Taal en die geen wat nie wil werk nie

  • 23

In Engeland is daar ʼn Pakistani-familie bekend as die KE-familie. Van die 30 lede is daar veertien wat ernstige spraakgebrek het. Volgens die neuroloog, Vargha-Khadem, wat die familie al twintig jaar lank bestudeer, is die gebrek te wyte aan immobiliteit van die onderste gedeelte van die gesig, die tong, lippe en mond. Nie alleenlik is hulle uitspraak belemmer nie, maar hulle ruil ook taalklanke om wanneer hulle veral meerlettergrepige woorde uitspreek. ʼn Woord soos hippopotamus is vir hulle ʼn saak van onmoontlikheid.

Babas van die geaffekteerde familie tree op soos dowe kinders, en hulle is stiller as gewone babas. As gevolg van die onbeweegbaarheid van die onderste deel van die gesig, is gesigsuitdrukkings beperk. Hulle is ook nie so spontaan soos ander kinders nie.

Ten einde raad, het Vargha-Khadem gaan raad soek by ʼn groep genetici aan die Oxford-universiteit. Die span het jare lank aan die probleem gewerk sonder veel sukses, totdat daar eendag ʼn kind met ʼn soortgelyke probleem opgedaag het. Met die twee stelle data wat vergelyk kon word, het hulle ontdek dat die probleem by ʼn geen, FOXP2 op die sewende chromosoom, lê. Ek dink dis seker die eerste en enigste keer dat ʼn enkele geen gekoppel kon word aan ʼn spraakgebrek. FOXP2 het sommer dadelik bekend gestaan as die taalgeen.

Normale persone het twee kopieë van chromosoom 7, en derhalwe twee FOXP2-gene. Die geaffekteerde persone het ʼn mutasie met net een werkende FOXP2. By genetici staan hierdie resultaat bekend as die 'dosage effect': as iemand twee werkende FOXP2 gene het, ontwikkel die brein en spraak normaalweg; as een van die gene nie funksioneer nie, sal taal- en spraakprobleme ondervind word. Geen mens is darem tot dusver ontdek waarvan albei gene nie reg funksioneer nie.

Wat die ontdekking van FOXP2 so belangrik maak, is dat dit ʼn groot debat, en gevolglik baie navorsing tot gevolg gehad het. Indien daar werklik so iets as ʼn taalgeen bestaan, dan kon genetici die ontwikkeling van taal by die mens naspoor en pinpoint. Dis ook belangrik want dit verleen krag aan die teorie dat taal met ʼn 'big bang' by die mens begin het.

Angus

  • 23

Kommentaar

  • Kobus de Klerk

    Daar sê jy dit nou self, Angus ... dit is onbetwisbaar. Taal begin met 'n sogenaamde 'big bang' by die mens? Natuurlik, want dit is presies toe God die mens - werklike mens, nie die dier uit 'n vorige skepping wat amper so lyk nie - met die verhewe kwaliteit en vermoë vir verbale kommunikasie geskape het. Nie net met die intellektuele vermoë daartoe nie, maar ook met die nodige fyn uitgewerkte fisiese spraakorgane, anders sou die mens nie met 'n 'big bang' kon taal besig nie. Nog 'n klinkklare bewys dat God die mens ontwerp en geskape het, soos in Genesis 1 staan. Daar is nog vele ander sulke kwaliteite van die mens ook, wat as ondersteuning dien van wat ek hier weergee.
    Julle evolusieleer laat eenvoudig nie sulke komplekse ''big bangs' toe nie, omdat alles daarvolgens kwansuis toevallig oor groot verloop van tyd sou ontstaan, wat natuurlik nie so is nie.
    Kobus de Klerk

  • Beste Kobus,
    Jy sleep God darem nou aan die hare hier in. Natuurlik gebeur dinge ook plotseling met mutasies, en mutasies is deel van evolusie. Buitendien is die bigbangteorie van taal nie myne soos jy wil voorgee nie.

