Die liefde vir Jesus

  • 14

Hierdie brief vervolg op FC Boot  se verskeie kommentare, sien:

https://www.litnet.co.za/brief-gays-dis-mos-old-hat-volgens-dirk-rigter/#comment-16600

 Ons FC Boot het in die verlede verskeie kere te kenne gegee die Bybel is NIE die WOORD van God nie en is deur verskeie skrywers geskryf wat, of hul eie stories gefabriseer het, soos die skeppingsverhaal ten tye van die Babiloniese ballingskap, of is onbetroubaar weens gebeure wat vele jare na sodanige gebeurtenis eers op skrif gestel is.  As voorbeeld volgens hom, kon Jesus glad nie gesê het dat Moses oor Hom GESKRYF het nie, want weereens volgens FC het Moses nooit geskryf nie, en dat alles wat aan Moses toegeskryf word, honderde jare na Moses se dood eers op skrif geboekstaaf is.

 Verwarrend nè.  Wel dit is ons FC se probleem!

 Dan skryf hy van die Onsigbare God, en om die konsep te staaf, kwoteer hy Moses  in Exodus 33:18-23.  Nou kan jy dit meer!  Moses volgens hom hierbo het dit nie geskryf nie, maar wel onbekendes in Babilon, en dan kwoteer hy Moses asof God wel gespreek het, en nie die Babiloniese Joodse skrywers nie.  Groot weersprekings nè!

 Toe vat hy die koek!  Waar Jesus in Joh. 14:7,9 vanuit sy eie mond sê dat diegene wat Jesus sien, sien die Vader, wil hy dit laat voorkom dat Jesus verwar is waaroor Hy gepraat het, en sien ’n analoog van Afrikaner Apartheid in sodanige tekste!   Al wat ek kan se is WOW!!

 Joh 14:7 As julle my KEN, sal julle my Vader ook ken, en van nou af ken julle Hom en SIEN julle hom.
Joh 14:9 Wie My sien, SIEN die Vader ... glo jy nie ek is in die Vader en die Vader in my nie?

 Vir FC is die Vader onsigbaar ...

 “Opregte CHRISTENE wat ek (Jaco) ken sal nooit van ‘n “Onsigbare God” praat nie. Hulle ken hulle God, het gemeenskap met Hom, loop elke dag saam met Hom, en gewaar Hom in hul lewens.” 

 “Wie My nie liefhet nie, neem My woorde nie ter harte nie ... : Joh. 14:24.  As gevolg van al FC se tjol, is dit te betwyfel hy het Jesus lief, want hy aanvaar nie die woorde wat vanuit Jesus se mond kom nie.

 

  • 14

Kommentaar

  • Angus

    Nou wat wil jy my eintlik vra, of wat oorbluf jou dat jy net met ????? respondeer.

    Soos jy my teen die tyd ken, skroom ek vir niks weg nie, en vrees veral nie om vrae te beantwoord nie.

  • Beste Jaco
    Ek het eers gewonder of dit die moeite werd is om weereens op jou snert te antwoord, want nie alleen is jy ’n meester verdraaier van woorde nie, maar ’n verkragter van formaat van die Evangelie.
    Ek sê elke dag dankie dat jy nooit ’n dominee geword het nie en op die kansel beland het.
    Jy sit met dieselfde probleem as alle ander ateïste nl Jy is besig net die vermensliking van Jesus en trek Hom dan af tot op die vlak van gewone menswees.
    Die volgende is ’n uittreksel uit: Alle Paaie lei na Jesus: Jesus Christus – Adrio König
    4.12 Jesus Christus
    4.12.1 Skepper
    “Daar het ’n baie algemene oortuiging onder Christene posgevat dat Jesus “net die Skeppingsmiddelaar is”. Dit sou dan iets minder beteken as Skepper. Hy sou maar net die instrument wees deur Wie God alles geskep het, sodat net God die Vader die Skepper in eintlike sin is.
    Dit is egter nie die volle verhaal nie. Christus word bely as Skepper op presies dieselfde vlak as die Vader. In Johannes 1:1-3 verwys Johannes doelbewus terug na Genesis 1 waar God die Skepper is.
    Maar Johannes pas dit direk op die Woord toe. En hy beklemtoon dat Hy Skepper is: “Alles het deur Hom tot stand gekom; ja, nie een enkele ding wat bestaan, het sonder Hom tot stand gekom nie.” Verder aan in dieselfde lied herhaal hy dit: “die wêreld het deur Hom tot stand gekom” (1:10).
    Ook Paulus plaas Hom langs die Vader in sy belydenis: “Een God: die Vader, uit wie alles is … en een Here: Jesus Christus, deur wie alles bestaan” (1 Kor 8:6). In Openbaring 3:14 is ’n effens moeiliker uitspraak. Vroeër is vertaal dat Jesus “die begin van die skepping van God” is. Die Grieks verwys egter skynbaar na ’n veroorsakende begin sodat ’n mens kan vertaal: “Die Een wat die skepping begin het” of “die Oorsprong van die skepping” (NLV). Dit is ook wat ons in Kolossense 1:16 kry: “Want in Hom is alle dinge geskape … alle dinge is deur Hom en tot Hom geskape” (1953).
    Jesus Christus was dus voor die begin daar.
    In die wetenskap word die begin dikwels soos volg omskryf aan die hand van die Oerknalteorie.
    “Big Bang Theory - The Premise
    The Big Bang theory is an effort to explain what happened at the very beginning of our universe. Discoveries in astronomy and physics have shown beyond a reasonable doubt that our universe did in fact have a beginning. Prior to that moment there was nothing; during and after that moment there was something: our universe. The big bang theory is an effort to explain what happened during and after that moment.
    According to the standard theory, our universe sprang into existence as "singularity" around 13.7 billion years ago. What is a "singularity" and where does it come from? Well, to be honest, we don't know for sure. Singularities are zones which defy our current understanding of physics. They are thought to exist at the core of "black holes." Black holes are areas of intense gravitational pressure. The pressure is thought to be so intense that finite matter is actually squished into infinite density (a mathematical concept which truly boggles the mind). These zones of infinite density are called "singularities." Our universe is thought to have begun as an infinitesimally small, infinitely hot, infinitely dense, something - a singularity. Where did it come from? We don't know. Why did it appear? We don't know.
    After its initial appearance, it apparently inflated (the "Big Bang"), expanded and cooled, going from very, very small and very, very hot, to the size and temperature of our current universe. It continues to expand and cool to this day and we are inside of it: incredible creatures living on a unique planet, circling a beautiful star clustered together with several hundred billion other stars in a galaxy soaring through the cosmos, all of which is inside of an expanding universe that began as an infinitesimal singularity which appeared out of nowhere for reasons unknown. This is the Big Bang theory."
    Hierdie enkelvoud was dus teenwoordig in ’n ander dimensie. Dit is die dimensie waarin die OORSAAK (GOD in Joodse en Christelike Bybeluitleg) altyd teenwoordig is. Dit is ’n dimensie wat ons nie kan betree nie en waarheen Jesus na sy opstanding vertrek het.
    Laat ek dit so vir jou stel, die mens sal in die toekoms aandrywingstelsels en ruimtevoertuie ontwikkel wat hom in staat sal stel om die ruimtes te verken op ongehoorde skaal maar sal nooit die dimensie kan betree wat voor die Oerknal bestaan het en nou nog bestaan.
    Daarom sê Jesus dan ook dat Hy gaan na ’n plek waar sy dissipels nie kan gaan nie.
    Niemand het die OORSAAK van die Oerknal ook aanskou nie en is daar ook geen verduideliking voor nie.
    Jy fouteer dus met jou vertolking. Niemand het GOD gesien nie. Wat op aarde tussen ons kom woon het vir ’n kort oomblik op ’n onverklaarbare wyse is Jesus 'GOD' in ’n menslike liggaam - volkome 'GOD' en volkome mens.
    In die Boodskap lees ’n mens dat die ‘mens iets van God’ in hom het. Dit is egter anders met Jesus. In hom funksioneer 'GOD' ten volle en word geopenbaar in die wonderwerke wat Jesus verrig.
    Dit is egter Jesus die mens wat uiteindelik aan die kruis sterwe en deur ' GOD' wat binne in hom is die dood oorwin en opstaan in ’n nuwe gelykvormige maar onsterflike 'menslike' liggaam.
    Vir wie moet ons nou lief wees? Vir Jesus die sterflike mens of die opgestane Jesus deur wie ons ,as ons sy werk gelowig aanvaar ook deel van die nuwe koninkryk sal word. Jesus het opgevaar na ’n dimensie onbereikbaar vir mense en in sy plek is:
    Johannes 14:
    16 Ek sal die Vader vra, en Hy sal vir julle 'n ander Voorspraak stuur om vir ewig by julle te wees,
    17 naamlik die Gees van die waarheid. Die wêreld kan Hom nie ontvang nie, omdat hulle Hom nie sien en Hom nie ken nie. Maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees."
    Dit is dus die Heilige Gees wat binne ons moet werk en oortuig want oortuiging kom nie uit ons self nie maar is ’n genadegawe van God deur die werking van die Heilige Gees.
    Het jy al Christus gesien? As jy het sal jy nie in jou onnatuurlike seksuele lewe bly volhard nie.
    Laat dit met jou goed.

