Aan NG-kerk en Gays

  • 13

Ek verstaan nie hoekom iemand in 'n kerk is in elk geval as hy nie die Bybel glo nie. Dit lyk vir my of dit nou 'n demokrasie is? Ek ken gay mense vir wie ek baie lief is – so asseblief ek het nou niks hier van myself gesê nie. Ek verstaan net in geheel nie waarteen julle opstaan nie? Almal begin deesdae 'n kerk - dis maklik. Jy begin 'n tent en samel geld in en bou 'n gebou of iets. Ek ken 'n gesin wat verskriklik in die NG-kerk geboer en gewerskaf het. Toe vra ek die pa eendag of hy in God glo toe sê hy “beslis nie”. En ek vra hom waarom hulle so besig is in die kerk - sulke goeie lidmate is… toe sê hy want dit is goed vir sy kinders. En wragtig sy kinders was hoofseun en hoofmeisie op skool - o ja hulle was erg by die skool ook betrokke. Ek kritiseer nou nie my vriende nie, hy't dit dan self erken. Toe die kinders by die universiteit instap toe loop hulle kerkery dood. Morsdood. Toe sê hy wraggies: Dankie tog, die kinders is nou okay en ek hoef nie meer Sondae vroeg op te staan nie. O ja, hy't ook gesê die tradisie in die NG-kerk is goed vir sy kinders. (By their traditions they have made null and void the word of God – jammer dat ek nou uit Koning James aanhaal).

Wel, sy vrou het toe vir haar 'n evangelistiese kerk loop opsoek (haai, sy glo toe regtig in God) en sy gaan nou soontoe. Daarom vra ek, 'n mens moet tog jou eie hart ondersoek en as die bybel se woorde vir jou 'n steen des aanstoots is, waarom dit aanhang hoegenaamd, om nie eens van die kerk of die hoekstene of die toga's, et al, te praat nie. I don't gettit! Ek wil julle nou nie slegsê nie maar ek reken julle is tippex-bybellesers. Anders waarom die arme ou NG-kerk wil bykom? Kom dan die hele lot by maar hou by wat die Bybel sê. En werklik mense, geboue en instansies is besig om ‘n dood te sterf. Iewers in die bybel staan daar “die kerk is onsigbaar” - dankie tog vir dit.

Ek sien net 2 plekke waar God die woord haat gebruik in die bybel, maar ek praat onder korreksie. Hy’t vir Esau gehaat en Hy’t egskeiding gehaat. Eienaardige twee dinge. Getroude mense BINNE-in die kerk skei verskriklik (ek verstaan Esau se lensiestorie nie te goed nie), maar met egskeiding is dit ‘n warrelmoes van ongelukkig kinders, stiefkinders, -pa’s, ma’s. Dit IS iets om te haat, verdomp – dus is my argument nie teen ‘n groep hier nie, my argument is vir die bybel self! Verkieslik die heel oudste vertalings.

Rietha

  • 13

Kommentaar

  • George Bekker

    Die probleem is daar is talle mense in die NGK en dit sluit teoloë in, wat sonder die Bybel besluit wat hulle wil hê. Dit beteken dat mense hulle eie kop kan volg en oa kan trou al is albei van dieselfde geslag. Eers na hierdie standpunt inname (dis tog die populêre siening en dus die regte een) word na die Bybel gekyk. Al genade is nou om die Bybel te bevraagteken en "by hook or by crook" uiteindelik te sê, maar natuurlik kan dit so gedoen word. Daar is die bekende pa-predikant en seun-predikant geval, wat nogal verbasend eerlik is oor die saak. Die tradisionele manier van bybellees word as "van bo af" beskryf en die manier om dinge in te lees, as "van onder af".

    Hierdie mense stel nie in 'n eie kerk belang nie. Die NGK moet aanpas en die Bybel moet gemanipuleer word totdat hierdie punt bereik is. Dis glad nie lank gelede nie wat geen saak deur die NGK behandel is sonder om eerstens te vra: Wat staan in die Bybel? Ons is nou moontlik op pad na 'n breë en terselfdertyd leë kerk.

