Die wêreldsituasie

  • 1

Dinge lyk maar rof ... die VSA, Home of the Slave, Land of the Fee, die kastige rykste en magtigste moondheid in die geskiedenis, klop hard aan die deur van amptelike bankrotskap, newwermaaind of course dat die plek al bankrot is sedert 1972 of so iets, shaaim, maar die keer blyk dit dat niemand meer die feite kan verdoesel nie, en dit terwyl 3 Yanks al weer die Nobel wen vir ekonomie???

Weetie of die fout leg by die Yanks of by Nobel nie, enige insae asb?

Oor die Atlantiese seetjie gaan dit niks beter nie, in teendeel, Italia is alweer herderloos, en steeds bankrot, Spaanse banke ook, en Frankryk wankel steeds.

Noord EU tol ook, die VK is amper net so lank al bankrot as die VSA.

Waar gaan dit alles eindig?

O gaats, en dan kan die Katolieke Kerk, in die Vatikaanstad, die plek op aarde waar die Persoonlike Verteenwoordiger van God selwers woon, dan kan die mense nie eens spel nie!!

Jaak, die Lesus debakel, tsk, tsk ... geen wonder die mense se sommetjies faal so nie ... ek meen as jy nie die verskil tussen L en J onder die kniegie kan kry nie, dan gaan die kierangtjies braai, lekka!!

Wys jou net weer watter ongelooflik goed geregeerde land is SA ...

Francois Williams

  • 1

Kommentaar

  • Kan nie eintlik anders as om om 'n ongelooflik-goed regeerde land te wees nie met die nou dat SA 'n groter staatsdiens as die VSA het.  En tog, in die VSA, ten spyte van hulle kwansuise bankrotskap (soos jy altoos met groot vermaak verkondig) werk hulle rioolpompe nog, hulle laat nie rou riool in die riviere inloop nie.  En hulle spoorlyne, baie, baie langer as ons s'n, is nie geroes nie en hulle paaie, baie baie langer as ons s'n,  is nie vol slaggate nie en die wat daar is word reggemaak.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top