Kortliks – Katolieke geskiedenis

  • 11

Cornelius val gereeld die Afrikaanse Calvinistiese Kerke aan deur te sê oa:

  1. Onder apartheid het Calvinisme Afrikaners voorgesê hoe om hulle politieke kruisies te trek
  2. Calviniste  aanbid die Bybel, en nie vir god of Jesus nie, en maak hulle af as afgodedienende Bybelaanbidders.
  3. Die kerk is ’n sekte wat van die Roomse kerk afgestig is, dus ’n valse kerk, want in sy oë is die Katolieke kerk die ware kerk sedert Petrus as die kamma eerste pous.
  4. Dat dit hoog tyd is dat die Calvinistiese Kerke  van die toneel verdwyn (hopelik sal Afrikaners dienooreenkomstig Katolieke word!!).

 

In teenstelling, wyl hy mede-Christene in die vorm van Afrikaanse Calvinisme op die mees onChristelike  en venynigste wyse afkraak en verafsku, verhemel hy Islam, Boeddhisme, Joods, Katolieke, ens. gesamentlik als die ware “katolieke” kerk.  Dan sy kamma versoenende stelling, hy woon dan en wan ook Gereformeerde dienste by en neem selfs aan hulle nagmaal deel!!!!!   A contradiction in terms, indeed!!

Ek verstom  my dat SêNet Calviniste, sonder “rebuttal”, sy grusame  en oneerlike aanvalle op hul kerk toelaat.

Alle godsdienste moet ’n bron hê waarvolgens hulle hulle goddelike gesag en/of openbaring van bekom.  In die geval van Calviniste, is dit die Bybel alleenlik.  Die Katolieke kerk het ’n grondslag  in die Bybel, maar Tradisie speel ’n groter rol in hulle goddelike openbaring.  Tradisie het dit dat konsilies van biskoppe, of selfs die pous alleenlik kan besluit wat god se opdrag vir die mensdom  is.

Mbt politieke inmenging, is die  Katolieke kerk by uitstek die  meester daarin.  In die VSA se laaste verkiesing het die Katolieke kerk hulle lede aangesê om Republikeins te stem, wat anti-gay huwelik was.  In Rooms Katolieke Filippyne die president aan ekskommunikasie gedreig indien kondome toegelaat word, of om  gesinsbeplanning  te implementeer.  Dan nog nie gesê van die geskiedkundige aan en afstel van gesaghebbendes asook konings in die verlede nie.  Afrikaanse Calvinisme was ’n piekniek in vergelyking met Katolieke vergrype  en afgryse van die verlede en die hede in die politiek.

Geskiedkundig het die Katolieke kerk kortliks soos volg ontstaan en oor die eeue heen ontwikkel.

Die gesag was in Christus se aangestelde apostels, met ouderlinge en diakens.  Omtrent al die Apostels was getroude manne met vors baarde gewees.  Na die afsterwe van die apostels, is hulle deur biskoppe vervang (sonder Bybelse opdrag)..  Mettertyd het die belangrikste biskop-wyke in die vorms van  Alexandria; Jerusalem; Damaskus; Konstantinopel en Rome ontstaan, almal gelyk aan  mekaar, sonder dat enige, selfs Rome, die mag van aanstelling of afstelling van biskoppe en dienaars in die ander se biskopdom gemagtig was nie.  Die Roomse biskop (later die pous) het nooit enige biskoppe in Konstantinopel, Damaskus, Jerusalem of Alexandria aangestel nie, te wyte aan die feit dat hy nooit sodanige gesag daartoe gehad het nie.

Soos die eeue verbygegaan, het elke biskopdom sekere unieke vorms en dogma ontwikkel.  Bv die kerke in Asia het nie Sondag als Sabbat onderhou  nie, wel die Joodse Sabbat.  Die Roomse kerk het die imperiale kleredrag en respek betoning  na-geaap, wyl die Oosterse biskoppe die Joodse kleredrag van Christus se tyd, tot vandag toe behou.   