    George

  • Rietha, ek is gay, en ek gaan nie kerk toe nie. Ek gaan nie, nie omdat ek gay is nie, maar omdat ek nie elke Sondag in die kerk kan sit met vroom omies en tanties in wie se mond botter nie kan smelt nie, totdat hulle by die deur uitstap nie. Dan is hulle monde vol skinderbek praatjies; het hulle baie te sê oor almal en alles.

    Ek was lank `n diaken, en het `n wyk gehad met meer senior mense as werkende mense. Een van die tannies by wie ek kollekte gedoen het, was arm; baie, baie arm. Soms het die kerk gehelp, maar sy was `n trotse entjie mens, en het nie sommer hulp aanvaar nie. Elke maand as ek kollekte gedoen het, was daar altyd tee, `n pakkie Marie-beskuitjies, en `n donasie, soms R5.00 soms R10.00.

    Nie ver van haar af nie, het `n grootbaas van `n maatskappy gebly. Mercedes gery, kinders in privaatskool - die works. Om by hulle aan te klop, moes jy ten minste `n week voor die tyd laat weet jy kom. Hulle was selde by die huis op die gegewe besoekdag, en sou jy wel daar inkom, was die donasie `n karige R50.00.

    Nou, vir wie is die hemel bestem? Ons almal, glo ek.

    Nie alle kerkgaande mense is skynheilig nie; daar is werklik goeie mense in die kerk - gays ingesluit.

    Ek het nie `n gebou nodig om God te aanbid nie. Ek praat met Hom soveel as moontlik, vra askies dat ek nie uitgedraai het soos hy wou ek moes nie.

    Maar om in `n kerk te sit, waar mense sit Sondag op Sondag, net om Maandag te hoor hy het sy vrou opgeneuk, of sy het by haar buurman geslaap - dit werk nie vir my nie. Dan sit ek eerder in my huis, met my Bybel, en gee opregtheid deur aan God op my manier.

  • Retha.

    Jy het seker gehoor van die staaltjie.  Een oordelende wysvinger na ander, die ander vingers wys oordelend terug na jouself.

    Jy behoort jou nie te bemoei wat ander se redes en motiewe vir kerkgang is nie.  Indien jy 'n Christen is vra jouself eerder af hoe staan jy teenoor jou god.

    Jaco Fourie

  • Jaco dit sal maar 'n saai lewe wees as iemand nie iets uitlaat waaroor hy wonder nie. My brief is een groot vraag? Ek maar min stellings gemaak. Op watter een vat jy my nou aan? Ek het niks gesê van wat ek glo nie.   Mea praat van baie mense wat skinder ens. Nou, daar kan jy my aanvat. Ek skinder seker maar. Is skinder iets wat 'n mens vir iemand oorvertel wanneer jy iets gehoor het? Skinder is ook een van daai abstrakte werkwoorde. Wanneer weet jy iemand skinder? Jirlikheid maar mense is fyngevoelig. Ek het absoluut NET oor die Bybel se woorde gevra. Wat het dit te doen met wat mense dink? Hou net by die skrif as julle glo anders waarom glo julle? Ek dink my eie ma glo in 'n oorkoepelende God wat almal jammer kry - maar sy is nie in 'n kerk nie en sy lees ook nie die bybel nie - miskien van die psalms waarin haar denke weerspieël word. Waarop is die NG-kerk gebaseer, dink ek, is eintlik wat ek wou vra. Kan 'n slim mens my antwoord asseblief. As dit nie daai boek is nie, waarop dan?

  • Rietha

    Ek sien ek het 'n fyn snaar by jou gepluk.  Dit beteken ek het jou tot nadenke gebring, en goed so.  Ek hoop Mea het ook kennis daarvan vir haarself ook geneem.

    Enige kerk, en geloof moet getakseer  (gekritiseer) word op sterkte van die waarhede al dan nie van hulle leerstellings wat deur hulle verkondig word, en nie oor menslike kleinlikhede in die kerk nie.  Die meeste mense glo opreg in die leerstellings van hulle kerk.  Hoekom dan moet die kerk verdoem word op sterkte van die wangedrag van 'n minderheid leke, soos in Mea se brief uiteengesit.

