Niemand kan al die mense die heeltyd bedrieg nie

  • 5

“You can fool all the people some of the time, and some of the people all the time, but you cannot fool all the people all the time”.

Hierdie bekende gesegde wat aan Abraham Lincoln toegedig word, is vir my baie van toepassing op wat deesdae in die gevestigde gelowe in die westerse wêreld gebeur. Oor die hele wêreld heen is mense besig om hulle kinderlike geloof te verruil vir kennis, wat volgens die wetenskaplike metode geverifieer en bewys is. Ek was so pas vir ’n paar weke in Europa en dit was vir my duidelik dat godsdiens ’n al hoe kleiner rol speel. Dis slegs nog ’n paar ouerige mense wat hulle hoegenaamd aan die kerk steur terwyl ek nie met een jong mens kontak gemaak het wat godsdiens en die geloof in een of ander god, met enige erns bejeën nie. Ek het besef dat my waarnemings bloot persoonlike waarnemings is en het gaan kyk wat sê gesaghebbende organisasies wat deur middel van wetenskaplik gefundeerde meningsopnames, mense in Europa se “godsdiensoriëntasie” bepaal het. My persoonlike belewenis het geblyk heel verteenwoordigend te wees.

Die Eurobarometer, amptelike orgaan van die Europese Unie, is ’n gesaghebbende organisasie wat meningsopnames oor ’n verskeidenheid onderwerpe doen. Volgens hulle reken slegs 7% Britte en 5% inwoners van die EU dat godsdiens ’n belangrike deel uitmaak van hulle waardestelsel. Die Global Post se artikel oor die onderwerp se opskrif lees: “Religion in Europe, also in crisis”. Die enigste godsdiens wat werklik enige groei toon is Islam terwyl die res almal aan die kwyn is. Mense beskou godsdiens glad nie meer as ’n geloofwaardige hulpmiddel om kennis op te doen of om hulle daaglikse lewe mee te vergemaklik nie.
Ek het onwillekeurig gewonder wat in die VSA aan die gang is – ’n plek met ’n Kreasionisme Museum en wat dus ’n hele spul Kobus de Klerks huisves. Ek het hierdie interessante grafiek gekry wat deur die Sociological Forum gepubliseer is.

grafiek

Volgens die opnames en studies wat ek onder oë gehad het, is die enigste godsdiens wat aan die groei is, is die Islamgeloof en die enigste kontinent waar godsdiens oor die algemeen groei, is Afrika. Sonder behoorlike navorsing kan mens bloot bespiegel oor die rede vir hierdie drastiese afname in “aggregate religiosity” oor die ontwikkelde wêreld heen. My vermoede is dat dit iets te doen moet hê met die uitbreiding van kennis in die ontwikkelde wêreld wat mense meer immuun maak teen onrealistiese en onbewese godsdienstige aansprake.

Ek het my natuurlik amper ’n papie gelag vir onse Kosie se amateuragtige poging om die bybel as ’n wetenskaplike handboek te probeer voorhou en die ontstaan en ontwikkeling van lewe daaruit te probeer verduidelik in sy skrywe Die Woord en die Skepping. Dis natuurlik maar net weer ’n regte Kobus de Klerk poging om die goed gefundeerde en bewese teorie van evolusie te ondermyn. In die proses het hy homself weereens ontbloot vir die wetenskaplike analfabeet wat hy is. Daar is geen universiteit ter wêreld wat sy kinderlike poging eers oorweeg as teorie vir die verklaring van die verskeidenheid van lewe op aarde nie. Inteendeel alle universiteite onderskryf die evolusie-teorie en uitgebreide navorsing bevestig en verryk hierdie teorie daagliks.

Mense soek al hoe meer na wetenskaplike antwoorde vir hulle vrae en verwerp toenemend opinies van spiritueel intelligente kansvatters wat perdedrolle opdroom en dit dan as vye probeer verkwansel. ’n Mens kan nie vir altyd al die mense bedrieg nie!

Groetnis
Thomas

  • 5

Kommentaar

  • Hallo Thomas,
    Ek dink jy sal "How Civilizations Die" deur David Goldman geniet. Dit maak nie saak wat 'n nasie se geloof is nie, van Judaisme tot die aanbidding van 'n klip, dit is die basis waarop hul beskawing gebou is en namate dit afgebreek word verval alle ander steunpilare soos ekonomie daarmee saam.

