Dirk, ek verwys na die volgende stelling in jou kommentaar onderaan Helmine se brief Holruggeryde goeters: “Die Afrikaners het in die staatsdiens of die spoorweë gaan werk. Natuurlik was daar Afrikaner-nyweraars wat 'n groot rol gespeel het, maar om die land se ontwikkeling aan hulle alleen toe te sê is net nie waar nie.”
Die mynbase en/of -eienaars het swart arbeid vanuit buurstate ingevoer – goedkoper arbeid as die plaaslike – en in hostels gevestig onder meestal haglike toestande. Onrus en geweld, weens die ontoereikende woontoestande en die feit dat verskillende nasies bymekaar gegooi is, het dikwels opgevlam en wanneer die polisie ingeroep word om dinge weer onder bedwang te bring verskyn die foto’s daarvan in die pers met die boodskap: ‘Rassegeweld in SA weens die nare beleid van die Afrikaner’. Meanwhile back at the ranch ...
Jy reken ook dat, om die land se ontwikkeling aan die Afrikaner “alleen toe te sê is net nie waar nie.” Miskien nie, maar een ding is duidelik, daar is ‘n duidelike korrelasie tussen die uitskuif van die Afrikaner en die jammerlike agteruitgang van die land. Ek het dit al gesê, skertsenderwys, want ek kan nou natuurlik nie beweer dat dit net Afrikaners is wat kan regeer nie.
Dit ís egter so dat, toe die Afrikaner uit die spoorweë en staatsdiens gedruk is (juis die plekke waar jy sê hule gewerk het), het dié plekke rampspoedig verval. En nie net die spoorweë en die staatsdiens nie (soos hospitaaldienste, openbare werke en gevangeniswese onder andere), maar ook semi-staatsinstansies soos die WNNR, die Buro vir Standaarde en Eskom asook die munisipaliteite. Wat reken jy kan die rede wees?
Wat my bring by my volgende punt: Met verwysing na die verval hierbo genoem, die misdaad en aanvalle op plase, die omkopery, die skend van standbeelde, trouens, sommer die hele sirkus – ons het julle mos gesê!
Jan Rap