    Groete,
    Angus

    • Kobus de Klerk

      Angus,
      Ek het nie gesê die taal-'big bang' teorie is joue nie, maar jy onderskryf dit.
      Daar is geen bewys dat taalvaardigheid van die mens die resultaat van 'n mutasie is nie. Absoluut geen sodanige bewys nie. Maar daar is veel eerder aanduidings dat mense met sulke gene ontwerp en geskape is op 'n gesofistikeerde vlak wat diere nie het nie en nooit sal hê nie.
      Waar kom dit dus evolusionêr vandaan? Nêrens. Daarom gebruik julle jul gaping-stopper-mutasies.
      Julle kan nie bewys dat diere wat min of meer die fisieke ooreenkoms van mense uit vroeëre skeppings vertoon - en wat julle as 'hominiede' of selfs oermense beskou net weens die klompie fisieke ooreenkomste - ook sulke taalvaardigheid had nie.
      'n Mutasie word normaalweg vereenselwig met iets wat geneties skeefgeloop het, 'n frats wat aanleiding gee tot 'n gebrek en kom uitsonderlik voor by individue. Maar julle het, omdat daar soveel gapings in julle teorieë is wat nie met julle tipe gewone Darwinistiese evolusie-teorie verklaar kan word nie, die uitsonderlike voorkoms van 'n mutasie verheerlik tot 'n fenomeen wat bykans die onmoontlike kan verrig, telkens baie positief en dikwels, iets wat nie met tradisionele begrip van 'n mutasie vereenselwig sal word nie, byvoorbeeld iets soos Downs se sindroom ens en dan ook sommer meteens 'n hele 'spesie' (wat julle dit noem) betrek en nie net individue nie.
      Julle het dus van mutasies nog 'n fabelagtige fenomeen gemaak, wat nie bewys kan word nie. Julle super mutasies is nou kwansuis iets wat sommer-so die DNS se nukleotiede-sekwensie of die genoom skielik telkens op 'n besonder positiewe wyse, permanent verander en nuwe gene 'skep' - iets wat besondere beplanning en intelligensie van Goddelike proporsie sal verg as dit werklik gedoen sou kon word, gegewe die fyn balanse en kompleksiteit in die DNS-leer.
      Watter absolute snert. Dit is julle manier om die evolusionisties-onverklaarbare skielik verklaarbaar te maak met 'n kamstige evolusie super-mutasieteorie.
      In die geval van taalvaardigheid is dit nou sommer 'n sogenaamde wonder-mutasie wat sommer skielik, eensklaps tegelykertyd sorg vir die intellektuele vermoëns en die fisieke organe en toestande (stembande, gepaste asemhalingsvermoë, ens) sodat die gemuteerde outjie sommer nou kan praat - en nie net een van hulle nie - hierdie wonder-mutasie vind sommer by al die lede van die kamstige 'spesie' - dis nou kwansuis die mens - plaas sodat hulle almal skielik kan praat en nog mekaar verstaan ook boonop en as kinders sommer eensklaps die vermoë besit om dit te kan aanleer ...
      Julle onderskat werklik mense se intelligensie met julle fabelagtige aansprake - nou deesdae is dit weer die wonderwerker-mutasie, wat die Goddelike kan verrig! Nee wat, God verrig die Goddelike, nie julle snert teorieë nie.
      Wat sal julle nog aanvang? Julle soort super-mutasieteorieë is besig om julle evolusieteorie op te vreet...
      Die enigste rede waarom jy na 'n mutasie verwys, is omdat die evolusioniste iets moet aanvoor vir die plotselinge ontwikkeling van dinge, nou kom hulle met mutasies vorendag. 'n Sogenaamde mutasie is die gaping-stopper van die evolusionis, maar daar is geen bewys voor nie, net teorieë, soos baie ander in julle soort evolusie teorie, wat nooit bewys kan word nie.
      Kobus de Klerk

  • Beste Kobus

    Nêrens het ek gepraat van taalvaardigheid nie, maar oor taalvermoë. Taalvermoë lê in die onderbou van taal, en by alle mense is dit volmaak. Taalvaardigheid het meer te make met die bobou van taal, wat gebrekkig kan wees.
    Daar is ook geen bewyse dat taalvermoë nie met 'n mutasie begin het nie. Dit kan dalk die moeite werd wees om dit te ondersoek, (tensy jy in jou alwetendheid dalk 'n verbod daarop wil plaas.) Terloops, die werk van 'n wetenskaplike is in die eerste plek nie om te bewys nie maar om te ondersoek.
    Mutasies kan nadelig en voordelig wees, of dit kan ook geen effek hê nie.
    Dis 'n eenvoudige proses vir 'n citogenetikus om 'n mutasie in 'n chromosoom te kan waarneem deur 'n kariotipe van die chromosoom onder 'n mikroskoop te bestudeer. Twee tipes mutasies kan waargeneem word: invoegings en weglatings in die chromosoom, en genetiese mutasie.
    Bonatuurlike ingryping deur 'n goddelike wese êrens daar bo die wolke, is iets wat net die grotbewoners nog in geglo het, duisende jare gelede.
    Julle Christene is welkom om met julle toordokters en dolosgooiers die bestaan van so 'n god te probeer bewys. Niemand keer julle nie.
    Tot dan.

