Gister was daar 'n 7.2 skudding in Carmen, op Bohol eiland in die Filippyne. Ek was pas vir langer as 2 maande daar, gelukkig 3 weke terug geskuif.
Baie van die pragtige ou Spaanse era kerke in Baclayon en Loboc, waar ek soms vertoef het, het inmekaar geval, honderde mense is dood ... dis alles effe surrealisties waar ek nou sit in China.
Gelukkig is my meisie ook op Boracay-eiland, so sy is veilig, en ja, was dit net blote geluk dat ons besluit het om aan te skuif en Bohol vaarwel toe te roep voor die skudding?
Ek meen, ek lees op yahoo:
Offices and schools were closed for a national holiday — the Muslim festival of Eid al-Adha — which may have saved lives.
Aledel Cuizon said the quake that caught her in her bedroom sounded like "a huge truck that was approaching and the rumbling sound grew louder as it got closer."
Wel, die Moslem-vakansiedag het dus die lewens gered van derduisendes ...
God slaap nie ... of hoe ...
Francois Williams


Kommentaar
Dan wonder `n mens hoekom die tsunami in Indonesië op tweede Kersdag was, nie op Kersdag self nie. Het iemand `n bietjie verslaap?
ClR