Hewige geskille onderling was deur konsilies op gelyke voet besleg.  Vanaf die tweede eeu  nC. Het die Roomse kerk begin aanspraak maak om die gesaghebbendste biskop te wees.  Die ander biskoppe  het Rome eenvoudig geïgnoreer, totdat die saak op die spits gedryf was in 1054 toe die Roomse biskop die biskop van Konstantinopel ekskommunikeer, en laasgenoemde die biskop van Rome op sy beurt te ekskommunikeer.  So in werklikheid het beide die Ortodokse asook die Latynse kerke van die hoofstroom  Christendom afgestig, in werklikheid Cornelius se eerste groot sektes.  Die Roomse Katolieke kerk kan in werklikheid 1054 as sy ontstaansjaar eien, en nie Petrus als eerste pous nie. 

Met die ontstaan en groei van Islam, is Asia en noord Afrika onder hulle juk geplaas, met die dienooreenkomstige vernietiging van die biskopdomme van Damaskus, Jerusalem en Alexandria.  Vanuit Alexandria het die Koptiese kerk ontwikkel, hoofsaaklik onder die Ethiopiërs en Egiptenare.  Dit volg daarop dat Rome en Konstantinopel als oorblywende biskopdomme voortbestaan.   Met die Turkse inval  (deur Rooms Katolieke ondersteun)
en die vernietiging van Konstantinopel, is die gesag van die Christendom indie ooste gebreek, en bly net Rome oor wat van toe af al hoe sterker vorentoe groei.

Onder die dekmantel van Tradisie, is die leek verder van sy god verwyder, en toegang kon alleenlik deur middel van die priesterdom (ook ’n nuwigheid) bewerkstellig word.  Gebede was nie meer direk aan god gerig nie, maar by wyse van vooropgestelde gebede, die rosary, en aan  Maria en ander afgestorwe “heiliges” gerig.  Priesters soortgelyk aan heidense priesters (Cybele en Druids) moes selibaat wees.  Nonne, soortgelyk aan die “Vestal Virgins” van paganistiese Rome word ook nou ’n instelling.  Die nagmaal (mis) is deur hocus-pokus Latynse bewoording skielik in die werklike liggaam en bloed van Christus verander.  Die maagd Maria was maagd tot haar hemelvaart  verklaar (ten spyte daaraan dat die Bybel verklaar sy het ander kinders ook gehad), en soos Christus, ook sondeloos.  Die vagevuur word ’n instelling wat die kerk misbruik om deur middle van afpersing geld te kon bekom om St Peters katedraal te kon bou, en wat direk die oorsaak van die Hervorming is.  Dan is daar die instelling van die “confession” met die gepaardgaande “penance” van leke aan  hoë-korrasie-priesters wat mag toegestaan was om sondes te vergewe.  Die pous is onfeilbaar verklaar (alhoewel vele van hulle homoseksueles, van hulle ander mans se vrouens genaai, moordenaars  en boewe was).  Genuflexion (knie buiging) voor die kruis of goddelike beeld word ’n aanstelling, asook die soen van die  biskop se ring en die soen van die pous se voete.  Beelde word volop in kerke en  katedrale met leke wat voor hulle kniel in aanbidding. Stukkies been van heiliges, hulle kleredrag ens word vir verering en gesoenery gehou.    Die kerk se weelde neem toe te midde van armoede onder hulle leke wat van verwag word om tot hierdie weelde by te dra.

Cornelius se aaneenlopende “kerk”?  Nee ’n aaneenlopende verval van die ergste graad.

Gay en ateïstiese groete

Jaco Fourie

  • 11

Kommentaar

  • Pieter Redelinghuys

    Beste Jaco,

    Dankie vir jou kort beskrywing van die ontstaan en ontwikkeling van die Roomse Katolieke Kerk. Jy het 'n baie belangrike aspek van die geskiedenis van die Kerk verswyg, nl. die Inkwisisie wat seker een van die mees brutale instelling ooit deur die mensdom ontwerp. Die Kerk het tot datum nog nie om verskoning hiervoor gevra nie.

    In my jeug het ek ook bietjie "rondgeshop" vir 'n Kerk en 'n draai gemaak by die Katolieke Kerk. Ek kon my eenvoudig nie vereenselwig met sekere aspekte van hierdie geloof ( soos transsubstansiasie) nie, en het die hele idee laat vaar. Die  begrip "protestant", nl om te protesteer teen onregverdigheid, en aan die regte kant te wees van sosiale geregtigheid, pas my veel beter.