  • FC Boot
    Jy is ’n meester bontspringer van formaat. Deurgans ontduik jy die kern van die onderwerp en wei uit oor alle onbenullighede wat niks met die onderwerp onder bespreking te doen het nie, soos hierbo.
    It isn't that you just don’t get it, it is that you just don’t want to get it.
    My argumente met jou in opsomming is die volgende:
    1. Die Bybel is die BRON (oorsprong) van al die duisende Christen-denominasies. Het die Bybel nooit bestaan nie, was daar nie ’n enkele Christen-sekte vandag nie.
    2. Alles wat Christene aanhaal wat hulle beweer God gespreek het, haal hulle aan vanuit die Bybel. Nou indien beweer word dat God sodanige aanhalings gespreek het, kan tereg gesê word dat die Bybel die WOORD van God is, en wat sodanige WOORD onfeilbaar maak.
    In jou geval het jy te kenne gegee die Bybel is NIE die WOORD van God nie, maar die skrifte van merendeels onbekende skrywers wat of sekere stories soos die skeppingsverhaal gefabriseer het, of wat na vele jare, as gevolg van swak geheue, in baie gevalle gebeurtenisse foutiewelik in die betrokke boek weergee het, ten gevolg dat groot dele van die Bybel te bevraagteken is. (Hoeveel kere het ek hierdie nie vir jou herhaal nie, sonder dat jy dit ooit ontken het?). In sodanige geval bly my vraag: Indien die Bybel nie die WOORD van God vir jou is nie, wat dan is die BRON van jou geloof? Hoe kan jy dan beweer daar is ’n God wanneer jou kennis van God die Bybel is, die einste Bybel wat vir jou NIE die WOORD van God is nie?
    Ek het nie ’n pyn dat die Bybel nie die WOORD van God vir jou is nie, maar ek vra myself af hoe kan jy steeds jouself as Christen beskou sonder enige alternatiewe BRON om op Christelikheid aanspraak te kan maak?
    Kobus beskou die Bybel as die WOORD van God, en glo volkome dat alles wat daarin is, God se openbaring is en kan tereg, in terme van sy geloof, my homoseksualiteit verkwalik. Jy kan nie, want enigiets wat jy vanuit die Bybel aanhaal sê ek vir jou jy praat bog, en is tweegesig, want waar dit jou pas, dan kwoteer jy die Bybel asof God gespreek het, te wete Hy het dit nie gespreek nie volgens jou eie kriteria.
    Die Bybel en ewolusie is glad nêrens met mekaar versoenbaar nie. Jy is ’n aanhanger van ewolusie en kan geensins die twee met mekaar vereenselwig nie.
    Jy en Angus is basies eenders. Beide hy en jy verwerp die Bybel as die WOORD van God. Altwee van julle is aanhangers van ewolusie. Hy is ten minste eerlik met homself in die sin dat hy homself nie as ’n Christen beskou nie, maar jy wel, en weereens die vraag, op sterkte waarvan?
    Waar dit jou pas kwoteer jy die Bybel, die skeppingsverhaal nogal wat jy as gefabriseerd beskou, om te sê God het manlike en vroulike in alle spesies vir ’n doel gemaak, om my homoseksualiteit as onnatuurlik te beskryf. Dit wil voorkom dat die ewolusiesy van seksualiteit jou nou heeltemal ontgaan, wat ’n ander storie weergee, veral dat manlike en vroulike geslag van seksualiteit nie by alle spesies voorkom nie.
    http://en.wikipedia.org/wiki/Evolution_of_sexual_reproduction
    Dat anale penetrasie nie in diere voorkom nie is ’n mite. Sien die volgende skakel waar ’n reun ’n ander reun penetreer, terwyl die ontvanger sy ereksie in die proses ook behou.
    https://www.youtube.com/watch?v=OnM_JLi8E_4
    Nee wat FC. Jy yl teen die natuur met jou tweegesig Bybel-aanhalings.

  • Homoseksualiteit is FEITLIK onder insekte, reptiele, voëls, land- en seediere opgeteken. Net in die menslike spesie word homofobie alleenlik ondervang, meerendeels te wyte aan die invloed van godsdiens.

  • Beste Jaco

    Jy is so deurmekaar en verstaan geen snars van wat ek jou aan die verstand probeer bring nie.
    Kyk nou wat se nonsens jy praat. Jy sê: “1. Die Bybel is die BRON (oorsprong) van al die duisende Christen-denominasies. Het die Bybel nooit bestaan nie, was daar nie ’n enkele Christen-sekte vandag nie.”

