Vir Crito

  • 0

 Crito skryf vandeesweek op LitNet (http://blogs.litnet.co.za/crito):

Joan Hambidge bespreek Boomkastele, deur Schalk Schoombie. (Rapport Boeke)
Daar het ’n element van noodwendigheid by die resensies van Joan Hambidge ingekruip. Jy verwag die tematiese uitpak van alles wat die werk onder bespreking aansny, jy verwag die kontekstualisering, jy verwag die teoretiese skakels – en jy kry dit. Sy is baie deeglik daarmee. Dit gebeur egter ook dat sy soms iets laat verbygly. Sy verwys hier in die verbygaan na ’n karakter genaamd Hannes Moerdyk. Só ’n van val binne ’n Suid-Afrikaanse konteks jou dadelik op – dit skep onmiddellik ’n verband met die argitek van die Voortrekker-monument en talle ander bekende openbare en kerkgeboue. Te oordeel na die aard van die roman wat sy hier beskryf, sou die outeur daardie van met opset gebruik het, en mens kan (praat van verwagting!) sekerlik gedink het Hambidge sou dit vir die koerantlesers uitgepluis het.

 Volgens my was Gerard Leendert Moerdijk, ook Gerard Moerdyk, die argitek van die Voortrekkermonument.

 Dit is werklik nie die plig van ‘n resensent om elke verwysing of (toevallige) toespeling op te klaar nie. So skep ons lui lesers in Afrikaans.

 ‘n Mens wonder of Crito die roman gelees het …

 Verder wil ek die gerug dat ek Crito sou wees volgens Facebook-skrywers in die openbaar ontken.

 Joan Hambidge

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top