    Groete
    Angus

    • Kobus de Klerk

      Jy speel met woorde Angus, maar jy spreek nie die probleme wat ek weergee vir julle tipe evolusie aan nie.
      Kyk na jou verduideliking oor die waarneming van mutasies - maar ons praat van hoe spraak- en taalvaardigheid kon ontstaan het na aanleiding van jou insinuasie van mutasie, terwyl daar geen manier is vir enige 'citogenetikus' (dalk eerder sitogenetikus?) om derduisende jare gelede te kon waarneem dat dit so gebeur het nie - dus pure spekulasie.
      Jy sê ook dat wetenskaplikes nie dinge probeer bewys nie, net ondersoek ... Tag, maar nou trap jy op tone. Dit is dan juis hulle wat aandring dat hulle die evolusieteorie 'bewys' het ... maar dit is goed jy aanvaar namens hulle nie daarvoor verantwoordelikheid nie, want dit is werklik onbewysbaar.
      Kobus de Klerk

  • De Klerk
    Nou praat jy weer nonsens. Dit is lankal in bewys in 'Neuroscience' dat daar kritieke oomblikke in die ontwikkeling van die brein was wat gepaard gegaan het met die ontwikkeling van taal.
    Wanneer gaan jy ophou om aanhoudend olie op die ateïste se vuur te gooi met allerhande twakstories wat eenvoudig nie haalbaar is nie?
    Laat toets jou DNA en jy sal sien dat jy moontlik nog iets van jou oervoorouers in jou ronddra.

    • Kobus de Klerk

      Boot
      Daar is geen bewys vir die 'neuroscience' ontwikkeling waarvan jy praat en hoe dit spesifiek betrekking sou hê op taalvaardigheid nie - dit is ooglopend alles teorieë om die darwinistiese evolusieleer te probeer maak werk - een van talle.
      Maar daar is mos 'n rede waarom jy dit aanvaar eerder as Gods Woord ...
      Jy is mos maar eintlik 'n agnostikus wie se gewete hom daaroor pla en dan doen jy lippediens aan God maar wanneer jy vir ons vertel wat werklik in jou hart aangaan en jou persoonlike opinies en voor- en afkeure, dan is dit baie duidelik dat jy 'n agnostikus is want jy eggo hulle heelhartig. As jy aan die woord is, is hulle stil, want jy sê alles wat hulle graag wil hoor en sou wou sê - teen Gods Woord. Al wanneer hulle jou teengaan, is as hulle jou wys op jou geloofsbedrog wanneer jy maak of jy in God glo maar in dieselfde asem omtrent alles omtrent SY Woord kritiseer en as menslik en onbetroubaar afmaak, veral waar dit bots met jou agnostiese wêreldbeskouing en meer in besonder jou ondersteuning van die agnostiese Darwinistiese evolusieleer.
      Kobus de Klerk

  • Beste Kobus,
    Jy is darem maar slu. Deur net so 'n woordjie of twee weg te laat, kan jy alles lekker verdraai.

    Lees weer, ek het gesê: "Terloops, die werk van 'n wetenskaplike is in die eerste plek nie om te bewys nie maar om te ondersoek."

    Jy skryf: "Jy sê ook dat wetenskaplikes nie dinge probeer bewys nie, net ondersoek ... Tag, maar nou trap jy op tone."

    Wat ek hierbo geskryf het, is maar 'n klein deeltjie van die hele verhaal. As ek kans kry, skryf ek 'n vervolg; dus moet jy nie te opgewonde raak en dalk 'n aartjie bars nie. Ek kan jou verseker, jy het, soos gewoonlik, die kat aan sy stert beet.

    Groete,
    Angus

  • De Klerk
    Is jy nooit maniere geleer nie en nie in staat tot beskaafde gesprekvoering nie?
    Jy moet jou kennis begin opknap. Jy raak deesdae al hoe meer soos 'n outydse gekrapte grammofoonplaat waar die naald op een plek bly vashaak het.
    Jy moet gerus die webblaaie van 'Max Planck institutes' en ander begin lees en jouself op hoogte bring van die jongste verwikkelinge en dan sal jy minder 'Pseudoscience' op LitNet kwytraak.
    Lees ook eers iets op oor die ontstaan van stembande en veral die ontwikkeling van die menslike brein. Lees dan ook http://jannieleroux.co.za/jlr_wp/?tag=oerbrein
    'Hoe is dit moontlik dat Christene so nydig en kwaad kan word?’
    Hou dus op met jou gedurige voorstelling van die Bybel as 'n wetenskaplik gefundeerde handboek en jou gedurige hoogdrawende spiritualistiese spoggery, waarmee jy jouself op LitNet kom tuismaak en sal meer respek verdien van gelowiges en ongelowiges.

    • Kobus de Klerk

      Boot,

      Jou tirade is onvanpas en verleen nie ondersteuning vir jou onbewysbare standpunt nie - veral nie jou skakel na Jannie Le Roux nie.

