Sê jou sê op die Sê! LitNet se vuurwarm brieweblad oor alles en nog wat.Stuur jou brief aanwebvoet@litnet.co.za.Don’t bite your tongue! Turn up the heat and send us your letters and opinions.Send letters towebvoet@litnet.co.za.
Francois Williams2013-10-17Gister was daar 'n 7.2 skudding in Carmen, op Bohol eiland in die Filippyne. Ek was pas vir langer as 2 maande daar, gelukkig 3 weke terug geskuif.
Pieter Redelinghuys2013-10-17Wat ek persoonlik onrusbarend vind van hierdie verhaal is dat die veiligheid en heil van die mensdom nie eers aan ‘n christen toevertrou kan word nie, nog minder aan ‘n "born-again" variant nie.
SêNet-briefskrywer2013-10-17Die nou reeds holruggeryde kommentaar oor Prof Jansen se uitlatings ten opsigte van Engels as moedertaalonderrig laat my wonder oor die mens se beskouing van ons doel op aarde.
Pieter Redelinghuys2013-10-17Obama het die oorlog in Irak laat voortgaan, en selfs die aantal soldate daar grootliks vermeerder, alles in teenstelling van sy verkiesings beloftes om ‘n spoedige einde aan die oorlog te bring.
Jaomi Zeeman2013-10-17"Ek het biesmelk en suurmelk leer ken. Ek het geweet waar die botterspaan gebêre word. Ek het geweet waar om die kaasdoek te kry."
Jan Rap2013-10-15Saterdag by de Irene-vlooimark stap ons by 'n tafel verby waar 'n vrou gediggies uitstal, elkeen in 'n plastiekhouer en op so'n manier natuurlik dat onderstebo vir haar is; die verbystappers moet dit kan lees. Soos mens navraag doen, dra sy hulle voor.
Cornelius Henn2013-10-15Vir baie jare reeds deel ek die werklikheid aangaande die verkondiging van die Evangelie in die Midde-Ooste, Indonesië en plekke soos Maleisië.