Taal en die geen wat nie werk nie

  • 13

De Klerk

Jy skryf baie maar eintlik sê jy niks wat betrekking op die onderwerp het nie. Jy praat van sekulêre kennis sonder dat jy die begrip omskryf of enigsinds verduidelik.

Gaan lees en ek haal kortliks aan: http://vcho.co.za/christelike_wetenskap/wetenskapsleer-vir-fisika-en-chemie-3.php#sect1.

“Sekulêre kennis is gemene grond waarop alle mense mekaar ontmoet. Byvoorbeeld almal aanvaar die swaartekragwet van Newton. Almal aanvaar die fisiese en chemiese wette en teorieë wat ons in ons kursusse aan studente leer, maak nie saak wat die geloofsoortuigings van studente is nie. Dit is algemeen aanvaarde kennis, ook genoem openbare kennis, kennis wat vir almal toeganklik (oop) is. Dit is kennis wat op een of ander ordelikheid, reëlmatigheid of wetmatigheid in ons gemeenskaplike, alledaagse ervaring gegrond is. Openbare kennis het dus 'n gemeenskaplike begronding, op grond waarvan ons almal kan saamstem oor 'n bepaalde inhoud en aard van sekere kennis as kennis. Dat dit kennis is wat deur alle mense onder bepaalde omstandighede aanvaar word, beteken dat daar een of ander wet moet wees, een of ander rigtinggewende beginsel, 'n ordeningsbeginsel moet wees, waaraan ons ons kennis onderhewig maak.”

Geloofsoortuigings speel dus geen rol nie. Dit is dus kennis wat beide deur gelowige en ongelowige mense aanvaar word. MAAR dit is ook in jou geval die kennis wat jy probeer op grond van die Bybel te weerlê en dan die daardeur die gramskap van beide op die hals haal.

Jy praat dus twak deur te beweer dat sekulêre kennis die Bybel verkrag.Waar praat die Bybel oor die wetenskap? Hoekom antwoord jy nie my vraag nie?

Tyd ontbreek my want Eskom se beurtkrag noodsaak my om antwoorde kort te hou.Ek soek nie opstelle nie, antwoord dus asb my vraag.

  • 13

Kommentaar

  • Beste Angus

    'Jy sê: "Die onderwerp is die FOX2P-geen" Reg so maar die kennis is deel van die
    " Sekulêre kennis " soos omskryf in my kommentaar.

    Die vraag wat Kobus de Klerk weier om te antwoord is hoe die kennis my aan die kant van die ongelowiges plaas soos Kobus beweer in sy kommentaar.

    • Beste FC Boot
      Kobus het het dit reg. As jy streng volgens die Bybel leef, en 'n Christen kan nie anders as om streng volgens die Bybel te leef nie, anders is hy nie 'n Christen nie, dan is kennis die vrug waaraan jy nie mag eet nie. Genesis 1:16-17. Die Here God het die mens beveel: "Van al die bome in die tuin mag jy eet soos jy wil, 17maar van die boom van alle kennis mag jy nie eet nie. Die dag as jy daarvan eet, sterf jy."
      Groete
      Angus