    Die Bybel leer, vat die balk uit jou eie oog voordat jy die splinter uit 'n ander se oog wil neem. Verder leer die Bybel vir  die Christen dat hy ten alle tye sy oe op Jesus gerig moet hou, en nie op menslike swakhede in die kerk nie.

    Al is ek 'n ateis, is daar vir my ook waardevolle lesse wat ek vanuit die Bybel put.

    Jaco Fourie

  • Hi Jaco, jy oorskat my geweldig. My snare is in vir diens - ek dink g'n niks. Wat beteken dit as jy se "enige geloof of enige kerk" - praat jy nou van alle soorte gelowe, toemaar dit maak nie saak nie. Ek weet niks van sulke goed nie. Die woord leerstellings is weird weird weird. Watse goed is dit? Daarom het ek gevra: Is die kerk dan nie op die Bybel (alleen) gebaseer nie. Die mens kan mos nie loop goed bysit of aftrek nie? Huh? En omdat dit privaat instansies is dink ek, jy waai net as dit jou nie pas nie - en die enigste rede hoekom dit jou nie sal pas nie is omdat dit dan nie op die bybel gebaseer is nie. Is dit dalk op Martin Luther se stellings gebaseer? Ek het nie die kerk verdoem nie ek het 'n vraag gevra - Lord Almighty! Maar nou's ek klaar want lyk vir my dit gaan hier oor 'n ander dokument wat iewers gebruik word. Ek Sê jou mos ek is stupid. Geez Louise! O ja, ek dink wanneer mens daar in 'n bankie sit is jy 'n gas, tensy jy aandele daarin het op een of ander beurs of fonds. So het ek al baie church hopping gedoen (ek gaan ook soms Eastgate toe en ander kere Melrose Arch toe) - dis vir my lekker om dit te doen - interessant (net dit) om te gaan kyk of hulle net uit die bybel preek of iets anders bysê. Dis maar al. Geniet jou dag nou's ek vir eers klaar - ek moet hardloop, my  hond kort 'n veearts - bye for now.

  • CorneliusHenn

    ... en daar stel jy die dwaal toe duidelik in jou eie woorde Jaco Fourie: "meeste mense glo opreg in die leerstellings van hulle kerk". 

     

    Miskien is dit waar wat Bybelaanbidders betref ... katolieke en ander Godsdienstiges, glo egter met hul hele hart in die genade en liefde van God ... geen Bybel se waardevolle lesse vir ateiste, of ander regsinnige (gereformeerde met 'n klein g) se kerk, of se paap, of se uitleg in die een of ander Spirituele Intelligensie is daarvoor nodig nie - net God self in jou hart bring geloof daarin!

     

    Mag Jesus Christus onse HERE, self die Tuinier in 'n ieder se hart wees wat hier lees.

     

    Namaste!

     

    Cornelius Henn

  • CorneliusHenn

    Beste Rietha,

     

    Ek sit maar op my stok hier onder in die hok en koets vir al die stront wat van bo af val.

     

    Daar is gewis homoseksuele wat onredelik deur die dogma van regsinnige instansies soos die Calvinisme geraak word.

     

    Godsdiens, is egter veel wyer as die Protestante of die Katolieke.

     

    Daarom glo ek dat God self, hul harte elders sal troos.

     

    Wat die besorgdheid van sogenaamde homofobe betref, ek dit geheel verstaan.

     

    Die trotse promiskue dekadente suiwer Afrikanerbloed homoseksueel Jaco Fourie, het saam met sy maatjie Wouter Ferns, my reeds menigmaal probeer verkleineer omdat ek my as straight met gays assosieer.

     

    Dan is daar hierdie stelling deur die misantroop Chris Dippenaar: "Vir jou [Pieter Redelinghuys] en vir my [Chris Dippenaar] is die oplossing eenvoudig: godsdiens moet ondermyn word totdat dit geen invloed meer het op die morele standaarde van ons samelewing nie. Homoseksualiteit is 'n groot probleem vir Christene en het die potensiaal om die gesag van die Bybel en die kerk (Katolieke ingesluit) geheel en al te ondermyn".

     

    Homoseksualiteit, word dus as wapen misbruik om Godsdiens te ondermyn en homoseksuele soos Jaco Fourie, dring selfs daarop aan om sy verval as die norm op ander te probeer dwing.

