SêNet-briewe
Sê jou sê op die Sê! LitNet se vuurwarm brieweblad oor alles en nog wat.
Stuur jou brief aan webvoet@litnet.co.za.
Don’t bite your tongue! Turn up the heat and send us your letters and opinions.
Send letters to webvoet@litnet.co.za.
Plethysmography
2015-04-17 A real jawbreaker! In ’n vorige brief het ek genoem, die onbewustelike blik na verbygaande “straight” aantreklike mans en mooi vroue is ‘n weggee wat die betrokke persoon se seksuele orientasie is. As dit gereeld deur ‘n man eers op ‘n aantreklike man berus, is hy latent of patent gay, indien gereeld eerste op die […]Galileaanse mane
2015-04-17 Die ding laat my dink aan die ou korrelkop oom doer uit Gobabis se omte. Die oom het op groot ouderdom vir die eerste keer die dieretuin besoek waar hy dinge gesien het wat hy nooit kon droom bestaan nie. Die ergste was vir hom die seekoei. Nadat hy vir ure na die snaakse dier […]Oulike program op KykNet
2015-04-17 Ek sien nou die aand ’n uiters interessante program, eerste van ’n reeks genaamd Megaboere. Die boer was ’n ene mnr Karsten van die firma / plaas Kartsenboerdery en die programleier / onderhoudvoerder was prof Piet Croucamp. Natuurlik, met daardie prof in die omgewing moet politiek ingesleep word en dit was toe ook so; hier […]Versigtig nou
2015-04-16 'n Ander se idee van goed en reg, is heel waarskynlik 'n wens vir jou ondergang. CMGays - dis mos "old hat" volgens Dirk Rigter
2015-04-16 My brief oor my indrukke van die KKNK beslaan 11 paragrawe. Dirk sonder twee uit wat hom hewig ontstel, die res ignoreer hy geheel en al, sonder om selfs te noem hoe hy oor die KKNK, soos ek dit uiteengesit het, voel. Sy beswaar was dat ek die seksuele oriëntasie van my vriende in die […]Uitslag: Posisies van Galileaanse mane vir Kobus
2015-04-16 Kobus Ek plaas hieronder die uitslag van my waarnemings oor die posisies van Jupiter en die Galileaanse mane (ligstippels soos jy verkies om na hulle te verwys) op die datums en tye soos wat ek in die voorspellings aangedui het. Hierdie is ’n goeie voorbeeld van ‘die wetenskaplike metode’ deur ’n teorie te stel en […]Verontregting
2015-04-16 Beste Jan Rap, jou brief van 13 April verwys (https://www.litnet.co.za/Article/brief-beelde-woede-en-wraak). Jan, jy stel my sommer aan die begin teleur. Verwys sowaar na “UCT-studente”, ipv UK-studente. Wat die swart verontregting betref: dit word algemeen geglo, dikwels op grond van valse propaganda, dat alles die blankes se skuld is [ek hou nie van die vertaling 'white' = […]Kommentaar op Angus se kommentaar tov Mengeltaal
2015-04-16Jy’s halfpad reg waar jy sê “dis die taalpatriotte wat namens die taal die stryd voer.” Heeltemal reg sou wees “dis sy sprekers wat namens die taal die stryd voer.”
Verskoning aan die Kapenaars
2015-04-14 In die bespreking oor mengeltaal hier het ek te kenne gegee dat, hoofsaaklik die Kapenaars, die belhamels is. Ek vra nederig om verskoning. Ek sien gisteraand ‘n opname van ‘n sangkompetisie, Afrivisie, en die enigste ou wat ordentlik Afrikaans gepraat het was ‘n bruinman, ene Leroy Vers. Die twee wit beoordelaars, ‘n Greeff en ‘n […]Gedagtes oor geluk, uitgebrei
2015-04-14 Die boodskappe en wyshede oor die belangrikheid vir die sinvolle versorging van ons denke in hierdie varse humanitêre wêreld van ons, lê gelap, soos die wingerde in die De Doorns-vallei, op al wat ’n groetekaartjie, traktaaitjie en sosiale webblad is. Gedagtes oor positiewe dink-dinge trek duisende “likes” op ieder en elke prediker van goeie boodskappe […]Beelde, woede en wraak
2015-04-13 Max du Preez was skaars klaar met sy vergoeiliking van die UCT-studente se weersin in, en skending van Rhodes se standbeeld toe stroom die berigte in van ander soortgelyke skendings. Du Preez het probeer beklemtoon dat die SR-voorsitter, wat namens die studente praat, eintlik oulik is; hulle wil nie die beeld breek nie, hulle wil […]KKNK-indrukke
2015-04-13 Ek en vyf gay vriende (Vrystaatse landbou boerekliënte), waarvan twee met vroue en kinders, asook een met sy verloofde van 8 jaar en twee in ‘n 10jaar verhouding met mekaar het in konvooi op 2 April na Oudtshoorn afgesak om die KKNK-fees by te woon. Ons was daar tot 10 April 15. My lewensmaat Wim […]Verduidelikings aan Angus tov mengeltaal
2015-04-13 Beste Angus Jou kommentaar onderaan my brief van 9 deser verwys. P1 Daar is Afrikaanssprekendes, ook Afrikaners, wat beteuterd ten opsigte van taalhandhawing is. Die kanse is nie uitgesluit dat mens ook sulke Engelse, Zoeloes, Duitsers en Armeniërs ten opsigte van húlle tale kry nie. Ook kry mens beteuterdes, van alle nasionaliteite, op allerhande ander […]Intelligente instelling
2015-04-12 Terwyl die geleerdes van die geloof en wetenskap nie eens kan of wil gesprek voer oor dit wat reg is nie, bepaal die regspleging vir hulle wat waar is. CMRobert Gabriel Mugabe
2015-04-12Sy staatsmanskap is wyd en oor verskeie vlakke van die samelewing met groot bewondering gade geslaan en besing.
