Verskoning aan die Kapenaars

  • 0

In die bespreking oor mengeltaal hier het ek te kenne gegee dat, hoofsaaklik die Kapenaars, die belhamels is. Ek vra nederig om verskoning.

Ek sien gisteraand ‘n opname van ‘n sangkompetisie, Afrivisie, en die enigste ou wat ordentlik Afrikaans gepraat het was ‘n bruinman, ene Leroy Vers. Die twee wit beoordelaars, ‘n Greeff en ‘n Niemann/Nieman/Niemand het nou vir jou volgens my die kakste Afrikaans denkbaar gepraat. Die derde beoordelaar was ene Luyiso; Engelssprekend geklink maar selfs sy Afrikaans was suiwerder as sy kollegas s’n.

Dieselfde wat betref die deelnemers (insluitende Leroy se sangmaat/videovervanging of iets), dit was nou regtig lelike, geradbraakte, Engelsgatlekkende taal. Dit kan nie Afrikaans genoem word nie, dit was Engfrikaans of Afrengels. Afstootlik.

So, weer eens Kapenaars, my apologie. Die enigste ou wat ordentlike Afrikaans gepraat het, Leroy, was heel waarskynlik ‘n Kapenaar.

Jan Rap

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top