    Dit is natuurlik absolute nonsens. Wat jy probeer sê is dat as Christus nooit vanuit die dimensie wat bestaan het voor die Oerknalverskyn het op aarde in die vorm van ’n mens, sou daar nooit Christene en Christelike geloof gewees het nie. Want Christene is volgelinge van Christus.

    Dit is so goed asof jy lesers probeer oortuig dat daar Afrikane (waar die mens sy oorsprong het) kan wees sonder dat die Afrika-kontinent ooit bestaan het. Sonder Christus sou die ou Testament nog steeds bestaan en die Joodse geloof gefloreer het. Of probeer jy sê dat die ou Testament nie deel van die Bybel is nie?

    Jy ken nog steeds nie die verskil tussen Direct en Indirect speech nie. Nou hier is vir jou ’n lekker uitdaging. Haal vir my met die uitsondering van die 10 gebooie enige teks uit die Bybel aan wat nie reported speech (Rapportering deur mense oor wat God aan hulle geopenbaar en Jesus gesê het) en jy het dalk ’n saak.

    Nou het ek jou al soveel spreekwoordelike klappe gegee dat jou neus en lippies al figuurlik bloei en jou ore suis, maar steeds verstaan jy nog niks wat ek jou aan die verstand probeer bring het.

    Jy praat twak dat ek die Bybel verwerp .Het jy dan nooit geleer dat die Bybel God se gesaghebbende openbaring is nie? Daarom is die Jodedom, Christendom en Islam al drie openbaringsgodsdienste.

    As Christen sê ek dus God het Hom deur Jesus Christus aan die aan die mense geopenbaar. Jy verstaan ook nie as ek vir jou sê dat mense gelowig word binne die kennisbron van hul tyd. Die mense wat die versoeningswerk van Jesus Christus gelowig aanvaar het, maar geglo en geleer is dat die aarde plat is, is ook gered al was hul vas oortuig dat die aarde die middelpunt van die heelal was.

    Nou moet jy mooi luister - jy kan nie op grond van die Bybel die evolusieteorie as waar of onwaar bewys nie. Dit is nie die doel van die Bybel nie.

    God is tydloos en tyd en metode speel geen rol in die skepping nie. Die Bybel leer dat daar ’n skeppingsorde was, want God is God van orde en nie van wanorde soos jou gedagtes oor die onderwerp nie.

    Jy sê jy was op Universiteit en het vir dominee geswot. Dan het jy gesit en slaap want Genesis 1 vers 27 stel dit duidelik God het toe die mens gemaak. En die mens het iets van God in hom gehad. God het ’n man en ’n vrou gemaak.

    Nou waarom dink jy het die skrywers dit goed gedink om spesiaal melding van manlik en vroulik te maak by die skepping van die mens? En dan die terselfdertyd die hiërargie van wie heers oor wat asook ’n opdrag opskrif te stel.
    Jy probeer verniet iets goed te praat en manlik en vroulik weg te praat, want in jou Bybel (as jy nog een het) is Genesis 1 vers 28 doodgetrek:
    “God het hulle geseën en vir hulle gesê: "Wees vrugbaar en kry baie kinders so baie dat julle oor die hele aarde sal bly." (Kan jy teen hierdie tyd al sien dat dit ook Reported speech is?) Bybelskrywers rapporteer en skryf wat God gesê het – soos dit aan hulle onder inspirasie van die Heilige Gees geopenbaar is.)

    Jy en Kobus glo op grond van dit wat julle in die Bybel lees in ’n kits God met ’n kitsskepping asof God tydgebonde is en as Hy nie aan die tydskedule voldoen nie daar geen skepping kan wees nie.

    So het jy en jou mede-ateïste God tot op die vlak van menslike denke en bestaan verlaag. Hoe dwaas is so ’n siening nie!

    Nou gaan jy verder en verlaag jou tot op die vlak van die dier. Diere handel volgens instink en oerdrang en het geen gewete nie. As jy die Bybel in die opsig verwerp behoort jy op grond van mediese kennis en die skakels wat ek al in die verlede verskaf het, teen die tyd te besef dat jy ’n uiters gevaarlike seksuele praktyk beoefen, want die anus is ’n uitskeidingsorgaan spesiaal vir die verwydering van afvalstowwe.

    Jy het nog niemand (behalwe jou deelgenote) oortuig dat jou siening korrek is, want dit is van alle substansie ontbloot.

    Laat dit met jou goed gaan.