     

    Waarom die kamstige "homofobe" dan verkwalik?

     

    My ouman maatjies se beskouing is opreg daarin om nie 'n steen des aanstoots vir ander te wil wees nie - wyl hulle ook respek vra vir hul leefstyl. Daarom leef hulle hul katolieke en geestelikheid elders en "gesegregeerd" met vrede in die liefde en genade van ons Skepper.

     

    Die wêreld is vol sonde.

     

    Daarom kan ons uitsien na die Wederkoms wanneer daar oplossing en uitkoms aan al hierdie probleme sal wees!

     

    Groete vanuit die onsigbare Kerk,

     

    Cornelius Henn

  • HeHe!

    Soos Nikswerd Neelsie hierbo tekere gaan, weet ek ek het 'n teer plekkie ge-eina.  Lekkerrrrr!

    Jaco Fourie

  • Hallo Rietha,

     

    Jou hond darem al beter?

    En as ek mag, gaan lees Trienie se 'As die kopbeen praat' - die idee daar vat-vat aan joune.

     

    Op die einde van ons leeftyd gaan dit maar oor of jy glo of nie - dis al.

  • CorneliusHenn

    Jaco Fourie, vir jou, Trienie Mahne, Wouter Ferns, Kobus de Klerk en Chris Dippenaar, mag ek dalk 'n "Nikswerd Neelsie" wees ... in die die liefde en genade van Jesus Christus onse Almagtige Lewende God, is ons almal kosbaar ... Soos daar geskrywe staan: En die Fariseërs en die skrifgeleerdes het baie gemurmureer en gesê: Hierdie man ontvang sondaars en eet saam met hulle. Toe vertel Hy aan hulle hierdie gelykenis en sê: Watter man onder julle wat honderd skape het en een van hulle verloor, laat nie die nege en negentig in die woestyn staan en gaan agter die een aan wat verlore is totdat hy dit kry nie? En as hy dit kry, sit hy dit met blydskap op sy skouers. En as hy by die huis kom, roep hy sy vriende en bure bymekaar en sê vir hulle: Wees saam met my bly, want ek het my skaap gekry wat verlore was. Ek sê vir julle dat daar net so blydskap sal wees in die hemel oor een sondaar wat hom bekeer, meer as oor nege en negentig regverdiges wat die bekering nie nodig het nie (uit Lukas 15) ... onse Goeie Herder het sy lewe vir jou afgelê Jaco ... mag Jesus Christus onse Goeie Herder, ons almal veilig in Sy kudde bring ... Namaste! Cornelius Henn

     

  • Hi Icognito,

    Weet jy wat gebeur. MY seuns kry meisies (dit gebeur) en lyk vir my al wat 'n meisie het 'n hondjie  (ek wonder of dit 'n broeisgedagtes is - want toe ek opgehou kinders kry het, het ek ook 'n hondjie aangeskaf en my vervies vir my goeie vriendin toe sy sê: JY HOU nie eens van honde nie, JY, sussie, wil iets in jou arms vashou". En daar weet ek dis 'n waarheid. MAAR, dan erf ek een of ander tyd die "girlfriends" se hondjies want "Ag dis SOOO wonderlik vir hulle op die plaas".

    Maar ek het lekker gelag vir Cornelius wat net in die skadu wil sit en kyk toe wat gebeur - ai…. 😉
    O ja, die hond. Een is nou bitter oud en toe't hy gister 'n loopmagie en blykbaar is party klein hondjies geneig. Wat nou? Blykbaar is die prognose hiervoor nie te goed nie. Van die os op jas… of die voëls, of (oops) in die kas, kan iemand vir my sê of hulle  iets weet van anale kliere wat ingee ingee. Dis onaangenaam maar ek sien nie kans om my optelwoef te laat uitsit nie. Sy naam is Vinny. My hart is seer. Baie groete aan jou en almal. 
  • Jy't my effe deurmekkar, Rietha - is dit jou ou hond wat loopmaag het, of die kleintjies? Ek neem aan jy bedoel die een kan van die ander kry? Hoe ook al, ek is bevrees dat jy die ou een maar op sy pad sit - dink jou in hoe die stomme siel moet voel....as dit hy is.

    Sterke met die besluit.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top