    Cheers
    Duitswester

  • Kobus de Klerk

    Thomas steun op 'n gesegde dat iemand nie al die mense al die tyd kan mislei of bedrieg nie en dan val hy, wat 'n ateïs is, natuurlik weer gelowiges aan. Maar dit lyk eerder of dit hy is wat al weer besig is met ’n wanvoorstelling.
    Die Eurobarometer Poll van 2012 dui aan dat Godsdienstigheid (en in besonder Christendom) in die Europese Unie ongeveer 72% van die bevolking verteenwoordig, terwyl ateïste slegs 'n minuskule 7% verteenwoordig en Moslems, ongeveer slegs 2% - die hele prentjie kan, by hierdie skakel gesien word: http://en.wikipedia.org/wiki/Religion_in_Europe#Eurobarometer_poll_2012. Mens kan natuurlik ook hul bronne nagaan, want dit is beskikbaar.
    Dieselfde met Amerika. Ongeveer 71% Amerikaners sê dat hulle Christengelowiges is, terwyl nog 23 % sê dat hulle nie enige spesifieke religieuse groep aanhang nie, iets wat nou dikwels voorkom, hoewel die mense beslis gelowiges is. Dus, in Amerika sê 94% van die bevolking dat hulle wel gelowiges is. Hierdie gegewens kan maklik by hierdie skakel nagegaan word: http://en.wikipedia.org/wiki/Religion_in_the_United_States. Gallup, byvoorbeeld, het in 2011 bevind dat sowat 92% van die bevolking daar aan God glo wyl net 7% nee gesê het. Onder jongmense, is die persentasie 68% in 2012.
    Moslems daar verteenwoordig net ongeveer 0,8%.
    Dit lyk eerder of Thomas probeer om almal te mislei, terwyl omtrent niemand met sy snert mislei word nie – soveel vir sy steun op sy religie, die naturalisme (waaraan omtrent alle ateïste behoort) en hulle evangelie is natuurlik die Darwinistiese evolusieleer wat vermom is as 'wetenskap', maar daardie vermomming is verseker besig om gestroop te word.
    Kobus de Klerk

  • Kobus
    Soos gewoonlik mis jy die punt. Godsdienstigheid is aan die taan oor die hele ontwikkelde wêreld heen en nie aan die groei soos jy jou verbeel nie. Alhoewel mense hulle as Christene klassifiseer in meningsopnames beteken dit nog lank nie hulle glo die bog van maagdelike geboortes en slange wat praat nie - vandaar my verwysing na die navorsing oor hoe belangrik mense godsdiens ag in hulle waardestelsel.
    Die enigste rede hoekom jy die evolusie-teorie so driftig aanval is omdat dit jou bogstories op suiwer wetenskaplike wyse openbaar vir die snert wat dit is. Geen moderne teoloog of gesaghebbende bybelwetenskaplike deel jou infantiele vertolking van die bybel en verwerping van evolusie nie. Hier op die Sê twyfel ek of enige semi-geskoolde mens hulle eers aan jou twak steur.
    Dit behoort vanaand oopgetrek te wees in die Kaap. Leen 'n verkyker en kyk na Jupiter se mane en leer jouself iets nuttig.
    Groetnis
    Thomas

