etno-etiket-sosiolek

  • 0

op sleeptou g’neem, etno-etiket-taal, via Monument, Museum,
Orania-weergawe v’n Afrikaans-herkoms, g’dorie, sup’rliegstorie,
vier Boer nog fier Bloedrivier, Koos d’la Rey se volkspatriotsglorie,
Mens nu Mens Self, eie, nag’slag, v’n taaltrots b’roof, ontneem

pejorativisties b’soed’l, soos skaliegas-boorwat’r,
hoe gou’r g’nees, hoe bet’r, hoe lat’r, sov’l t’kwat’r,
voorheen-b’voorregte in soort Self-d’struksiegreep,
w’l voorheen-b’nadeelde in v’rvreemd’ng saamsleep

taalstatus, oorg’lew’r aan b’sluit vannie burokrasie,
ong’ag omni-universeel, sosio-linguïsties filosofie,
offisieel ilwimi toet’ntaal egaal, voor opp’rreg g’lyk,
tuss’n allie ann’r Afrika-tale, Afro-kontinentaal t’pryk

anti-“isiBhulu”-veldtog’s (anti-etnies) goed’p dreef,
lat Mens Selw’rs umNtu se ubuNtu, respek, b’leef

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top