.
Toe stuur jy vir my ‘n lys van Afriforum se projekte en aktiwiteite (en noem Flip Buys, iemand wat nie eers op my lysie was nie). Jaco, jy dra steenkool Newcastle toe. Ek het al voorheen vir jou gesê iemand wat iets vir Afrikaans en die Afrikaner doen dra my lof en prys weg, so wat jy my vertel van Afriforum is nie nuus vir my nie. Jy systap en pypkan nou. Ek wil, as modelantwoord, weet wat bogenoemde here doen.
Buitendien, wat Afriforum doen, enigiemand wat iets deesdae vir Afrikaans doen, is reaktief. Afriforum se poging tot die daarstel van onderriginstellings is in reaksie op die kelder van ons Afrikaanse universiteite. Solidariteit en Helpende Hand is in reaksie op die vertrapping van die Afrikaner. Maar dit net so terloops. Vertel my nou wat doen Max-hulle.
Jan Rap


Kommentaar
Jan
Na al jou lang gegorrel hierbo, het jy NOG STEEDS NIE vir my gesê wat Rooi Daantjie pro-aktief doen nie, synde dit die kern is waaroor alles gaan.
Mbt tot jou voorstel dat Solidariteit "re-aktief" opgetree het, herhaal ek die volgende vir jou wat ek in my vorige brief geskryf het:
"In teenstelling met “reaktief” wat gewoonlik negatief ingestel is en ‘n steriele reaksie (gewoonlik net ‘n ge-PRAAT-ery op gebeure wat reeds gebeur het), is “proaktief” ‘n WAARNEMING VAN DIESELFDE GEBEURE en iets DAAD-werkliks daaromtrent DOEN om enige negatiewe effekte daarvan tot ‘n positiewe uitslag te probeer herlei of om te skep."
Bv Rooi Daantjie gewaar Afrikaans word op universiteit benadeel en het baie daaroor te sê, maar doen niks daaromtrent nie (re-aktief). Solidariteit gewaar dieselfde benadelining van Afrikaans op universiteite, en doen iets daaromtrent, nl die opstel van 'n nuwe universiteit vir Afrikaanssprekendes (pro-aktief).
Totdat jy my voorbeelde van Rood Daantjie se pro-aktiewe optredes voorsien, gaan die gesprek tussen ons 'n steriele sirkeldebat wees, wat ek nie in belangstel nie.
Ek vertrek more na Oudtshoorn vir die KKNK-fees, en gaan geensins op enige SêNet briewe kan respondeer totdat ek terugkeer nie, aangesien my daaglikse vol program tot in die laat ure gaan strek.
Jaco
Soos in die verlede druk jy jou kop in die sand nadat jy jouself met jou voet in jou mond diep in 'n hoekie toegeverf het.
Jou hoogdrawende definisies van pro- en reaktief is 'n rookskerm. Die feit is Afriforum het ontstaan as gevolg van Afrikanernood, die ANC het ontstaan as gevolg van hoofsaaklik Engelse onderdrukking, enige vakbond is daar weens die feit dat werkers maklik uitgebuit word en so kan ek aangaan. Max du Preez se aksies was die gevolg van gewaande onregverdigheid deur die ou bedeling en Dan Roodt se handelinge is hoofsaaklik die gevolg van die heksejag op Afrikaans en die Afrikaner.
As jy met pro-aktief inisiatief-neem bedoel is dit 'n ander saak. Dan het Max die inisiatief geneem om 'n weekblad te begin waarin hy en die wat soos hy voel hulle menings kan lug, net soos Dan Roodt 'n organisasie met 'n webblad gestig het (onder andere) waar die stem gehoor kan word van die wat deur die hoofstroommedia gesmoor word.
Jy haal steeds Afriforum aan ten spyte van die feit dat ek vir jou gesê het dis inligting wat ek reeds het. Ek vra jou wat doen Piet Croucamp, Max du Preez en Pierre de Vos byvoorbeeld wat jou idee van 'pro-aktief' sal illustreer sodat ek dit as model kan gebruik maar jy swyg soos die graf. Jy praat net Jaco omdat praat praat is, daar is niks deurdag in jou hele storie nie.
Om die goeie dade van Afriforum aan te haal negeer nie wat Dan Roodt of Steve of Koos Koekemoer doen nie. J M Coetzee, of Marlene van Niekerk, se werk is nie niks werd omdat Moeder Theresa goeie werke doen nie. Afriforum en Dan Roodt se werk is nie onderling uitsluitend nie.
Maar dis goed jy tree uit die gesprek uit want jy weet nie eintlik wat jou redes vir die verguising van Dan Roodt is nie; jy's maar net saam op die bandwagon en sing saam met die verkrampte koortjie (die ontkenners met die oogklappe aan) en kom dan met die grootste klomp twak vorendag wanneer jy vir redes gevra word want jy het geen, jy sing maar net saam.
Jan Rap