Die sage met Skoonpa vervolg

  • 3

Soos in 'n vorige brief geskryf is skoonpa al oor die taggentag. Skoonpa bly in 'n aftree-oord. Ek weet nie of dit 'n nuwe woord is vir aftree na die graf of die "frailcare" afdeling nie. Ewenwel skoonpa is nog aan die gang en op volle sterkte.  Al klagte wat hy het is dat sy nuwe titanium-knieë pla hom. Sy vrinne kla hy dra nog steeds nie die bosluisie nie (R10 000 gehoor-apparaat) Hy en ander met een of ander vervanging is op my lys van potensiële "skenkers" sodra hulle hul koppe neersit. Ek gaan dan die onderdele oes om te smelt en te verkoop. Titanium is toe ek laas kon vasstel so $4 000 per kilogram.

Hy is een van omtrent agt mans tussen sowat sewe en dertig dames. Van die mans is daar twee in rolstoele. Hy en sy pel is die enigste twee wat nog los op die hoewe is en die res is getroud.

Ek kry nou die dag onverwags 'n oproep van vrou. Kan ek deur die dag 'n draai by 'n selfoonwinkel maak en kyk wat kos die goedkoopste selfone. Skoonpa se foon het opgepak. Hy het een van sy vriendinne met wie hy Dinsdae saam tee drink gebel en die foon wil nie werk nie. Die foon is moeg. Die volgende dag vat ons die nuwe foon na hom toe. Voordat ek die simkaart in die nuwe foon sit "toets" ek toe die moeg foon. Druk die nommers om te kyk hoeveel lugtyd in die foon is. Jou wragtig die lugtyd is op, klaar finished pelile finito.

 Skoonpa is soos brak wat betrap is. Hoe moet hy nou weet.

Reusedwerg

 

  • 3

Kommentaar

  • George Bekker

    Ja Reusedwerg, vandag is taggentag ook nie meer rêrig oud nie - hy moet wag vir agt- en-taggentag. Bly dat jy jou skoonpa waardeer, maar is jy nie ook 'n bietjie jaloers nie?

  • Ek was verlede maand in die hospitaal vir 'n volledige knievervanging aan regterkant. Het die nag daar geslaap, die volgende oggend sê ek vir die sjirurg ek sukkel om my longe oop te kry. (Ek kry ook asma en emfiseem.) Net daar en dan kanselleer hy die operasie, sê die risiko is te groot, ek kan in intensiewesorg beland op 'n ventilator en hoe kry hulle my dan daar uit. Ek was natuurlik teleurgesteld.
    Hier maak hulle groot gewag van so 'n operasie. 'n Week voor die tyd moes ek elke dag kaal in die badkamer sit en my insmeer met 'n ontsmettingsseep, dan in die bad klim en dit afwas. Die oggend voor die operasie gee hulle my weer so 'n botteltjie en sê ek moet dit in die badkamer gaan doen, wat toe nie gebeur het nie.
    Die seep is om ernstige infeksies te voorkom.
    Hulle het ook vir my spesiale kouse laat maak om diep-aartrombose te help voorkom. (Dit kos amper R400.)
    In die dae voor ek hospitaal toe is, is talle labtoetse gedoen. 'n Internis het deur ondersoek en labtoetse tóe al bevind ek is 'n hoë risiko: obees, onfiks, emfiseem, loop stadig sleepvoet op die trapmeul. (Het amper die woord 'trapmeul' vergeet, wou toe vir Jan Rap vra of ek maar die Engels mag gebruik.)
    Die sjirurg het ook 'n aantal toetse laat doen by 'n ander lab. Dit het ingesluit deppers van my keel, neus en die stuk aarde tussen my skrotum en anus. (Laasgenoemde moes ek self doen.)
    Wel, toe betaal die mediese fonds nie vir alles nie. Ek moes al amper R2000 uit my eie sak betaal! En ek het nie eens die operasie gehad nie.
    Die sjirurg het toe daai oggend die internis weer laat kom en hy sit my daar op ander behandeling vir die asma. Na drie weke moes ek die sjirurg bel en hy veronderstel toe bloot my longe moet nou beter wees en wou my 'n ander operasiedatum gee. Ek het dit van die hand gewys. Niemand het my ondersoek nie en ek is nou skoon bang vir die operasie, dit lyk my na 'n gevaarlike besigheid.
    Varkspek

  • Ek is nie naby sy ouderdom nie. Ek het hom al betrap as een van die dogters in die nabyheid is, is hy half "beteuterd" , maar laat daar 'n ander vroumens verbystap is daar ewe skielik 'n huppel in die stap.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top