Homofobia = homoseksuele selfhaat

  • 10

Kliniese studies het bewys dat mense met homofobiese gevoelens, eintlik self homoseksueles is wat nie hulle homoseksualiteit wil aanvaar nie en dit wil onderdruk deur homoseksueles vir aggressie te teiken.

Is Homophobia associated with Homosexual arousal?

Lees: https://www.psychologytoday.com/files/u47/Henry_et_al.pdf

  • 10

Kommentaar

  • Ek het nie die skakel gelees nie maar wat jy sê is grootliks waar. Ek het al lankal agtergekom dat die oormatig-aggressiewes (teen homo's) later self uit die kassie klim.

    Jan Rap

  • Jaco, ek drentel al sowat 12, 13 jaar op hierdie werf rond en ek weet dat jy elke nou en dan met so 'n guano-storie vorendag kom.

    Kliniese studies het dekades gelede ook bewys dat rook jou geen kwaad doen nie en wat die woord "homofobie" betref, leer tog nou die regte word gebruik, dis homonausia.

    Duitswester

  • Duitswester

    Indien gays jou naar maak, sê dit tog prontuit. Ek het nie 'n pyn daarmee nie, want dan is jy ten minste eerlik, maar "homonausia" asseblieftog! Jy kan seersekerlik beter as dit doen.

    In die sowat ses of sewe jaar wat ek op die Net is, kan ek nie onthou dat jy enigiets oorspronkliks geskryf het nie, behalwe om op ander se werke, net soos Dirk, onbenullige tussenwerpsels te smyt. En wanneer jy 'n stelling maak soos hierbo oor rook, staaf dit tog asseblief met betroubare wetenskaplike bronne, soos wat ek gedoen het, anders het jy prontuit gesê, gelieg!

    'n Subjektiewe tussenwerpsel aan jou kant, maak nie 'n objektiewe wetenskaplike gevolgtrekking ongedaan nie, al hou jy nie van sodanige konklusie nie.

  • Jan Rap

    Dankie vir jou respons hierbo

    Jou getoonde onpartydigheid teenoor gays, asook jou observasie word opreg waardeer.

  • As homoseksueles dan so "normaal" is en dit "nie hul fout" is nie en "so gemaak is" en "nie gekies het " om homoseksueel te wees nie, en as hulle/julle dan kwansuis net jul lewens in vrede wil lei, om watter donnerse redes druk julle in elke plek, groep, organisasie ens in en bulder dat julle homoseksueel is en as iemand nie daarvan hou nie dan beswadder julle daai persoon met bewerings dat hy/hulle self homoseksueel is en dit ontken ?
    Julle dring aan dat almal moet aanvaar en respekteer wie en wat julle is en doen, so verdomp man, ander is ook nie elke dag lus om na jul stories en luister en jul onnatuurlike gedrag te aanskou nie. Maak soos ander mense, beperk jou sekslewe tot waar dit niemand aanstoot gee nie.

    Duitswester

  • Duitswester

    Jou woede en afstootlike taalgebruik word genoteer. (En jy noem jouself 'n Christen, of was dit Israeliet!!)

    Ek het nie hierbo genoem dat gaywees "normaal" is nie, ook nie "eie fout" of "so gemaak" en nie "gekies" soos jy hierbo histeries oor tekere gegaan het nie. Bly kalm man, en bepaal jou kritiek tot wat ek en wetenskaplikes oor die onderwerp werklik gesê het. Jy is nie verplig om my briewe te lees nie, maar daar is ander wat wel my inhoud interesant vind. Moet ek stilbly om net aan jou en 'n paar ander se vooroordeel te voldoen? Wel dit gaan nie gebeur nie. Die feit dat bogenoemde opskrif redaksioneel by koerante en tydskrifte is, is aanduidend in sigself dat daar 'n mark vir sodanige inligting bestaan.

    Nou was jy kalm, objektief en nie bevooroordeeld nie, (kyk na Jan hierbo as voorbeeld) sou jy die verskil tussen HOMOFOBIE en WEERSIN onderskei het. Homofobiese mense het ten doel om gays LEED AAN TE DOEN, hetsy fisies, psigies of finansieël. Weersin in gays en hulle praktyke is normaal binne enige gemeenskap waar dit met hulle lewensuitkyk of godsdiens bots. Solank sodanige persone gays nie leed wil aandoen nie, is hulle nie homofobies nie.

    As voorbeeld: In die skakel wat ek hieronder aangee is 'n voorbeeld van WEERSIN in gays. Die einaars van 'n SA besigheid, weens godsdienstige beskouing was nie bereid om gays op hulle perseel te bedien nie. Daar is geen manier dat hulle as homofobies beskou kan word nie. Ongelukkig vir hulle het SA se konstitusie anders bepaal. In Arisona VSA waar ander wetgewing geld, sou sodanige einaars hul sin gekry het, en steeds nie as homofobies aangesien word nie.

    Godsdiens geen verskoning vir gay diskriminasie nie – S.A. hof uitslag
    http://www.mambaonline.com/2015/04/16/cape-town-court-religion-excuse-discriminate/

  • Chris Dippenaar

    Hello Jaco

    Ek weet nie of ek heeltemal saamstem met jou voorbeeld van "weersin" (die gastehuis) en dat daar geen manier is dat hulle as homofobies beskou kan word nie. Wanneer jy 'n besigheid vir die publiek oopmaak op 'n perseel, is daar 'n ooreenkoms wat jy aangaan met die staat. Hierdie ooreenkoms sluit in belasting om kostes van die staat te dek wat betref die infrastruktuur wat jou besigheid moontlik maak. As die eienaar van die besigheid sê dat hy nie bereid is om gays te bedien nie, is hy in werklikheid besig om vir gays te sê: Dankie vir die belasting wat julle betaal sodat ek my besigheid kan bestuur, maar jammer ek gaan julle nie bedien nie. In my boek is dit homofobies, gays word verseker leed aangedoen.

    Die staat het die volste reg om die ooreenkoms met hierdie besighede te verbreek deur hulle lisensies om besigheid te doen weg te neem. Die wet op godsdiensvryheid in Amerika word misbruik tans en staan in 'n lyn van optredes deur fundamentele Christene waarmee hulle 'n lat sny vir hulle eie gat.

    Chris

  • Chris
    Dankie vir jou respons. Ek glo ons sal maar bly verskil in ons vertolking van wat die verskil tussen homofobie en weersin behels.
    Ek beskou persone wie nie onderliggende emosionele HAAT teenoor gays koester as homofobies nie, maar wel as weersin wat deur hulle godsdiens beïnvloed word.
    Itv die wetenskaplike bevindinge hierbo genoem, is ek seker dat weersinnige persone nie as latente gays getipeer sal word nie, soos die geval met homofobiese persone wel bevind is.
    En ja. Jou voorbeeld mbt die wet op kontrak tussen besigheid en die staat is geldig. Die dat die besigheid moes besluit of hy sy god gehoorsaam gaan wees of die staat. In my voorbeeld het die persone die gesag van die staat hoër as hul god s'n geag, die dat hulle die boete betaal het asook om verskoning gevra het.
    Nogmaals dankie vir jou respons wat 'n ander sy oor die onderwerp uitlig.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top