  • FC Boot
    Ek skryf: Het die Bybel nooit bestaan nie, was daar nie ’n enkele Christen-sekte vandag nie. Jy antwoord "DIT IS ABSOLUUT NONSENS …” dan wei jy uit oor die oerknal as jou sogenaamde bewys dat Christene sou bestaan het selfs sonder die Bybel. Nou waar vind jy dat oerknal wetenskaplikes hierdie snert van jou wetenskaplik ondersteun? Bewys hierdie stelling met wetenskaplike aanhalings asseblief. Jy is nie net verward en deurmekaar nie, maar ook oneerlik in hoe jy beide die Bybel asook die oerknal wetenskap misbruik om jou eiesinnige weersprekende godsdiens te regverdig, sonder enige kredietwaardige bewyse beide kante toe nie.
    Jy se: “Jy (Jaco) ken nog steeds nie die verskil tussen “Direct en Indirect speech nie”. Maar soos vele kere in vorige response probeer ek in jou kranium laat deurskemer, blykbaar sonder sukses dat ek weet presies wat die verskil tussen die twee is. Wat jy blykbaar nie kan of nie wil verstaan nie is dat dit nie oor “Direct of Indirect speech” gaan nie, maar oor die feit dat jy NIE die Bybel as die WOORD van God aanvaar nie, hetsy in “Direct of Indirect speech” formaat. Jy definieer "Indirect speech” as “reported speech” en sê: “Rapportering deur mense oor wat God aan hulle geopenbaar en Jesus gesê het” Presies!! Volgens jou rapporteer onbekende Babiloniese Jode dat God aan Moses die skeppingsverhaal uitgelig het, welke skeppingsverhaal jy nie aanvaar nie, tog vele male vir eie gerief sal kwoteer waar dit jou pas. Dan die Nuwe Testament-voorbeelde van “reported speech” waar Johannes Jesus kwoteer deur te skryf: “Moses het van My GESKRYWE”, wat jy beweer onmoontlik is omrede Moses volgens jou niks geskryf het nie. Verder waar gerapporteer word dat Jesus gesê het, “wanneer julle My sien, SIEN julle die Vader”, waar jy intimeer dat Jesus eintlik bog praat, want volgens jou weens die feit die twee aparte entiteite is, is dit onmoontlik.
    Hier is vir jou ook ’n analoog, gesien jy so lief daarvoor is: Die generaal sê vir die brigadier dat die troepe op ’n gegewe datum na ’n ander bestemming moet verhuis. In sy kantoor skryf die brigadier neer wat die generaal gesê het (reported speech), maak afskrifte daarvan en gee dit oor aan die verskeie kommandante van verskeie eenhede vir uitvoering. Hierdie dokument (reported speech) vorm die WOORD en gesag van die generaal. Niemand in die weermag sal die generaal se WOORD (opdrag) durf bevraagteken nie.
    Jy sê hierbo: “Het jy dan nooit geleer dat die Bybel God se gesaghebbende openbaring is nie?” WOW, dis iets nuuts van jou!! Dan hoekom bevraagteken jy God se openbaring mbt die skeppingsverhaal? Hoekom bevraagteken jy Jesus kon nie gesê het “Moses het van My GESKRYWE” wanneer volgens jou Moses nie kon geskryf het nie! En nog vele ander voorbeelde van die verlede - te min spasie hiervoor. Jy weerspreek jouself soveel male deur te sê die Bybel (God) sê so en so; en dan by ander geleenthede, so en so kon nie gebeur het nie (die aantal mense in die Sinai-trek as voorbeeld); so en so is nie juis nie want “reported speech” is te vele jare later opgeteken, dus foutiewelik opgeteken. En dan wil jy nog voorgee van “gesaghebbende openbaring” hierbo? Ai ja nee!
    Jy kwoteer Gen, die skeppingsverhaal wat jy nie glo nie: "… want Genesis 1 vers 27 stel dit duidelik God het toe die mens gemaak. En die mens het iets van God in hom gehad. God het ’n man en ’n vrou gemaak”. Dan wei jy uit oor die orde van die skepping soos in Gen beskryf. Hoe nou?! Jy ondersteun ook die ewolusieleer mbt tot die ewolusie van die menslike spesie. Hoe kry jy dan die kloutjie by die oor beet om beide Genesis asook ewolusie vir dieselfde onderwerp te kwoteer? Magtig mens! Wat gaan aan met jou? Het jy dan nie die skakel gelees wat ek aangegee het oor die ewolusie van seks wat heelwat verskil oor jou begrip van wat jy hierbo die orde van die skeppingsverhaal aangee!
    Wensdenkery aan jou kant jy het my bloedneus in jou vorige respons geslaan. Jy bly steeds ’n “rookie”, oor die onderwerp wat hard probeer om met manne van formaat jou skoene te probeer volstaan. Ek twyfel sterk jy gaan dit ooit regkry.

  • Beste Lesers
    Dit is tyd om Jaco se leuens vir eens en vir altyd te ontmasker, want ek het hom genoeg tou gegee om homself mee op te hang wat hy inderdaad nou gedoen het.
    Kyk nou net na die leuens wat die mannetjie getrou aan die taktiek van die vader van alle leuens navolg deur net na sy inleidende paragraaf te kyk:Ons FC Boot het in die verlede verskeie kere te kenne gegee die Bybel is NIE die WOORD van God nie en is deur verskeie skrywers geskryf wat, of hul eie stories gefabriseer het, soos die skeppingsverhaal ten tye van die Babiloniese ballingskap, of is onbetroubaar weens gebeure wat vele jare na sodanige gebeurtenis eers op skrif gestel is. As voorbeeld volgens hom, kon Jesus glad nie gesê het dat Moses oor Hom GESKRYF het nie, want weereens volgens FC het Moses nooit geskryf nie, en dat alles wat aan Moses toegeskryf word, honderde jare na Moses se dood eers op skrif geboekstaaf is.”

    Hy begin sommer met ’n leuen omdat hy nie die verskil ken tussen die begrippe in engels van ‘Direct' en ‘Reported speech’ nie en dan hom daarop beroem dat hy vir predikant geswot het.

    Ook weet hy nie wat die ‘Woord van God’ beteken nie en gebruik die begrip totaal uit verband. Daar word na die Bybel verwys as die ‘Woord van God’ omdat (met erkenning aan Coen Slabber):

    1.Christus sentraal staan in die skrif.
    “Die Bybel het ‘n storie en hierdie storie het ‘n punt. Sentraal in die storie en boodskap van die Skrif staan Jesus Christus – veral sy dood en opstanding. Alles lei hierheen of vloei hieruit voort. Maar toe die tyd wat God daarvoor bepaal het, aangebreek het, het Hy sy Seun gestuur (Galasiërs 4:4). Die hele Ou Testamentiese verhaal is aan ons gegee sodat ons kan verstaan wie Jesus Christus is en hoekom ons Hom nodig het.

    “Die Ou Testament berei die weg vir Jesus Christus se koms voor; die evangelies beskryf die gebeure van sy koms; die Nuwe Testamentiese briewe verduidelik die betekenis van sy koms.”

    2.Jesus staan sentraal in die verkondiging van die Boodskap van God. Dit bou ‘n brug tussen die wêreld van die Bybel en die luisteraar wat in ‘n ander wêreld lewe.

    “Baie mense is geestelik honger, maar het geen ware kennis van God of die toestand van die mens nie. Daarom is hulle totaal onbewus van wat God in hulle lewens kan doen. Ons sal nooit mense van die waarde van die kruis kan oortuig as ons hulle nie kan oortuig dat die Bybel se ontleding van die mens korrek is nie. Die probleem is dat ons mense met Christus wil konfronteer, maar hulle wil nie hoor nie. Vandag se mense het baie behoeftes, maar die noodsaaklikheid van ‘n Verlosser van sonde is nie een van hulle nie. Sonde maak ons blind vir ons eie toestand. Sonder ware selfkennis maak die evangelie geen sin nie.

    3.Verkondig God se voorsiening in Christus
    Selfkennis sonder kennis van God is problematies. Ons kan nie mense los met net ‘n nadenke oor hulle sondes nie. Die rede waarom jy hulle van die toestand van die mens moet bewus maak, is om by hulle ‘n waardering van Jesus Christus wakker te maak. Die kennis van sonde sonder die verwagting van God se genade veroorsaak dat jy aanhou weghardloop van God. Die verlore seun was bekend met sy haglike toestand, en dit skep by Hom die begeerte om terug te keer. Maar hy het ook die versekering nodig dat hy welkom sal wees voordat hy genoeg vertroue sal hê om terug te keer.

    Om die woord van God aan mense wat nie glo nie te verkondig, is nie maklik nie. Ons moet op Jesus Christus fokus as ons dit wil doen.

    Wanneer ons praat van die Woord van God – (Woord met ’n hoofletter of soos Jaco ‘WOORD” praat ons nie van gewone woorde soos ek nou hier tik nie. Dit dra ’n ander betekenis en verwys na ’n persoon nl Jesus Christus –wat volgens Johannes 1.14 vlees geword het en tussen ons kom woon het.

    Enigiemand wat die Bybel lees sal agterkom dat al die woorde van die Bybel nie uit God se mond kom nie,want daar is verhale van moordbeplanning soos deur Koning Dawid en verkragting-dade wat afskuwelik in die oë van die Here is.