  • Beste Thomas
    Ek het nog altyd baie respek vir jou weldeurdagte menings en dit is besonder jammer dat jy en ander onder die indruk gebring is, waarskynlik deur LitNet se selfaangestelde spirituele leier, Kobus de Klerk, dat die Bybel nie ’n geloofsboek is nie, maar ’n wetenskaplike handboek.
    Hierdie treurige toedrag van sake is te wyte aan Predikante wat die Genesisskeppings- verhale as die werklikheid voorgehou het en dus letterlik vertolk het.
    Toe die posisie onhoudbaar geword het, het die Rooms Katolieke kerk dan in 2004 Adam, Eve, and Evolution deur Robert H. Brom, Bishop of San Diego, August 10, 2004 vrygestel.
    Uittreksel: The Time Question
    Much less has been defined as to when the universe, life, and man appeared. The Church has infallibly determined that the universe is of finite age—that it has not existed from all eternity—but it has not infallibly defined whether the world was created only a few thousand years ago or whether it was created several billion years ago.
    Catholics should weigh the evidence for the universe’s age by examining biblical and scientific evidence. "Though faith is above reason, there can never be any real discrepancy between faith and reason. Since the same God who reveals mysteries and infuses faith has bestowed the light of reason on the human mind, God cannot deny himself, nor can truth ever contradict truth" (Catechism of the Catholic Church 159).
    The contribution made by the physical sciences to examining these questions is stressed by the Catechism, which states, "The question about the origins of the world and of man has been the object of many scientific studies which have splendidly enriched our knowledge of the age and dimensions of the cosmos, the development of life-forms and the appearance of man. These discoveries invite us to even greater admiration for the greatness of the Creator, prompting us to give him thanks for all his works and for the understanding and wisdom he gives to scholars and researchers" (CCC 283). “
    Dit is dus duidelik dat die wetenskap in die verband niks kan ontdek wat nie alreeds bestaan nie. Vir my en ander biljoene Christene is die wetenskap die voertuig waardeur die wonder van die skepping aan die mens bekend gestel word.
    As Christene is ons volgelinge van Christus wat ons gelowig aanvaar nou betrokke was met die totstandkoming van die heelal. Dit beteken nou nie dat Christus letterlik alles geskep het nie,maar dat Christus die prosesse waardeur alles tot stand gekom het inwerking gestel is.
    Die oorsaak van die oerknal is dus Christus. Paulus het onder inspirasie van die Heilige Gees dit so bevestig in Kolossense 1.17 –Christus, Die Skepper en Herskepper.
    In die skeppingsverhale moet Adam beheer neem oor die skepping en dit so bestuur dat dit die grootheid van die Skepper sal vertoon en daarom is daar geskryf dat die mens ‘iets van God’ in hom het.
    Adam en sy nakomelinge swig egter en volg dan verkeerde raad en leen sy ore uit aan die advies van die Skepper se direkte teenstander Satan. So word Adam en sy nakomelinge dan verwoesters en gaan sy verwoesting steeds dwarsoor die wêreld bykans onverhinderd sy gang. Sien ook ISIS se ptrede in die lig.
    Die volgende is dan ook opgeteken in die Jewish virtual library:
    The Serpent
    The text is at pains to point out the creatureliness of the serpent, describing it as one "of all the wild beasts that the Lord God had made" (3:1, 14); it is distinguished from the other beasts only by its shrewdness (3:1). Its insignificance is underlined in 3:9–19, where God interrogates Adam and Eve, and both respond, while the serpent is not questioned and does not respond. In view of the prominent role played by serpents in ancient Near Eastern religion and mythology this treatment of the serpent amounts to desecration and demythologization, quite possibly intentional.
    As a result, the source of evil is denied divine or even demonic status: evil is no independent principle in the cosmos, but stems from the behavior and attitudes of God's creatures.
    From early times the serpent has been seen as a symbol, whose meaning is widely debated. Some have stressed the serpent's well-known phallic symbolism and fertility associations, taking the narrative to reflect an attitude toward human sexuality, fertility cults, and the like.
    Others see the serpent as representing man's own shrewdness. Since in ancient Near Eastern mythology the forces of chaos which oppose the forces of creation and cosmos are widely represented as serpents, many see the serpent here, too, as a personification of the forces of chaos.
    According to this view, disobeying God undermines the cosmic order. Alternatively, the serpent may represent ethical evil in general, a meaning that serpentine mythological motifs are given elsewhere in the Bible (e.g., Isa. 26:21–27:1).”
    “Judaism does not view “Satan” with the same connotation as other religions.
    Satan in Judaism is not a physical being ruling the underworld, rather, in the Torah, the word Satan indicates “accuser,” “hinderer” or “tempter.”
    Satan is therefore more an illusory obstacle in one’s way - such as temptation and evil doings - keeping one from completing the responsibilities of tikkun olam (fixing the world). Satan is the evil inclination to veer off the path of righteousness and faithfulness in God.
    Throughout the Torah, Satan challenges God to test the true loyalty of his followers, including Adam and Eve, as well as Abraham. However, Satan remains inferior to God and is incapable of taking action on mortals without God’s permission. In the Talmud and Midrash, Satan appears as the force in the world, responsible for all sins.
    Some Midrashim claim that the sounding of the Shofar on Rosh Hashanah is utilized to keep Satan away as Jews begin to atone for their sins. Even the morning after Yom Kippur, many Jews attend services to guarantee Satan does not make one last effort to instigate Jews to commit sins.”
    Kobus de Klerk beroep hom gereeld op die teenwoordigheid van die Heilige Gees waarsonder Bybeluitleg volgens hom onmoontlik is. Dit is egter nie waar nie. Die Heilige Gees is gestuur as Trooster en is ook die Gees van waarheid ook tov die wetenskap.
    As daar dus talle bewyse bestaan dat Jupiter mane het kon ek my nie op die Bybel beroep en dit probeer weerlê nie. Want ontkenning van die bestaan daarvan is ook 'n klap in die gesig van die Skepper want dit bestaan nie in die skepping nie!
    Die Heilige Gees werk op baie terreine van die mens se handel en wandel, ek volstaan met ’n enkel gedagte soos vervat in:
    Galatians 5:22-25 — But the fruit of the Spirit is love, joy, peace, longsuffering, kindness, goodness, faithfulness, gentleness, self-control. Against such there is no law. And those who are Christ’s have crucified the flesh with its passions and desires. If we live in the Spirit, let us also walk in the Spirit.”
    Mag dit met jou goed gaan.

  • FC Boot

    Dankie vir jou skrywe. Ek het groot begrip vir jou behoefte om 'n skepper iewers in die vergelyking in te bring. Die wetenskap gee vir my genoeg antwoorde, vir nou, en vir dit wat die wetenskap nog nie ontrafel het nie is die blote gedagte dat daaraan gewerk word, genoeg gerusstelling.
    Ek kan my eenvoudig nie sover kry om dit wat ek nie weet nie aan 'n god toe skryf wat nog 'n groter misterie is. As die god in elk geval die eienskappe het wat KdK aan hom toedig wil ek in elk geval niks met hom te doen hê nie.

    Groetnis
    Thomas

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top