     

    Tydens 'n besoek aan Madrid het ek 'n artikel gelees  in 'n Spaanse koerant  hoe die Kerk nuwe priesters keur om diens te gaan doen in Suid-Amerika. Persone met 'n sosiale gewete is verwerp sodat alleen persone met getroue konserwatiewe idees gekies is. Dit is skandalig hoe die Kerk in Suid-Amerika priesters wat hulle stemme dikgemaak het oor sosiale ongeregtigheid  en die misbruik van menseregte behandel is in die verlede. Inteendeel, die Kerk het die moorddadige diktators ondersteun.

     

    Die Kerk was nog altyd aan die kant van Mag en Geld en het deur die eeue skatryk geword. Hulle biskoppe leef soos prinse in weelde in die Vatikaan en elders, en word ook "princes of the Church" genoem. 'n Toestand vêr verwyder van dié van Christus.

     

    Ek vind dit bemoedigend dat die houvas van die Katolieke Kerk op die gemeenskap aan die kwyn is, en lande soos Brasilië stel nou kondome vrylik beskikbaar om die verspreiding van HIV te verhoed. Die voormalige Pouse was dood daarteen.

     

    Dit spyt my om te sê dat die Katolieke Kerk my baie laat dink aan 'n Mafia-tipe organisasie hoewel hulle ook seker goed beraam deur hulle hospitale. Dit irriteer my net om hulle oral te sien in lande soos Thailand, Suid-Korea en Japan waar die inwoners hulle eie Buddhiste-tradisie het. Hulle het niks om hierdie mense te offer nie maar hulle skole is populêr onder die rykes wat kan betaal.

     

    Laastens, Cornelius praat seker uit goedetrou maar met 'n gebrek aan ware kennis, maar dan "ignorance is bliss".

     

    Beste groete,

     

    Pieter Redelinghuys

  • CorneliusHenn

    Jaco Fourie, vanuit jou perspektief sal ek, en enige ander wat katkisasie hierin ontvang het en dit steeds bestudeer, jou beslis komplimenteer vir jou effense weergee van die werklikheid ... dis ongelukkig ook opmerklik hoe jou opvoeding wel hier en daar deurslaan ... die woord KORTLIKS, is ook belangrik om jou agenda daarmee saam te verstaan ... daar is 'n leeftyd meer se kennis hierin te vermag ... is dit belangrik? ... NEE! ... tog, as jy - nes ek - daarin belangstel, 'n mens voltydse studie daarvan sal maak - ongeag jou geloof of ongeloof! ...  dis God se genade waarin ek myself in alle nederigheid as deel van die katolieke Kerk (met 'n kleinletter k) beskou ... my deelname aan die Katolieke (met 'n hoofletter), is veral die vreugde wat ek in die ritusse soos die musiek, Nagmaal, huwelike en doop deel ... net God ken ons hart, daarom het ek vrede met enigeen wat saam met my daarin deel ... soos menigmaal voorheen, staan my kritiek teen die Protestante ook in my persoonlike gesprekke met die dienaars daarin ... tog, ek gebruik steeds ook ewe gereeld Nagmaal saam met my Calvinistiese broers en susters ... daarom miskien jou verbasing dat hulle my gegronde kritiek onbeantwoord laat - glo my, hulle staan ook stom met vrees vir die antwoord! ... dink jy nie ook daar kan veel gesonder gesprek oor die onderwerp plaasvind, had jy maar my hart ook gerespekteer nie? katolieke groete, Cornelius Henn (... en o ja, 'n sekte is nie noodwendig 'n valse kerk soos jy dit probeer verkrag nie)

     

  • CorneliusHenn

    Beste Pieter,  

     

    Transsubstansiasie, het net sin as jy glo dat Jesus Christus God is en daarom alomteenwoordig is - ook in die gebruik van elke Nagmaal ...  

     

    Vrede vir jou.  

     

    Katolieke groete,  

     

    Cornelius Henn

  • Die alomteenwoordigheid (indien in die Bybel te vinde?) verwys na god die vader en god die heilige gees ('n latere dogma van die kerk).  Christus is met menslike vlees en liggaam hemel toe, en kan dus onmoontlik in sodanige vleeslike hoedanigheid "alomteenwoordig" wees.