      Daar is mense wat net eenvoudig die darwinistiese evolusie aanvaar omdat hulle glo dit is wetenskap - onbewysbare teorieë en al - sonder om dit aan 'n proses van behoorlike analise te onderwerp. Dit is waarom julle dit klakkeloos aanvaar.

      Kobus de Klerk

    • Kobus de Klerk

      Boot,

      Dit gaan werklik nie vir my oor mense se respek vir my, nie. Dit is nie relevant nie.

      Jou 'aansien' is waarskynlik vir jou van kardinale belang, soveel so dat jy eerder die Woord van God sal teëgaan as om 'aansien' in ander se oë in te boet omdat jy God se Woord moet eer, ten koste van jou gewildheid en aansien - maar hier is 'n waarskuwing vir jou, wat jy natuurlik sal wil verwerp... lees weer Johannes 15:18-23. Dit is die rede waarom jy aanstoot neem in mense soos ek.

      Dit gaan oor die integriteit van die Woord, nie oor my nie. Die Woord is onmeetbaar belangriker is ek, die individu. Die Woord se integriteit is ook my eie.

      Kobus de Klerk

  • De Klerk

    Jou probleem is dat jy 'n verdraaier en verkragter van die Evangelie is en dan totaal uit konteks Bybelversies aanhaal om jou standpunt te probeer regverdig.

    Die teks waarop jy staatmaak gaan oor die haat van 'n ongelowige wêreld en omdat ek kardinaal op gegronde redes van jou verskil, plaas jy my en daarmee ek miljoene ander Christene in die wêreld van die ongelowiges.

    Wat jy steeds nie verstaan of wil verstaan nie, dat mense oor al die eeue heen gelowig geword het binne die raamwerk van die kennis aan hul tyd.Mense wat vas aanvaar het dat die wêreld die middelpunt van die heelal is ,sal nie geoordeel word op hul gebrekkige kennis nie, maar wel of hul Christus gelowig as hul enigste Redder en Verlosser aanvaar het.

    Jy verkrag die integriteit van die Woord omdat jy alles aan die hand van die Bybel probeer verduidelik veral as dit oor suiwer wetenskaplike sake gaan.Deur die eiewyse houding vewerp jy ook die werk van Christelike wetenskaplikes wat radikaal van jou verskil en verklaar hul dan op grond van jou skewe en verdraaide skrifuitleg as ongelowig.

    Nou vir die heel laaste keer.Die Bybel is nie ‘n wetenskaplike handboek nie.Dit gaan nie in die skeppingsverhale oor die hoe nie.Dit was nog altyd van sekondêre belang.Dit gaan oor die WIE- die OORSAAK waardeur alles tot standgekom het.

    Die Heilige Gees op wie jy jouself soveel keer beroep is ook die Gees van Waarheid en as die wetenskap onthul dat Jupiter mane het wat dus deel van die skepping is, nou onsinnig kom verklaar dat dit nie so is nie.

    Moenie dat mense deur jou stompsinnige skrifuitleg nog verder weggedryf word van die Evangelie.

    Nou vra ek vir jou wat is geloof?

  • Kobus de Klerk

    Boot
    Jou dwaling oor God en geloofsake is ingrypend.
    Mense word nie gelowig in God weens die sekulêre kennis van hul tyd, soos jy probeer voorgee om jouself te probeer regverdig nie, nog nooit nie, maar omdat hulle die roeping van die HERE (Openbaring 3:20) gehoorsaam en dan gaandeweg kennis omtrent Hom opdoen soos HY dit verlang, in teenstelling met wat jy doen. Jy doen sekulêre kennis op wat jy ook hier en daar verdraai soos dit jou pas glad nie geverifieer kan word nie en bou dan vir jou 'n sekulêre religie daaruit op wat jy probeer deurvleg met die Woord solank dit net nie strydig met jou sekulêre kennis is nie, bloot om jou gewete te probeer stil.
    Die Woord wat ek vir jou dus weergee het, oor die haat, is juis dus van toepassing op wat jy doen, omdat jy volle Waarheid in die Woord sodanig haat dat jy dit verloën en ook almal wie dit wel aanhang en verkondig en weergee, probeer verguis. Dit sal jou binnekort baie duur te staan kom ...
    Waarom gee jy nie eerder gehoor aan die roepstem van die HERE (Openbaring 3:20) sodat jy Hom werklik kan leer ken nie? Waarom gaan jy geestelik ten gronde weens gebrek aan kennis omtrent God Self (Hosea 4:6), welke jy slegs by Hom kan kry (Mattheus 11:29) en dan soos HY word (1 Petrus 1:16)?
    Kobus de Klerk