  • Beste Angus
    Nee nou het jy saam met Kobus die kat aan die stert beet en swaai die arme dier rond in ’n vertrek wat totaal te klein is om ’n kat in rond te swaai.
    Die Genesisverhale wat terloops hul finale beslag tydens die Babiloniese bannelingskap gekry het wemel van die Egiptiese invloed.
    Daar is mites, simbole en metafore. Willie Esterhuyse het pragtige uiteensettings daarvan in sy boek God en die gode van Egipte.
    Kortliks, mites is spesiale stories. Deur hulle sien hy meer as wat jy met die blote oog kan sien. Betekenis oorskry feite. Mites se dimensie is spiritueel. Simbole en rituele speel ’n belangrike rol in enige godsdiens en deel van enige mens se lewe. Simbole het voor skrif boodskappe oorgedra. Metafore word in taal gevind.
    Daar was 5000 vC reeds die opkoms van ’n godsdiens in Egipte. Die woord wat met ‘kennis’ vertaal is in Genesis kan in Hebreeus ook beteken ‘gemeenskap hê met’ en hier gaan dit oor ‘goed’ en ‘kwaad’.
    In Egipte was daar Ra, die songod. Hierdie god was die vader van alle gode. Hy het geskep deur te dink en deur dit te verwoord, het dit werklikheid geword. Hy het alles geskep wat in die water en lug gelewe het. Trouens hy word soms beskryf as die skepper van alles.
    Die son was vir Egiptenare van besondere betekenis, want dit het elke dag in die weste ‘gesterf’ om weer in die ooste ‘gebore’ te word.
    Die ‘skepping’ kry ’n mens ook in die Genesisverhale en is dus geensins uniek aan die Hebreërs nie, maar dui op ’n sterk Egiptiese invloed. Moses was tog ’n Egiptiese prins.
    Wat uniek is aan die mense is egter dat hul lank voor enigiemand anders gestalte aan die ‘Law of Cause and Effect’ gegee het.
    Hulle het ingesien dat daar ’n oorsaak was wat tot die ontstaan van die heelal, waarin ons verwek, gebore, leef en sterwe, gelei het.
    Hulle het egter die ‘Oorsaak’ buite die dimensie geplaas en sê dus deur die Genesisverhale dat jy verder en verby die feitlike moet kyk.
    Hierdie ‘Oorsaak’ het buite hul begripsvermoë geval en trouens dit was moeilik om ’n ‘naam’ daarvoor te kry en dus het hulle talle byvoeglike naamwoorde geskep om dit te beskryf.
    Nou wat is ’n Christen? Niks anders as ’n volgeling van Christus, deur Wie alles tot stand gekom het. Het Christus nou letterlik elke ding geskep? Nee Christus het die proses waardeur alles ontstaan het in werking gestel en die die proses sluit ook die die evolusionêre proses in.
    Wanneer jy in die oggend in jou motor klim en die sleutel draai of ’n knoppie druk stel jy ’n proses in werking, waardeur jy van punt 'A' na punt 'B' kan beweeg.
    Vra gerus vir mense om die proses aan jou te verduidelik en jy sal agterkom dat die meeste gaan klei trap. En wanneer jy verder aan hul verduidelik dat die kontakpunt van ’n band met die padoppervlak niks groter is as 'n man se hand, gaan baie jou aankyk en dink van jou varkies is 'awol'.
    Toe Christus dus die proses in werking gestel het, het die antieke mense nie geweet hoe dit werk nie en trouens dit is deur die wetenskap dat die proses aan ons blootgelê word en ’n mens ’n bietjie begin verstaan van dit wat biljoene jare gelede begin is.
    Maar alle prosesse bereik ’n einde en so sal daar ook ’n einde aan ons heelal kom en in Openbaringe word die sluier effens gelig, dws as jy bereid is om verby die feitlike kyk.
    Mag dit met jou goed gaan.

  • FC Boot, jou baie geskryf sê absoluut niks.Die feit dat die Bybel Christenmitologie is, beteken nie dat dit nie hulle wetboekFC Boot, jou baie geskryf sê absoluut niks. Die feit dat die Bybel Christenmitologie is, beteken nie dat dit nie hulle wetboek is nie. Christene loop elke Sondag met die Bybel onder die arm, en dit is hulle wetboek waarvolgens hulle lewe (so sê hulle.) Die tien Gebooie word in die kerk gelees, (so was dit in elk geval toe ek nog toe oë kerkvas was.) Jy skryf ook niks nuuts nie, volg maar wat ek in die verlede vir Kobus verduidelik het oor mites. Terloops, die woord is geensins, nie geensinds nie.
    Groete,
    Angus

    is nie. Christene loop elke Sondag met die Bybel onder die arm, en dit is hulle wetboek waarvolgens hulle lewe (so sê hulle.) Die tien Gebooie word in die kerk gelees, (so was dit in elk geval toe ek nog toe oë kerkvas was.) Jy skryf ook niks nuuts nie, volg maar wat ek in die verlede vir Kobus verduidelik het oor mites. Terloops, die woord is geensins, nie geensinds nie.
    Groete,
    Angus