    Jaco Fourie

  • CorneliusHenn

    Transsubstansiasie (verbatum): Wie My vlees eet en my bloed drink, bly in My en Ek in hom (Johannes 6:56) Want ek het van die Here ontvang wat ek ook aan julle oorgelewer het, dat die Here Jesus in die nag waarin Hy verraai is, brood geneem het; en nadat Hy gedank het, het Hy dit gebreek en gesê: Neem, eet; dit is my liggaam wat vir julle gebreek word; doen dit tot my gedagtenis. Net so ook die beker ná die ete, met die woorde: Hierdie beker is die nuwe testament in my bloed; doen dit, so dikwels as julle daaruit drink, tot my gedagtenis. Want so dikwels as julle hierdie brood eet en hierdie beker drink, verkondig julle die dood van die Here totdat Hy kom. Wie dan op onwaardige wyse hierdie brood eet of die beker van die Here drink, sal skuldig wees aan die liggaam en bloed van die Here. Maar die mens moet homself beproef en só van die brood eet en uit die beker drink. Want wie op onwaardige wyse eet en drink, eet en drink 'n oordeel oor homself, terwyl hy die liggaam van die Here nie onderskei nie (uit 1 Korinte 11)

     

    Alomteenwoordigheid van God (verbatum): Op elke plek is die oë van die HERE, en hulle beskou opmerksaam die slegtes en die goeies (Spreuke 15:3).  Al dring hulle deur in die doderyk, My hand sal hulle daaruit haal; en al klim hulle op na die hemel, Ek sal hulle van daar laat neerdaal. En al steek hulle hul weg op die top van Karmel, Ek sal hulle daar opspoor en weghaal; en al verberg hulle hul voor My oë op die bodem van die see, Ek sal van daar die slang ontbied om hulle te byt. En al gaan hulle as gevangenes voor hulle vyande uit, Ek sal van daar die swaard ontbied om hulle dood te maak; en Ek sal my oog op hulle rig ten kwade en nie ten goede nie. Ja, dit is die Here HERE van die leërskare wat die aarde aanraak, sodat dit bewe en almal treur wat daarop woon; en dit sal in sy geheel oprys soos die Nyl en wegsak soos die rivier van Egipte. Dit is Hy wat sy solders in die hemele bou en sy hemelgewelf bo die aarde vestig, wat die waters van die see roep en dit uitgiet oor die aardbodem, HERE is sy Naam! (uit Amos 9)

     

    Nederige groete,

     

    Cornelius Henn

     

  • Hel Niksseggende Neelsie!!!

    En ek dog toe die hele tyd jy is nie 'n Bybelaanbidder nie.  Wys net.  Selfs, tot nou toe, het jy dit self nie geweet nie.  Daar kort seker 'n paar breinselle.

    HeHe

  • Die nagmaal bewoording wat Neelsie hierbo vanuit die Bybel aanhaal is simbolies en nie letterlik deur Jesus bedoel nie.  In werklikheid wat Jesus sê, wanneer van die wyn gedrink word en die brood geëet word is; dink aan my waar ek my bloed en lewe vir julle opgeoffer het, en “gebruik dit tot my gedagtenis”  Luk 22:19

    In die Grieks het Jesus nie gesê  “touto gignetai”  wat beteken “verander in” maar het gesê ”touto esti”  wat beteken “dit verteenwoordig”.   Die Katolieke lees die vertaalde woorde  letterlik.  Logies gaan dit dan  beteken  dat Jesus homself in brood en wyn verander elke keer die leek en priester die wyn en brood  verorber.  Hoekom  neem hulle dit ook nie letterlik op wanneer Jesus na homself as:  Lig, Rots, Deur, Wynstok, Morester, Bruidegom, die kerk ‘n Bruid, ens na verwys  nie.  

    In Luk 22:20 sê Jesus:  “Hierdie BEKER (meld nie wyn  nie) is die nuwe verbond  verseël deur my bloed."   In  1Kor. 11:25,26 sê Paulus, verwysend  na die nagmaal en kwoteer Jesus en sê: “hierdie BEKER is die nuwe verbond, wat deur my bloed verseël is ... Elke keer as julle van  hierdie brood eet en hierdie BEKER drink, verkondig julle die dood totdat hy kom.”  

    Net soos daar nie bedoel is dat die BEKER gedrink word nie, so ook nie dat die wyn letterlik in sy bloed en die brood in sy ligaam verander nie.   Ten tye van die nagmaal instelling, was Jesus fisies teenwoordig, self van die wyn gedrink en brood geëet en sy apostels daarmee bedien.  Met die verorbering van die nagmaal wyn en brood deur Jesus bedien,  (die eerste mis transsubstansiasie) is daar nie 'n skielike iname van Jesus  ingeneem  nie.  