  • De Klerk
    Jou kommentaar is verstommend. Jy ly ook dalk soos baie aan ’n leesgebrek en is ’n verdraaier van woorde, wat kommerwekkend is van ’n man wat jou professie beoefen.
    Lees nou weer, maar hierdie keer met insig en verstand:
    “Wat jy steeds nie verstaan of wil verstaan nie, dat mense oor al die eeue heen gelowig geword het binne die raamwerk van die kennis aan hul tyd. Mense wat vas aanvaar het dat die wêreld die middelpunt van die heelal is, sal nie geoordeel word op hul gebrekkige kennis nie, maar wel of hul Christus gelowig as hul enigste Redder en Verlosser aanvaar het.”
    Baie gelowige Christene sien Darwin se werk as iets wat direk deur Satan geïnspireer is, omdat Darwin dan sou gesê mense stam van ape af. Dit is natuurlik nonsens wat enigiemand wat die werk noukeurig gelees het, weet dat dit loutere onsin is.
    Hierdie mense “sal nie geoordeel word op hul gebrekkige kennis nie, maar wel of hul Christus gelowig as hul enigste Redder en Verlosser aanvaar het.”
    Verdere voorbeeld:
    Wat was die algemene opvatting van mense en die kerk tydens Galileo Galilei se lewe:
    “Galileo's advocacy of heliocentrism was controversial within his lifetime, when most philosophers and astronomers still subscribed to the view that the Earth stood motionless at the centre of the universe. After 1610, when he began publicly supporting the heliocentric view, which placed the Sun at the centre of the universe, he was opposed by astronomers, philosophers and clerics. One of the latter, Niccolò Lorini, eventually lodged an informal complaint against Galileo with the prefect of the Congregation of the Index, and another, Tommaso Caccini, formally denounced him to the Roman Inquisition, early in 1615. The subsequent investigation led to the Catholic Church's condemning heliocentrism as "false" and "altogether contrary to the Holy Scripture" in a decree by the Congregation of the Index in February 1616.[9] Although Galileo was not then judged to have committed any offence, he was nevertheless warned by Cardinal Bellarmine to abandon his support for heliocentrism—which he promised to do. When he later defended his views in his most famous work, Dialogue Concerning the Two Chief World Systems, published in 1632, he was tried by the Inquisition, found "vehemently suspect of heresy", forced to abjure, and spent the remaining nine years of his life under house arrest.[10] It was during this period that he wrote one of his finest works, Two New Sciences, in which he summarised the work he had done some forty years earlier, on the two sciences now called kinematics and strength of materials.[11][12]”
    Wikipedia.org.
    Hierdie sienswyse van die kerk en die wetenskaplikes is gegrond op ’n verkeerde Bybeluitleg waaraan jy jou gereeld skuldig maak. Hierdie mense, die kerkmense ingesluit is egter nie verlore nie omdat hul soos jy die kat aan die stert beet het oor Jupiter se mane, want ‘mense’ sal nie geoordeel word op hul gebrekkige kennis nie, maar wel of hul Christus gelowig as hul enigste Redder en Verlosser aanvaar het.
    Ek verskil van jou omdat ek, nie soos jy, Christelike wetenskaplikes, wat meer van evolusie ens weet as jy en ek soos jy verdoem nie op grond van foutiewe Bybeluitleg.
    Wanneer jy dus swaarde kruis met mense , soos Thomas en ander ateïste, wie se wetenskaplike kennis jy op grond van die Bybel probeer weerlê, gaan jy ook soos die Rooms Katolieke Kerk jou woorde moet sluk. Dit het die Vatikaan 350 jaar gevat om te erken dat dit verkeerd was. Ek weet egter nie hoe lank dit jou gaan vat nie.
    Nou wat is die les hieruit? Elke gelowige mens wat die werk van Jesus Christus volkome aanvaar word gelowig binne die raamwerk van die wetenskaplike kennis van sy tyd.
    God beoordeel ons nie volgens ons wetenskap nie, maar wel volgens ons geloof. Dit is egter nie ’n vrypas om nagevorsde wetenskaplike kennis op grond van die Bybel te verwerp nie, soos jy dit gereeld doen.
    So word jy dan ’n struikelblok en versterk die ongelowige se houding omdat jy eenvoudig net snert kwytraak oor onderwerpe waarin die mense vakkundig en goed onderlê is.
    Hou dus op om gedurig die Bybel in te sleep by suiwer wetenskaplike onderwerpe. Het Jesus ooit oor enige suiwer wetenskaplike onderwerpe gepreek?
    Is Hy as Skepper en Herskepper nie juis die regte persoon om alle misverstande oor die ontstaan van die heelal en wat daarna gebeur uit die weg te ruim nie? As Jesus dit nie doen nie, waarom maak jy dit jou roeping om dit wel te doen, of is jy net lief vir jou eie stem en opinie?
    Jy het geen benul hoe God se roepstem werk nie en daarom antwoord jy ook nie my vraag nie.
    Hier is dit weer: Nou vra ek vir jou wat is geloof?

