Vir Dirk Rigter en Wouter

  • 1

Menere, ek verwys na julle kommentaar onderaan my brief van 15 deser.

Dirk, jy mag reg wees dat ek onsin geskryf het; niemand is onfeilbaar nie.  Maar wys my waar ek valse stellings gemaak het sodat ek kan regmaak en my kan bekeer.  Is jy nie moreel verplig om dwalendes terug te bring trop toe nie?  Jy's dalk instrumenteel daarin dat ek oorgehaal word na jou, Max, Piet en die res van die 'verligtes' se siening. 

Kan jy dit egter nie doen nie is dit maar net weer eens 'n bewys dat jy geprogrammeer is; jy verwerp wat nie strook met jou geplante sienings nie maar kan nie eintlik sê hoekom nie; jy skree net 'ketter!' en kyk rond vir applous.  Jy dryf maar stroom-af met gods water wat so oor gods akker stroom.

Ek sal toegee, ek hét nie heeltemal reg gepraat waar ek genoem het waarvoor verskoning aan ons gebied moet word nie.  Daar is nog goed soos plaasmoorde en veranderde plek- en straatname maar het maar teruggehou op die gevaar heen dat die brief nie geplaas word nie.  Sensitiewe tone jy weet, die soort van ding, close to the bone.

Wouter, tweede poging tot wat?  Jy praat ook maar net omdat praat praat is.  Soos Dirk wil jy ook maar net wys jy's nog aan die Rottweilers se kant maar jy kan nie eintlik sê hoekom nie.  Seker maar soos Churchill gesê het, jy voer die krokodil met die hoop dat hy jou laaste gaan eet.

Dis tyd dat julle ouens julle heilige koeie ernstig ondersoek.

Jan Rap

  • 1

Kommentaar

  • Hierdie brief van jou: 

     
    Prof Piet Croukamp
    Jan Rap
    2013-10-07
     
    Dit was reg uit die gekkegrens toe, en was dit weer uit die gekkegrens en nou weer. Gereeld probeer jy my klap met, 'jy, wouter, praat omdat praat is'. 
     
    Alles behalwe oom, maar indien die bewerings in die lug is, dan is dit nog meer waar vir jou as wat dit vir my sou wees, hoe gereeld skryf jy nie hierdie tipe brief. 
     
    Soos klokslag, kom jy met 'n brief waar apartheid nooit gebeur het nie, en wat nog meer verstommend is, is dat jy gedurig aandui, jy is oop vir gesprek, jy is so redelik ...
     
    Alles onsin, dit is belaglik om 20 jaar na die val van apartheid te argumenteer of dit bestaan het of nie en is in swak smaak. 
     
    Dit dien geen doel dat ek 'n goeie geskiedenisboek aan jou voorstel nie, maar indien jy sou, probeer die 'Cambridge History of South Africa - Volume II' en dan kan ons weer praat. Maar geskiedenis en koerante die vertrou jy nie, net jou Jack Russell en jou verbeelding.
     
    Tot dan, oom, jy leef in ontkenning en verlang ek nie dat jy soos Job op die ashoop moet gaan sit nie en jou swere krap met potskerf nie, maar toon respek aan die wat te nagekom is en erken hulle geskiedenis en ons rol in daardie misdaad.
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top