  • Beste Angus
    Ek neem aan dat jy redelik haastig was toe jy die kommentaar geskryf het.
    Jy is reg as jy skryf dat jy baie keer vir Kobus ingelig het dat die verhale (skepping) mites is; wat jy egter nagelaat het om te sê is dat dit ook onderwysmetodes van die tyd was toe die verhale neergeskryf is tydens ballingskap.
    Kortliks, mites is spesiale stories. Deur hulle sien jy meer as wat jy met die blote oog kan sien. Betekenis oorskry feite. Mites se dimensie is spiritueel.
    Dit gaan dus vir die skrywers nie oor die ‘hoe’, dit was van hulle van sekondêre belang, maar oor ‘wie’.
    Onder ‘geensins’ verstaan ek ‘not at all’ en onder ‘enigsin(d)s- ‘somewhat’ ‘to some degree but not to a large degree’.
    Kobus weet baie goed waarvan jy praat en daarom antwoord hy ook nie vrae nie, maar skryf eerder ’n lang uiteensetting van wat hy glo.
    Nou wat van die Bybel? Die Bybel is ’n kanon -’n norm - waarvolgens Christene hul lewe moet inrig. Maar dan moet jy weet hoe om dit te doen want as jy nie weet waarmee jy besig nie gaan jy verkeerd meet en verkeerde lesings neem.
    Kobus gebruik die woord ‘sonde’ as ’n algemene begrip terwyl dit duidelik uit http://www.jewishvirtuallibrary.org/jsource/judaica/ejud_0002_0018_0_18628.html
    is dat:
    ‘In biblical Hebrew there are about 20 different words which denote "sin." It may be inferred, therefore, that the ancient Israelites had more concepts expressing various nuances of sin than Western thought and theology. A study of the biblical concept of sin, therefore, cannot disregard the diversity of words denoting sin. These words must be examined in their context, i.e., in the formulas and literary units in which they occur. An analytic study of the three most commonly used terms – ḥeṭʾ, peshaʿ and avon (ʿawon) – has been undertaken by R. Knierim. As these are often found together (Ex. 34:7; Lev. 16:21; Num. 14:18; Isa. 59:12; Jer. 33:8; Ezek. 21:29; Micah 7:18–19; Ps. 32:1, 5; 51:3–7; 59:4–5; Job 7:20–21; 13:23; Dan. 9:24; cf. Isa. 1:2, 4; Ezek. 33:10, 12), even in poetic parallelism, there cannot be an appreciable difference of meaning among them, yet they are not simply synonymous.’
    Mag dit met jou goed gaan.

  • Beste FC Boot,
    Ek is maar altyd haastig as ek skryf, maar ook altyd deeglik, soos jy kan sien.

    Lank terug, seker voor jy nog van SêNet gehoor het, het ek die posisie van die mite aan Kobus verduidelik. Die leerdig, sage, mite, legende, sprokie, fabel, en parabel, word almal geklassifiseer onder die didaktiese of strekkingskuns in die moderne letterkundekritiek. Ek hoef sekerlik nie die hele storie oor te verduidelik as ek van die mite praat nie.

    Die mite bevat oorgelewerde verhale van groot gebeurtenisse in die oertyd en in besonder die godewêreld. Dit was oorspronklik vertellinge deur primitiewe persone met die doel om die onverstaanbare te verstaan en om dit aan andere oor te dra. Eers later is hierdie vertellinge neergeskryf.

    Ek kon nog nooit verstaan wat met poetic parallelism verstaan word nie. Aangesien jy die term gebruik, moet jy weet wat dit beteken. Verduidelik asseblief aan my.