  • Kobus de Klerk

    Boot
    Jy verstaan klaarblyklik nie die implikasie van jou eie woorde nie. Kom ons kyk na jou eie aanhaling. Jy sê dat mense oor al die eeue heen gelowig geword het binne die raamwerk van die kennis aan hul tyd – en hier praat ons mos van sekulêre kennis, juis nie kennis van God en SY Woord nie (terwyl dit juis oor gebrek aan kennis van God en SY Woord is waarna die HERE in Hosea 4:6 verwys). Met ander woorde, wat jy sê is dat hul sekulêre kennis hul geloof bepaal en voed. Watter lasterlike, misleidende snert. In jou reaksie hierbo, sê jy dit reguit na aanleiding van jou Galileo-relaas. Trouens, jou insig omtrent die dinge is so gebrekkig en jy is so beïnvloedbaar (gullible, sê die Engelsman daarvoor) dat jy alles wat jy daaromtrent lees, nes die agnostici, sommer so klakkeloos aanvaar, terwyl dit, as jy die nodige insig had, duidelik is dat die katolieke kerk van die tyd, beide staat en kerk, hom vergryp het aan sy magte en die Woord weggehou het van die mense en die kerk misbruik het vir politieke doeleindes.
    Hier is dus 'n uitdaging vir jou – wys een plek in die Woord uit waar die HERE Jesus vereis dat mense hul geloof in Hom ooreenkomstig hul sekulêre oftewel wetenskaplike kennis moet skik of bepaal – Natuurlik kan jy nie.
    Jy sê mense word nie geoordeel oor hulle gebrekkige sekulêre kennis nie. Maar in die eerste plek gaan die gesprek oor geloof, en nie oordeel nie. Jou aanmerkings is dus onsamehangend en deurmekaar. In die tweede plek versuim jy, terwyl jy dan oordeel bytrek, om te noem dat mense wel (indirek) geoordeel word weens hulle gebrek aan kennis omtrent God (Hosea 4:6; Jesaja 5:13). Natuurlik omdat jy self daaronder val want jy is op rekord dat jy geen agting vir God se geskrewe Woord het nie en dele daarvan sommer verdraai, verander of geheel en al verwerp omdat dit jou sekulêre siening nie pas nie.
    Wat die Woord aanbetref – waar daar in die Woord na feite verwys word, is dit nie leuens soos jy probeer insinueer nie, maar Waarheid en betroubaar, al is daar aspekte van wat jy nie verstaan nie. Dan help dit nie om daardie gedeeltes te verwerp of sommer net af te maak nie.
    Jesus Christus is die die HERE, die Woord van God as mens geïnkarneer gebore uit die maagd Maria. Glo jy dit? As sodanig het HY alle aandeel in die wyse waarop die Woord van die begin daarvan in Genesis tot aan die einde daarvan in Openbaring geïnspireer is. Let dus ernstig op die waarskuwing in Openbaring 22:18-19, juis só deur die HERE gepromulgeer om die integriteit van SY geskrewe Woord te beskerm, maar wat klaarblyklik deur jou geminag en geïgnoreer word, want jy verdraai Gods Woord gereeld, soos dit uit jou op- en aanmerkings wys, soveel so dat selfs Jaco wat 'n ateïs is, jou al daarop gewys het.
    As jy dus, soos jy self sê, geoordeel sal word oor jou geloof (of gebrek daaraan) dan sien ek vir jou bittere swaarkry wat voorlê. Dit is een ding om lippetaal te bewys aan die refrein dat mense geoordeel word of hulle Christus gelowig as hul enigste Redder en Verlosser aanvaar het, maar wat is die implikasie daarvan? Vir jóú? Jy is reeds geoordeel as jy die Woord van Christus verdraai en minag, want Christus ís die Woord. As jy dus SY Woord so met minagting behandel, behandel jy Hom mos net so en dan kan jy mos nie aanspraak maak daarop dat jy Hom as enigste Redder en Verlosser aangeneem het nie. Op jou eie uitwysing oor die oordeel, sal jy dus veroordeel word daaroor ...
    Die HERE se Woord is duidelik vir diegene wie werklik in Hom glo. Op so 'n manier ruim HY Self alle misverstande oor Hom en SY Woord en ook, in soverre dit relevant is, oor die ontstaan van die heelal en wat daarna gebeur uit die weg.
    Geloof is die volle aanvaarding en aanneming van God Drie-enig en SY Woord soos HY Homself openbaar deur SY Woord, die Seun van die Mens, Jesus Christus die HERE, gebore uit die maagd Maria deur die werking van die Heilige Gees en deur die openbaring deur en van SY Heilige Gees. Hier is die geloofsbelydenis van die ware gelowige:
    Ek glo in God Drie-Enig, dit is die Here, Here, Here van die leërskare, God van ons vaders, God van Abraham, Isak en Jakob, ons God, die een en enigste waaragtige God, God die Vader, Seun en Heilige Gees, die Allerhoogste en Almagtige en Alwyse, ’n jaloerse en liefdevolle God, Wie nooit sluimer of slaap nie, ons Bewaarder:
    God die Vader, ons goedertierene en barmhartige Hemelse Vader;
    God die Seun, Jesus Christus, vleesgeworde Woord van God die Vader, Swaard van die Heilige Gees van God die Vader (Ef 6:17), deur Wie alles tot stand gekom het wat tot stand gekom het, en sonder Wie niks tot stand gekom het, wat tot stand gekom het nie, en aan Wie gegee is deur die Vader alle mag in die Hemel en op aarde, en die sleutels van die doderyk, en Wie in die geliefde, eniggebore Seun, deur die werking van die Heilige Gees van die Vader, vlees geword het, gebore uit die maagd Maria, en Wie deur die werkers van die bose ter wille van ons, sodat ons die ewige lewe sal deelagtig wees, gevange geneem is, gemartel is, gekruisig is en om die lewe gebring is ter wille van al ons sondes, maar Wie op die derde dag uit die dode opgestaan het, as ewige Oorwinnaar oor die bose, verheerlik, en sodoende finaal en vir ewig die sonde en satan oorwin het, deurdat Hy met Sy lewe en bloed vir alle mense se sondes betaal het, en alle mense van sonde gereinig het, waarna Hy opgevaar het na die Hemel, waar Hy sit aan die regterhand van God die Vader, en aan Wie gegee is die sleutel van lewe en dood, alle oordeel en alle Mag, vanwaar Hy met Sy Engeleleër op die oordeelsdag sal kom om te oordeel die wat die ewige lewe sal ingaan, en dié wat die hel saam met satan sal ingaan;
    God die Heilige Gees, Wese en Krag en alomteenwoordige Gees van God die Vader, die Een Wie is soos die wind, wat kom en gaan soos Hy wil, ons Trooster en ons Ewige Helper;
    Ek glo dat ek in die beskerming van God Drie- Enig staan, en dat ek van my sondes in die Bloed van Jesus Christus gereinig is, en dat die bose satan en sy werkers, naamlik die owerhede, magte, en wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, die bose geeste in die lug, geen invloed op my sal hê nie, en my nie in die pad sal kan staan in my werk vir God Drie-enig nie, aangesien ons slegs die waaragtige God vrees, en ek geen vrees vir die oormag van Satan het nie, aangesien ek deur onse Here Jesus Christus en Sy Engele beskerm word, en deur God Drie-enig gelei word in my weë;
    Ek glo ook aan die genade en liefde van God die Vader, die Krag en alomteenwoordige gemeenskap van God die Heilige Gees en die afwassing en reiniging van die sonde deur die Bloed van God die Seun, Jesus Christus, en ek glo ook aan die vergiffenis van al my sondes, en dat ek van my sondes en alle ongeregtighede verlos en gereinig is;
    Ek glo ook aan die wederopstanding van die vlees, die totstandkoming van die Christelike Kerk as bruid van God die Seun, Jesus Christus en die gemeenskap van die Kerk, en die hiernamaals, en die Ewige Lewe in die Hemele van God Drie-enig.
    Kobus de Klerk

