Masters of the Universe

  • 0

Wanneer mens so kyk na die name van diegene wat deur die politiek en geldmag die Weste letterlik beheer en regeer, dan val dit op dat seker 95 % van hierdie persone Anglo-Saksiese name dra, en in die VSA, vind mens ook 'n mate van Keltiese vanne. Die res dra Joodse name veral diegene in beheer van die groot investeringsbanke op Wall Street. Hierdie is die mense met mega-geld en -mag en bepaal die ekonomiese koers en politiek van die wêreld. Nou weer word gesien hoe die wêreldekonomie sy asem ophou terwyl die VSA twis en kibbel oor sy begroting, en dat n klein groepie aan die vêrregse vleuel van die Republikeinse Party die regering as gyselaar kan hou.

Die hele konsep van VSA-demokrasie is ook ’n leuen en ’n fars want diegene sonder geld of mag geld vir niks nie. Dit is trouens die rykste Amerikaners wat die minste belasting betaal (na George W Bush se vermindering van inkomstebelasting vir die rykstes) wat floreer en die middelklas sukkel vandag om ’n bestaan te maak. Dit spel ook die einde aan die sg "American Dream".

Vandag besit die VSA een van die laagste posisies van alle OECD lande wat betref gesondheid, onderwys, pasgeborene sterftesyfers, mortaliteit, edm. Daar is veel Europese lande, soos al die Skandinawiese lande, Switzerland, Oostenryk, Nederland, Australië, Nieu-Seeland, Kanada, edm, wat beter sorg vir hulle burgers as die VSA.

Wat ’n treurige toestand van sake in ’n land wat geadverteer word as "die rykste land in die wêreld"! Bg lande wat veel beter vaar as die VSA het ’n geskiedenis die laaste ses dekades van ’n gesonde mengsel van kapitalisme en sosialedomokrasie wat’ n mate van welvaart versprei het oor ’n breë sektor van die bevolking. In die VSA word enige poging tot ’n gesondheidsdiens vir almal afgemaak as "kommunisme". Hoe treurig!

Waar kry die VSA sy inspirasie en idees vandaan? Kyk weer na die name in beheer van die land, en fundeer of die ideologie van die eerste stigters (fundamentaliste protestante) met hulle Joodse-Christelike geloof nie ’n deurgewende invloed had op die gemeenskaplike ontwikkeling en heil van die land nie.

Pieter Redelinghuys 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top