    Groete,
    Angus

  • Beste Angus
    Jy kan http://www.ancient-hebrew.org/23_parallel.html lees oor ‘poetic parallelism’.
    Die opgetekende verhale vervat in Genesis is niks uniek nie. Trouens die skeppingsverhale van die oorspronklike inwoners van Suid-Afrika is veel ouer. Ook in Australië is die godsdiens van die land se oorspronklike inwoners veel ouer as die van die Egiptenare.
    Soos jy tereg opmerk het al hierdie verhale hul oorsprong in die natuur en moes dan dien as leermiddels om die onverstaanbare te verduidelik. Die verhale bevat dan 'n magdom van skeppers wat elkeen sy eie ding doen.
    Hoe verskil die Genesisverhale hiervan?
    Die skrywers van die Genesisverhale is nie gepla oor die 'hoe' nie dws die proses waardeur alles ontstaan het nie, dit is van sekondêre belang. Hulle bepaal hul aandag by die 'Wie' die oorsaak waardeur alles 'n begin gekry het.
    Waar ander volke en gelowe hul ‘gode’ kies –kies die ‘Oorsaak’ die volk en om die rede is hul dus die uitverkore volk. Die Jode besef dus dat hul te doen het met ‘n ‘Wese’ uit ‘n ander dimensie wat nie sy oorsprong in die dimensie het waarin alles ontstaan het. Engele is by uitstek, so het hul geglo, die boodskappers.
    Ook hierdie ontmoetings is niks vreemd nie, want daar is talle verhale van ontmoetings met ‘bo-natuurlike wesens’ in feitlik alle volksverhale op elke vasteland, maar dan is dit met ‘bonatuurlike wesens’ uit hierdie dimensie en nie uit ‘n dimensie voor die ‘oerknal’ nie.
    Die Joodse en Christelike geloof sou niks beteken het nie as dit nie vir die koms van Christus was nie. In Christus is al die Bybelse Profesieë vervat in die ou testament oor ‘n Versoener van mens en Skepper vervul.
    Die ‘sonde’ van die mens is in wese ‘n kontrakbreuk tussen ‘Skepper’ en die 'mens' en ‘n mis van sy doel waarom hy op hierdie planeet sy oorsprong gekry het. Ons sterf dus nie omdat ons sondig is nie maar wel omdat ons sterflik is.
    Die tweede dood waarvan gepraat word is dus ‘n geestelike dood omdat die band tussen Skepper en skepsel eensydig verbreek is, deur die optrede van die 'mens'.
    Omdat Christus ‘n Wese is uit ‘n dimensie voor die Oerknal is dit duidelik dat jy nie die ‘hemel’ en ‘hel’ -“saam met die Skepper en sonder die Skepper” gaan aantref in die dimensie waarin ons bestaan nie.
    As kinders het ons dus tevergeefs op die grasperk gelê en na die wolke gestaar om dalk vir Christus te sien, al sê die Bybel ook wat oor die 'hemelvaart'.
    Die Christelike godsdiens is dus ‘n openbaringsgodsdiens want ons kry ‘n kykie na ‘n dimensie voor die Oerknal en daarom sê Christus dat sy dissipels Hom nie kan volg nie.
    Ons as mense is uniek omdat ons ‘n gewete en verstand het wat ons in staat stel om ‘skepping’ deur die wetenskap te ontdek en ‘n gewete wat ons aanspreek om verder te dink en verby die letterlike te kyk.
    Wanneer Christus praat van 'klop aan die deur' is dit 'n klop aan ons gewete.
    Jy kan egter ook die wetenskap gebruik om jou gewete toe te skroei en Christus te reduseer tot nog net een van vele mites, maar dan bly dit jou keuse en nie jou Skepper nie.
    Beteken dit nou dat ons alles verstaan ? Nee en dit is waar geloof inpas, want geloof is niks meer as 'n vaste vertroue dat al die beloftes vervat in die Bybel en reeds vervul in Christus ook vir die wat Hom aanvaar as die hersteller van die gebroke band tussen Skepper en skepsel 'n werklikheid sal word.
    Mag dit met jou goed gaan.

  • Beste FC Boot,
    Ek is jammer oor die vraag na poetic parallelism. Ek het gedink jy verstaan die vraag.

    Groete,
    Angus

  • Beste Angus

    En ek het gedink dat jy altyd 'sin' praat en die skakel sou volg, want die doel van kommunikasie is tog om onderlinge begrip te bewerkstellig omdat ons uit verskillende ervaringsvelde kom, of hoe?

    Mag dit met jou goed gaan.

  • Beste FC Boot
    Miskien moes ek dit anders gestel het om misverstand uit die weg te ruim.
    Ek moes gesê het: ek is jammer dat ek die vraag so gestel het.
    Wat ek eintlik wou weet is wat jou siening ivm poëtiese parallelisme is. Watter effek word daardeur bereik? Poëtiese parallelisme in die Hebreeuse Bybel kan ek nie bestudeer nie; ek ken nie Hebreeus nie. Daar is egter genoeg voorbeelde in die Afrikaanse Bybel en in die Afrikaanse poësie. Ek dink so vinnig bv aan Die Stem met sy antitetiese en sinonimiese parallelisme in: "Uit die blou van onse hemel, uit die diepte van ons see. / Oor ons ewige gebergtes waar die kranse antwoord gee."
    Groete
    Angus

  • Beste Angus

    Ek is seker daar is persone meer bevoegd op LitNet om jou vraag te beantwoord.

    Ek is redelik oortuig daarvan dat dit gebruik word ongeag van die taal om balans en ritme te verleen en die herhaling is dan mi 'n vorm van repetisie, waardeur die digters sekere dinge wil inskerp by die lesers.

    Mag dit met jou goed gaan.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top