  • Ek het aanvanklik geskryf oor die FOXP2-geen en die debat daaromtrent of dit dalk 'n taalgeen kan wees. Kobus het eers hewig geprotesteer met allerhande twak en wyshede, totdat ek hom hom op sy slinksheid uitgevang het. Hy het my toe laat staan, en begin konstentreer op Boot, wat hy seker toe as makliker teiken uitgeken het. Tot dusver slaan Boot hom bloedneus, sodat Kobus oorgeslaan het in 'n hartroerende geloofsbelydenis: "Ek glo dat ek in die beskerming van God drie-enig staan" en die twak van die bloed van jesus Christus en die Satan wat daarop volg.

    Wat al die snert met FOXP2 te make het, weet ek so wragtag nie.

  • Kobus de Klerk

    Angus,

    Wanneer en waar het jy my hierbo kwansuis uitgevang? Jy praat mos nou snert. En wat die uitlos aanbetref, is dit glad nie so nie - jy sou 'n opvolg doen en dan sal ek jou verder uitwys...

    En wat Boot aanbetref, natuurlik sal jy sê wat jy sê, want hy ondersteun gedurig die ongelowiges en is net so mislei soos jy. Dit is dus logies dat jy sal sê hy gee my kamstig 'bloedneus', want as jy besef het hy praat snert agter julle aan, sou jy moes beken dat jy besig is om 'n gelowige te word.