    Om op te som is die Bybel die ‘Woord van God‘. Natuurlik omdat God se verlossingsboodskap waar Jesus Christus geword het daarin geopenbaar word.

    Jaco se tweede leuen: Moses het nooit geskryf. Ek daag Jaco uit om aan te haal as bewys dat ek sê dat Moses nooit geskryf het nie. Wat ek gesê het is dat dit onwaarskynlik is dat Moses die skeppingsverhale geskryf het want volgens verskeie bronne (Boodskap A-Z) is een is die verhale tydens die Joodse ballingskap en tydens die Koningstydperk geskryf, dus lank na Moses se dood.
    Dit beteken nie dat Moses nooit oor dit gepraat het nie, want dit is welbekend dat mense om die kampvure ,soos hul met hul vee na beter weiding getrek het, baie verhale vertel het wat ook oor God se skepping gegaan het.

    So het ook die wet van 'cause and effect' sy oorsprong by die mense. Waar 'cause' dan die betekenis dra ‘hoekom dinge gebeur’ en ‘effect’ wat gebeur en dit dan ook so toepas op die ontstaan van die heelal as hul praat met die mense wat hul gevange geneem het en baie gode het wat elkeen ’n rol speel.

    Omdat daar ’n beperking op die aantal woorde is volstaan ek hiermee, want ’n les wat Jaco moet leer is dat jy baie ver op ’n leuen kan reis maar nooit op dit terugkom soos hy probeer doen nie.

  • VIR ONS LESERS
    Dat daar ’n persepsie onder SêNet-skrywers is dat FC met beide die Bybel, sowel as ewolusie verward is; dat hy oneerlik wil voorkom in sekere dele; dat hy God vanuit die Bybel aanhaal waar dit hom pas en sekere dele verwerp waar dit hom nie pas nie, asook dieselfde mbt ewolusie. Dus kan tereg gesê word FC aanvaar die Bybel nie as die WOORD van God nie, dienooreenkomstig het hy geen vaste fondament waarop sy geloof in Jesus gegrond beskou kan word nie. Ongetwyfeld wil hy Jesus aanbid, maar op sy eie voorwaardes en nie Bybelse voorwaardes nie.
    Ek haal aan kommentare van FC self en SêNet-skrywers hieronder om my stellings hierbo te staaf:
    “If it could be demonstrated that any complex organ existed, which could not possibly have been formed by numerous, successive, slight modifications, my theory would absolutely break down. But I can find no such case.” Dink jy (FC) nie dis oneerlik van jou en Denton om so ? belangrike stukkie gegewens weg te laat nie? (Angus)
    Hy (FC) is nou ’n tipiese hopelose geval en jy mors vir seker jou tyd en moes dalk maar by jou aanvanklike besluit gebly het om hom te ignoreer. (Panda)
    En dan word in dieselfde sin van sy (FC) lang tydperk sommer ook evolusie bygesleep en gekaap en nou het God selfs die gewraakte evolusie gebruik om te skep. Ek kul jou hier, ek kul jou daar en siedaar . . . (Panda)
    Dit maak nie saak hoe 'n mens daarna kyk nie, die mens is die produk van 'n lang proses wat biljoene jare terug in werking getree het. (FC Boot) Soos Panda hierbo sê hy kaap ewolusie en smee dit saam met die Bybel.
    Jy sê die jackpotvraag is hoe God geskep het, en dan beweer jy dat hope navorsing daarop dui dat God deur evolusie geskep het. Sal jy asseblief laat weet van watter navorsing jy praat? (Angus)
    Ek sien jy maak telkens melding van oorsaak en gevolg. Die mens is so geïndoktrineer van kleins af dat hy glo dat alles ? oorsaak móét hê. Dit berus maar net op induksie: (Angus)
    FC, met respek gesê, ek twyfel of jy verstaan wat jy lees en selfs skryf. Nou kom jy en maak jouself verder belaglik deur te sê daar staan nie in die Bybel dat 'n dag nie 'n dag is nie. (Angus)
    Die Jode in Ballingskap het die skeppingsverhale geskryf duisende jare nadat die gebeure wat hul probeer beskryf plaasgevind het.Net soos die moderne mens nie teenwoordig was nie, so was hulle nie teenwoordig nie. (FC Boot)
    Jy (FC) is besig om ’n totale krater van jouself te maak … “Better to remain silent and be thought a fool than to speak out and remove all doubt.” Jy is druk besig om jou beperkte kennis te openbaar … Miskien moet jy ophou bog op die internet lees en werklik begin lees wat regte wetenskaplikes oor die onderwerp te sê het en sommer jou kennis opknap sodat jy kan agterkom wanneer iemand pêrredrolle aan jou as vye wil verkoop. (Thomas)
    Jou reaksie hierbo, wat jy bestempel as jou laaste skrywe, toon duidelik dat jy in ? hoek vasgekeer is, en dat jy nou rondspring (meester van bontspring – my aanhaling) en gryp na elke strooihalmpie om gered te word ... Sjoe, maar jy kan darem gorrel! (FC se ellendige lang aanhalings en lang analoë.) (Angus)
    Die Skeppingsverhale is niks meer as 'n weerlegging deur die Jode in ballingskap van die menigvuldige skeppingsverhale wat in Babilon in omloop was. (FC Boot)
    https://www.litnet.co.za/brief-vir-fc-boot-oor-evolusie-muisvalle-en-ribbebene/ 5/11/14
    In ondersteuning van ewolusie skryf FC: That we and the extinct hominins are somehow related and that we and the apes, both living and extinct, are also somehow related is accepted by anthropologists and biologists everywhere ... There is theoretically, however, a common ancestor that existed millions of years ago ... Dit is nietemin duidelik dat daar meer ontwikkelde en minder ontwikkelde oermense was en dat hul selfs onderling vermeng het soos die ’neanderthal' -mens en later trekkers uit Afrika. (FC Boot)
    https://www.litnet.co.za/brief-is-daar-n-verwantskap-tussen-die-mens-en-sjimpansee/

