Snaaksie

  • 8

Ek luister/kyk nou die aand na die nuus op die Afrikaanse kanaal. Die nuusleser lees van die nudistestrand wat aan Kwazulu-Natal se kus geopen of goedgekeur is. Sy lees toe voorts dat die nudistestrand ook toevallig 'n voëlkykersreservaat is.

Ek kon niet my eigere ore geloven. Ek dog toe dit is heel pittig.

Reusedwerg

  • 8

Kommentaar

  • Beste Reusedwerg,

    Jy moet kom kyk; bring jou verkyker of liewer jou teleskoop saam. Dis nie net 'n voëlkykersreservaat nie, dis 'n Paradys vir voëls. Hier het 'n hele spul nuwes ingetrek, maar ek dink dis die poelpetate wat die meeste aandag geniet. Oral sien jy nou dikkoppe, kuifkoppe, bloubekke, geelbekke, kort en langsterte, visvangers, dikbekke, hamerkoppe, koekoeke, kolpensies, miksterte, lepelaars, meitjies, mooimeisies, nimmersatte, slangverklikkers, spekvreters, stompsterte, wipsterte, wulpe, ag te veel om van op te noem.

    Groete,
    Angus

  • Hulle kyk seker net seevoëls. Weet ook nie. Dit hang seker af, oeps, dis dalk die verkeerde uitdrukking hier.

  • Angus. Daar is gelukkig 'n moerse groot verskil tussen 'n paradys en voëlkykreservaat. Kom ons dank vir daardie verskilletjie.

  • Wil jy nie asseblief vir ons verduidelik wat die verskil tussen 'n paradys en 'n voëlkykreservaat is nie, Reusedwerg?
    Maya

  • Maya, jou grapjas. So gaan jy nie vir my vang nie. Daar is 'n moerse groot verskil, en dankie tog vir die verskil.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top