    Kobus de Klerk

  • Beste Kobus,
    Natuurlik het ek jou uitgevang dat jy dinge verdraai. Sit jou brilletjie op, en dan lees ons saam. Soek jou reaksie hierbo van 2015-06-19 wat jy om 09:36 gepos het, en myne van 2015-06-18 wat ek om 10:42 gestuur het.

    Ek het geskryf: “Terloops, die werk van ʼn wetenskaplike is in die eerste plek nie om te bewys nie maar om te ondersoek.”

    Jy skryf: “Jy sê ook dat wetenskaplikes nie dinge probeer bewys nie, net ondersoek. “

    As jy die verskil nie kan insien nie, dan is ek bevrees, jy sal jou skoolgeld maar moet terugvra. Kry vir jou graad 6-begripstoets oefeninge. Miskien sal dit so ʼn bietjie help.

    Groete,
    Angus

    • Kobus de Klerk

      Jy lees maar weer bra oppervlakkig. Wat ek sê jy het gesê, is eintlik maar dieselfde ding. Ses van die een en halfdosyn van die ander ... maar as jy nie weet wat 'n halfdosyn is nie, sal jy mos reageer soos wat jy wel doen.
      Maar ons sien in die evolusioniste wat hulself wetenskaplikes noem se gekrap dat jy reg is in soverre jy te kenne gee dat hul prioriteit nie is om te bewys nie - hul prioriteit is om rond te krap ongeag die bewysbaarheid van hul interpretasie van hul fondse.
      Kobus de Klerk

      • Beste Kobus,
        Foeitog, ja! Ek het so gedink. Vir jou is die twee sinne sinoniem. Jy sal beslis moet teruggaan skool toe, maar ek wonder of dit van enige nut sal wees.
        Een ding is darem seker. Jy volg die Bybel se voorskrifte letterlik na: jy het beslis nie van die boom van kennis geëet nie. Mooi so! Hou so aan.
        Weer so terloops, ses van die een en halfdosyn van die ander is 'n gruwelike anglisisme. Teruggaan skool toe vir jou! In Afrikaans is die idioom vinkel en koljander, die een is nes die ander.
        Groete
        Angus

  • De Klerk
    Jy ignoreer my plasing van 29Junie. Dus plaas ek dit hier.
    De Klerk
    Jy skryf baie maar eintlik sê jy niks wat betrekking op die onderwerp het. Jy praat van sekulêre kennis sonder dat jy die begrip omskryf of enigsins verduidelik.
    Gaan lees en ek haal kortliks aan: http://vcho.co.za/christelike_wetenskap/wetenskapsleer-vir-fisika-en-chemie-3.php#sect1.
    “Sekulêre kennis is gemene grond waarop alle mense mekaar ontmoet. Byvoorbeeld almal aanvaar die swaartekragwet van Newton. Almal aanvaar die fisiese en chemiese wette en teorieë wat ons in ons kursusse aan studente leer, maak nie saak wat die geloofsoortuigings van studente is nie. Dit is algemeen aanvaarde kennis, ook genoem openbare kennis, kennis wat vir almal toeganklik (oop) is. Dit is kennis wat op een of ander ordelikheid, reëlmatigheid of wetmatigheid in ons gemeenskaplike, alledaagse ervaring gegrond is. Openbare kennis het dus 'n gemeenskaplike begronding, op grond waarvan ons almal kan saamstem oor 'n bepaalde inhoud en aard van sekere kennis as kennis. Dat dit kennis is wat deur alle mense onder bepaalde omstandighede aanvaar word, beteken dat daar een of ander wet moet wees, een of ander rigtinggewende beginsel, 'n ordeningsbeginsel moet wees, waaraan ons ons kennis onderhewig maak.”
    Geloofsoortuigings speel dus geen rol nie. Dit is dus kennis wat beide deur gelowige en ongelowige mense aanvaar word. MAAR dit is ook in jou geval die kennis wat jy probeer op grond van die Bybel te weerlê en dan die daardeur die gramskap van beide op die hals haal.
    Jy praat dus twak deur te beweer dat sekulêre kennis die Bybel verkrag. Waar praat die Bybel oor die wetenskap? Hoekom antwoord jy nie my vraag nie.
    Tyd ontbreek my want Eskom se beurtkrag noodsaak my om antwoorde kort te hou. Ek soek nie opstelle nie, antwoord dus asb my vraag.
    Verduidelik nou vir my en ander lesers hoe sekulêre kennis soos hierbo omskryf my aan die kant van die ongelowiges plaas soos jy beweer in jou kommentaar van 6 Julie.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top