  • Beste Jaco
    Dink jou regter mense wat ingelig is gaan val vir jou woorde wat soos kaf in die wind wegwaai ?
    Toe daar ’n berig was op Netwerk 24 onder die opskrif “NG-kerk sal moet waag anders gaan ons moet toemaak was ek een van die vele wat kommentaar gelewer het:
    “Dit is nie die kernprobleem nie. Die wetenskap het die skeppingsverhale ingehaal en verby gesteek. Die dae is vir goed verby toe kinders - toe ek nog 'n Sondagskoolonderwyser was -grootoog geluister het hoe alles in ses 24 uur dae netjies en ordelik tot stand gekom het so 'n 6000 jaar gelede.
    Die kersie op die koek was toe 'n jong knaap ewe verveeld sê dat hy eerder saam met sy pa ('n diaken) sal gaan golf speel as om in die Sondagskool te sit.
    Hoeveel predikante glo werklik dat die skeppingsverhale die werklikheid weerspieël en nie net vasgevang is omdat die kerk hul brood en botter is en die gramskap van die kerkgemeenskap op die hals gaan haal as hul van die stokoue boodskap afwyk.
    Dit verstommend dat die Rooms Katolieke kerk reeds in 2004 'n reuse-stap in die regte rigting gegee het toe hul Robert H. Brom, Bishop of San Diego, August 10, 2004 se “Adam, Eve, and Evolution” geplaas het.
    Waarom sukkel die susterkerke plaaslik nog in die opsig?
    Hier is ’n uittreksel daar uit:
    “Concerning biological evolution, the Church does not have an official position on whether various life forms developed over the course of time. However, it says that, if they did develop, then they did so under the impetus and guidance of God, and their ultimate creation must be ascribed to him.
    Concerning human evolution, the Church has a more definite teaching. It allows for the possibility that man’s body developed from previous biological forms, under God’s guidance, but it insists on the special creation of his soul. Pope Pius XII declared that "the teaching authority of the Church does not forbid that, in conformity with the present state of human sciences and sacred theology, research and discussions . . . take place with regard to the doctrine of evolution, in as far as it inquires into the origin of the human body as coming from pre-existent and living matter—[but] the Catholic faith obliges us to hold that souls are immediately created by God" (Pius XII, Humani Generis 36). So whether the human body was specially created or developed, we are required to hold as a matter of Catholic faith that the human soul is specially created; it did not evolve, and it is not inherited from our parents, as our bodies are.”
    Jy en ander ateïste en selfs sommige gelowiges klou vas aan 'n kitsskepping en ontstaan van die mens. Jy moet nou regtig bykom. God is nie 'n mens nie en het ook nie suurstof in Adam se neus ingeblaas nie.
    Ek het al vantevore gesê en sê dit weer jy ly aan 'n leesgebrek,want die storie van 'n ses dae 24 uur skepping is lankal verkeerd bewys, maar was gangbaar binne die kennis van die tyd waarin dit geskryf is.
    Het dit jou dan nie opgeval toe jy die skeppingsverhale gelees het dat alle ander wesens begin leef het sonder dat die Skepper dit nodig geag het om hul 'lewende' wesens te maak.
    Hieruit moet dit selfs vir jou duidelik wees dat suurstof, wat self ’n lang ontwikkelingsproses deurgaan het, reeds aanwesig was in die lug en water wat dit moontlik gemaak het vir diere in alle vorme om te lewe.
    Die Genesisverhale is geskryf teen die agtergrond van ’n sekere wetenskaplike kennis in ’n totaal ander omgewing as wat die verhaal self afspeel. Die een in ballingskap en die ander tydens die Konings. As jy dit nie geleer is tydens jou poging om predikant te word het jy geslaap of nooit sover gevorder nie.
    Die verstommendste is dat selfs die welbekende Willie Esterhuyse in sy boek ‘God en die Gode van Egipte’ erken het dat hy eers veel later in sy studies geleer is dat die woord “yom”ook ander betekenisse as net ’n dag kan hê en selfs na gelang van die omstandighede waarin dit gebruik word, lang tydperke kan aandui.
    Arme verlore mens, noudat ek evolusie teruggeplaas het as ’n stuk gereedskap van die Skepper se skeppingswerktuie, wat bly vir jou en jou mede-ateïste oor anders as om te skreeu ‘gemene spel’.
    Die Genesisverhale sê nie hoe alles tot stand gekom het nie, DIT WAS VAN SEKONDêRE BELANG. Die Skrywers wou in ’n digterlike vorm hulde bring aan die Skepper en sou dan erkenning gee aan Prof Adrio König.
    Daar het ’n baie algemene oortuiging onder Christene posgevat dat Jesus “net die Skeppingsmiddelaar is”. Dit sou dan iets minder beteken as Skepper. Hy sou maar net die instrument wees deur Wie God alles geskep het, sodat net God die Vader die Skepper in eintlike sin is.
    Dit is egter nie die volle verhaal nie. Christus word bely as Skepper op presies dieselfde vlak as die Vader. In Johannes 1:1-3 verwys Johannes doelbewus terug na Genesis 1 waar God die Skepper is.
    Maar Johannes pas dit direk op die Woord toe. En hy beklemtoon dat Hy Skepper is: “Alles het deur Hom tot stand gekom; ja, nie een enkele ding wat bestaan, het sonder Hom tot stand gekom nie.”
    Verder aan in dieselfde lied herhaal hy dit: “die wêreld het deur Hom tot stand gekom” (1:10).
    Wanneer die vraag dus gevra word: Dit sê ek vir julle: God kan uit hierdie klippe kinders vir Abraham verwek” beteken dit dat niks by God onmoontlik is.
    Ek volstaan voorlopig hiermee.
    Mag dit met jou goed gaan.

  • F.C. Boot.

    1. Jy is voorbarig om te veralgemeen lesers sien jou nie as 'n geveinste "christen" nie (let wel die klein "c" in jou uitsonderlike geval). Het jy dan nie die vele ander lesers se gekwoteerde negatiewe kommentare oor jou in my vorige respons gelees wat my stelling oor jou onbetwisbaar bewys het nie, nl. dat jy oneerlik debatteer, weersprekend oor jou eie onderwerp is; en verward staan teenoor beide die Bybel asook ewolusie?

    2. Wat die Afrikaanse Calviniste kerke se vertolkinge rakende die Bybel is, gaan my as ateïs nie aan nie, so hoekom hulle in jou respons hierbo vir my uitsonder, behalwe om as rookskerm te dien vir jou onvermoë om enige van my stellings hierbo genoem, oor jou te kan tee bewys.

    3. My volgehoue redenasie rakende jou godsdiens is dat jy omtrent alles in die Bybel nie as God se WOORD aanvaar nie, hetsy dit deur direkte of indirekte rapportering geskied. My vraag deurgaans aan jou is: WAT IS DAN JOU GODDELIKE BRON van inligting om soos bv waar jy hierbo beweer dat die mens fisies ge-ewoleer het, maar sy siel is onmiddellik geskape? Wat is jou goddelike bron van inligting wat vir jou die reg eien om te weergee God het nie direk of indirek die Ou en Nuwe Testament vir Christene laat skryf het nie?

    4. As die Bybel nie die grondslag van jou geloof vorm nie, en jy kan nie vir my enige grondslag in ewolusie vir jou geloof gee nie, hoe kan jy nog van enige God praat, behalwe as 'n "figment of your imagination". Ewolusie en die Bybel is nerens met mekaar versoenbaar nie. Verwerp jy die Bybelse goddelike gesag, het jy geen fondament om jou godsdiens op te beoefen nie. Aanvaar jy ewolusie, het jy steeds geen fondament om jou godsdiens op te beoefen nie, aangesien ewolusie nie oor God praat nie.

