Skaamteloos

  • 6
Iemand wat weet wat evolusie is, het nie nodig om te maak asof hy nog so dom as sy voorsate is nie.
CM
 
 
  • 6

Kommentaar

  • CM, niemand weet wat evolusie is nie; hulle spekuleer nog maar ...
    Daar is al heelwat vordering gemaak maar daar is nog baie gate in die storie.

    Jan Rap

  • Ek is nie 'n evolusionis nie. Indien ek daaraan sou geglo het, sou ek sê dat daar tans 'n omkeer (reversal) van evolusie is. Die woord evolusie is darem baie naby aan illusie? Laat my wonder.

  • Juis gate vir die wat wil weet want hulle is die mense wat nie dinge klakkeloos aanvaar nie.
    Jan Rap

  • Alles in evolusie kan eksperimenteel en deur navorsing getoets word. So kan dit gebeur dat die evolusieteorie bevestig, verander, of verkeerd bewys word.

    Wat maak ons nou met bome en slang wat praat en ribbebene wat in mooi vrouens verander? Ons mag dit nie toets nie, want dit behoort tot die mitologie.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top