    Feitlik sal jy meer krediewaardigheid als ateïs geniet.

  • Beste Jaco
    Jou onvermoë om ’n verband tussen wat in die Bybel geopenbaar word en wat in die wetenskap ontdek word is kommerwekkend.
    Besoek gerus http://www.factandfaith.co.za en jy sal agterkom waarom dit so is.
    Jy kon nie eers een van my stellings weerlê nie en het ook duidelik nie die volledige verklaring van die RK kerk waaruit ek ’n gedeelte aangehaal het gelees nie anders sou jy nie sulke dom afleidings maak nie.
    Dit is verstommend dat ’n persoon wat beweer dat hy vir Predikant geswot het maar toe tou opgegooi het so onkundig oor die onderwerp kan wees.
    OP ’n ander blog het ek soos volg geskryf:
    Die Bybel is ’n besondere boek, eintlik ’n versameling van boeke. Huidige skrywers doen deeglik navorsing oor hul onderwerp en neem dit soms jare van skryf en herskryf voordat boeke gedruk word en op die rak vir verkoop geplaas word.
    Die Bybel bevat 66 boeke, 39 in die Ou Testament en 27 in die Nuwe Testament. Die Katolieke het egter 46 boeke in die Ou Testament. Die Jode het 24 boeke in die Ou Testament omdat hul die 12 kleiner profete as een boek beskou.
    Die woord Bybel is afgelei van die Egiptiese woord vir perkament ’byblos’. Die Grieke het die woord ‘biblios’ gebruik, boeke of rolle, wat daarna in Latyn vertaal is as ‘biblia’ boek. Die bybel is egter meer as een boek. Dit is ’n ‘at biblia,’ ‘die boeke’. Net soos in ’n biblioteek kry ’n mens ’n verskeidenheid van boeke, prosa, digkuns,liedere, gebede, geskiedenis, volksoorleweringe, sages, wysheid, briewe, gelykenisse, spreuke, profesieë ens.
    ’n Mens kan maar sê dat die Ou Testament, die Hebreeuse geskrifte is en die Nuwe Testament die geskrifte van die Christene. Die woord testament het ’n ander betekenis en is nie ’n wettige dokument van hoe ’n mens oor jou aardse goedere beskik nie.
    Die is afgelei van die Latynse woord ‘testamentum’ wat ’n vertaling is vir die Hebreeuse woord ‘verbond’ ‘berith’. ’n Verbond is ’n ooreenkoms tussen twee partye. Hier tussen God en die mense van God. As jy glo dat God nie bestaan nie kan daar ook nie ’n oorkoms wees nie.
    Deur Moses het God ’n ooreenkoms met die mense van Israel gesluit. Die ou verbond. ’n Kern van die verbond was dat daar ’n Verlosser gebore sou word. Hierdie belofte is vervul in Jesus Christus, wat egter deur die Jode verwerp is.
    Jesus Christus is dan die 'nuwe verbond' want: Johannes 14: 6: Jesus het vir hom gesê: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie. 7: As julle My ken, sal julle my Vader ook ken. En van nou af ken julle Hom en sien julle Hom.”
    Oud beteken egter nie dat dit nou weggegooi kan word nie. Dit beteken eerste of die Hebreeuse geskrifte. Die Bybel is belangrik omdat God belangrik is en daarom bly die Bybel die norm of kanon,’n norm of maatstaf waarvolgens Christene hul handel en wandel moet bedryf.
    Saam met die Jodedom, Islam, is die Christendom openbaringsgodsdienste. Christene glo en is bly dat God hom deur Jesus Christus aan die mensdom geopenbaar het.
    Jesus is God se woord, God se openbaring. Die skryfkuns was nie almal beskore in die ou tyd nie en mense het dit deur vertelling oorgedra van geslag tot geslag. Jesus het self niks neergeskryf nie.
    Dissipels het eers nadat Jesus opgevaar het gepreek oor dit wat hul gesien en gehoor het. Omdat elke mens se ervaring uniek is, is dit duidelik dat daar ook verskille sal wees wanneer hul praat oor wat hul gesien en gehoor het. Persoonlik sou ek baie meer bekommerd gewees het as bv alle evangelies woordeliks dieselfde was. Dit sou op ’n sameswering en knoeiery gedui het.
    Hoe jy die Bybel lees hang af van hoe ’n mens die Bybel sien. Gebruik jy die Bybel omdat jy glo dat dit magiese kragte beskik en dra bybelversies vir beskerming of laat die Bybel oopval en die eerste vers wat jy sien is dan ’n direkte boodskap van God?
    Die Bybel kan dogmaties gelees word. Daar word na verse gesoek om leer of tradisie te bevestig en so gaan die boodskap verlore. Dit kan allegories gelees word deur aan alles ’n geestelike boodskap te gee. Die Bybel kan ook net in historiese konteks gelees word. Rondom dit is verskillende metodes ontwikkel.
    Hoe jy vir jouself bepaal het wat die Bybel is, gaan bepaal hoe jy die Bybel lees. Die Bybel het oor ’n lang tydperk tot stand gekom. Die eerste dele van die Ou Testament 3500 jaar gelede. Die Nuwe Testament ongeveer 2000 jaar gelede. Wetenskaplike kennis het ook geweldig vermeerder.
    Wat jy nie kan of wil verstaan nie is dat die Skepper bestaan in ’n tydlose dimensie. Die dimensie het bestaan voor die dimensie waarin ons bestaan tot stand gekom het.
    As mense kan ons die dimensie waarin ons is verken, maar ons kan nie die dimensie wat voor die Oerknal bestaan het en nog bestaan betree nie. Daarom kan ons God nie aanskou nie want die dimensie is vir ons ontoeganklik.
    Wanneer die Bybel dus praat van dat God neerkyk op die mens en lag vir sy planne Kyk God na ons uit ’n tydlose dimensie en sien dus as het ware oor ons dimensie dws ook oor tyd. Dit is om die rede dat ’n biljoen jaar by God soos ’n gedagte is, soos ’n nagwaak vir ’n mens.
    Tyd speel dus nie ’n rol nie en fouteer jy deur die hele skepping te reduseer tot ’n kitsskepping.
    Kry dit nou vir eens en altyd in jou kop dat jy nie die Bybel kan gebruik om ewolusie as waar of onwaar te bewys nie. Die Genesisskrywers sê nie hoe God geskep het nie DIT WAS VAN SEKONDERE BELANG. AL WAT HULLE WOU Sê VIR DIE MENSE MET WIE HUL GESPREK VOER GOD (OORSAAK) HET GESKEP.
    Hulle weerlê dus die baie gode teorie,wat elkeen - en soms in stryd met mekaar - elk hul eie ding doen.
    Ek het al van te vore gesê jy lees sonder insig en kennis en daarom maak jy belaglike standpunte. Die hele natuur – die ontstaan van lewe en die ewolusie daarvan daarna getuig van God se skeppingskrag.
    Wat jy doen is om die skepping soos dit deur die wetenskap ontdek en geopenbaar word, soos bv aarde het ’n soliede kern, gepostuleer in 1936 deur Inge Lehmann en later bevestig los te maak van die Skepper en sou so uit uiterste onkunde ’n wig tussen die twee dryf en dit terwyl die hele skepping die Skepper se lof besing.
    Die Skepper het uit ’n tydlose dimensie bemoeienis kom maak en deur die werking van die Heilige Gees die mens beperkte insig gegee oor wat sy eintlike doel met sy Skepping was en is.
    Wat jy en ander ateïste uit onkunde doen is om God te vermenslik en die ontstaan van lewe en hoe dit daarna ontwikkel en aangepas het buite God se Skeppingsvermoë te plaas en dus die skepping en natuur bo en buite God se skeppingsvermoë te plaas, as iets wat selfstandig en op 'n lukrake (onbeplande)wyse te werk gegaan het en as het ware met geluk tot die mens gelei het.
    Is daar nie tydens jou studie aan jou verduidelik dat die kans dat alles so toevallig is, planeet op presies die regte plek ens - so klein is dat sou jy Amerika van kant tot kant vol muntstukke pak en 'n berg tot die maan bou en dan die opdrag kry om die enkele muntstuk te vind wat verskil van al die ander, 'n onmoontlike taak, so klein is die kans dat die aarde toevallig op die regte plek is.
    Hoe dom is dit nie. As die OORSAAK van die Oerknal nie die proses in werking gestel het nie, was daar vandag niks en was ons nie daar nie.
    Laat dit met jou goed gaan.

  • FC Boot
    Weereens soos gewoonlik toon jy jou onvermoë om by die onderwerp onder bespreking te bly.
    Vir die soveelste keer. Die onderwerp is wat is jou goddelike BRON van inligting vir die bestaan van God? Dit is nie die Bybel nie, want jy het reeds te kenne gegee die is so vol onbetroubaarhede dat dit nie die toets van goddelike onfeilbaarheid slaag nie. Dit is nie ewolusie nie, want ewolusie praat nie oor God nie. Hoe sou jy geweet het dat God bestaan, was dit nie vir die Bybel nie?
    Jou rookskerm-taktiek hierdie keer is om ’n ellendelange sondagskool-geskiedenisles oor die ontstaan van die Bybel te gorrel, asof beide ek en die lesers dit nie reeds weet nie.
    Ek gaan nie weer herhaal wat ek en gekwoteerde SêNet-skrywers oor jou te sê, asook bewys het nie, nl dat jy oneerlik redeneer; weerspreek jouself deurgans; en dat jy verward staan teenoor beide die Bybel asook ewolusie.
    Jou eiesoortige geloof is ooglopend so gefabriseer dat ek dit hier vir jou weer herhaal, nl dat vir jou is God ’n “figment of your imagination”.

  • Beste Jaco

    Kan een mens homself so moedswillig dom hou? Wat verstaan jy nie wat ek al van te vore geskryf het. Het ek dan nie al tot vervelens toe jou vraag beantwoord nie?

    Nou gaan ek jou soos ’n kind behandel want jy tree op soos een wat nie sy sin kan kry nie. Hoe eenvoudig kan jy nie wees nie?

    GOD (OORSAAK VAN DIE OERKNAL) het Homself aan die mens geopenbaar deur die werking van die Heilige Gees en die mens wording van Sy Seun.

    Nou wat sê ander oor dit: Uit Christian Faith:
    A4 Die Bybel en Goddelike openbaring (MBS034)

    Is daar ‘n God? Ja daar is. As daar ‘n God is, kommunikeer Hy? Ja Hy doen. En as Hy kommunikeer, hoe doen Hy dit en wat sê Hy?

    Hierdie artikel bespreek die korrelasie tussen die Skrif en God se openbaring.
    God kan alleenlik geken word omdat Hy Homself openbaar. God is ‘n oneindige wese; die mens is beperk, ‘n geskape wese met beperkte kennis. Teologie is basies ‘n sistematisering van wat God geopenbaar het. Daar is hoofsaaklik twee tipes Goddelike Openbaring, naamlik Algemene Openbaring en Spesiale Openbaring.
    Algemene Openbaring verwys na die manier waarop God Homself in die algemeen aan alle mense van alle tye openbaar. Hierdie is dinge waarvolgens dit vir enigiemand op enige plek in die wêreld moontlik is om van God te weet, want God het Homself op ‘n algemene manier aan almal geopenbaar.

    Die aard van Algemene Openbaring is dat hierdie openbaring omvat word in dinge. Die metodes hoe God in die Algemeen Openbaar het, is deur die natuur, deur God se voorsienigheid in die geskiedenis, deur God se bewaring van wat Hy geskep het en ook in die gewete van elke mens. En tog is Algemene Openbaring beperk in die mate waartoe dit twee aspekte kan openbaar, naamlik redding en veroordeling.

    Die aard van Spesiale Openbaring is dat dit omvat word in woorde. Waar Algemene Openbaring omvat is in dinge, is Spesiale Openbaring omvat in woorde. In Spesiale Openbaring maak God Homself bekend op spesifieke tye, deur spesifieke persone, en op spesifieke maniere. Spesiale Openbaring van God is nodig om die waarhede van Algemene Openbaring korrek te vertolk of te verklaar; om die mens te voorsien van ‘n openbaring van redding en om dit wat voorkom as weersprekende elemente in Algemene Openbaring, te harmonieer. Hoe vind Spesiale Openbaring plaas? God het dit gedoen deur teofanieë, wonderwerke, direkte kommunikasie, engele, die vleeswording van die God-mens, Jesus Christus en deur die geïnspireerde Skrif. Dit is die Skrif wat die So spreek die Here bevat.”

    Nou is jy ook nog totaal verward oor ewolusie en het seker ook nog nie die webblad ‘Fact and Faith’ gelees nie wat dit op ‘n baie eenvoudige dog wetenskaplike manier bespreek.
    Dit is duidelik dat jy weier om dit te doen anders sou jy nie knaend terugkom en dieselfde dinge oor en oor vra nie.

    Ewolusie is deel van die natuur en die natuur getuig oor die Skepper en nou kom jy ewe vermetel en sê :” Dit is nie ewolusie nie, want ewolusie praat nie oor God nie. Hoe sou jy geweet het dat God bestaan, was dit nie vir die Bybel nie?”

    Dit is die jou domste redenasie nog. Is alles wat jy geleer is nie aan jou oorgedra deur mondelinge en skriftelike kommunikasie nie of het jy net opgedaag by die skool en Universiteit en gesê : “Ek is hier om die eindeksamen te skryf want ek weet alles en het geen handboek of dosent nodig nie, want ek weet wat ek weet’.

    Laat dit met jou goed gaan.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top