    Transsubstansiasie is eers deur die Katolieke kerk ten tye van die Konsilie van Trent 1559 – 1563 als dogma bekragtig, meer as 1500 jaar in die Christelike Era. met die volgende bewoording:  

    Canon I: "If any one shall deny that the body and blood, together with the soul and divinity of our Lord Jesus Christ, and therefore entire Christ, are truly, really, and substantially contained in the sacrament of the most holy Eucharist; and shall say that He is only in it as a sign, or in a figure, or virtually, — let him be accursed."

    Canon II: "If any one shall say that the substance of the bread and wine remains in the sacrament of the most holy Eucharist, together with the body and blood of our Lord Jesus Christ, and shall deny that wonderful and singular conversion of the whole substance of the bread into the body, and of the whole substance of the wine into the blood, the outward forms of the bread and wine still remaining, which conversion the Catholic church most aptly calls transubstantiation, — let him be accursed."

    Canon III: "If any one shall deny, that in the venerated sacrament of the Eucharist, entire Christ is contained in each kind, and in each several particle of either kind when separated, — let him be accursed."    

    Na hocus-pocus bewoording in Latyns deur die priester, en siedaar, die leek word 'n kanibaal, hy eet 'n god.

    Soortgelyk het die Egiptenaare dieselfde met hul aanbidding van die god Osiris gepraktiseer.  Hulle het meelkoek beeldjies van die god gemaak, dit geëet en wyn gedrink, en geglo hulle verorber hom werklik.

    Die Spanjaarde was verras gewees toe hulle Meksiko verower en vind dat die volkere daar ook 'n "mis", soortgelyk aan hul s'n deur priesters aan die volk bedien, te wete dat hulle 'n god verorber.

    Jaco Fourie

  • CorneliusHenn

    Jaco Fourie,  

     

    As 'n godslasteraar wat ook so graag daarmee spog, vaar jy besonder goed as 'n Protestante apologeet.

     

    Die rede is vanselfsprekend; met die Bybel as absolute maatstaf, is 'n regsinnige (gereformeerde met 'n klein g) vertolking daarvan wel vir enigeen moontlik met 'n mate van Kobus de Klerk se Spirituele Intelligensie.

     

    Vanuit enige Godsdienstige beskouing (Joods, Moslem Hindoe, katoliek,... en vele ander), is spiritualiteit egter nie so logies (intellektueel) verklaarbaar nie, en elke hart besonder in die liefde en genade van ons almal se Skepper.

     

    Daarom, vanuit bloot die logiese lees van sekere gedeeltes van die Bybel, kan Jesus Christus seker ook volgens Spiritueel Intelligentes nie God wees nie.

     

    Behalwe vir al Jesus Christus se verwysinge na onse Vader in die Hemel as buite Homself, sou Hy as God - ook volgens die fariseërs en skrifgeleerdes destyds nie so maklik deur mense gekruisig word nie, Homself maklik daarvan verlos het en die spul om Hom getref het.

     

    Maar, Jesus Christus het wel in die almag van God te wees, uit die dood opgestaan - LETTERLIK.

     

    Nes menige Spiritueel Intelligente reken dat Jesus Christus simbolies uit die dood opgestaan het, net so word die Nagmaal deur hulle as iets simbolies in hul logika bepaal.

     

    Terwyl Jesus Christus die Avondmaal met sy dissipels gedeel het, had ook nie een werklik besef dat hulle saam met onse Almagtige Skepper aan tafel is nie.

     

    Nie Judas of Petrus het werklik besef dat hulle met God self in aanraking is nie!

     

    Wanneer het die openbaring dat Jesus Christus, God is, dan wel aan die dissipels en die res van ons plaasgevind?

     

     ... met die uitstorting van die Heilige Gees - 40 dae na Jesus Christus se Hemelvaart! ...

     

    Ja, en toe was daar reeds sodanige en genoeg getuies waarin Jesus Christus as gewoon 'n mens geopenbaar is.

     

    Dus, as jy gedeeltes voor die uitstorting van die Heilige Gees in die Bybel aanhaal, dan kan daar seker aan bepaalde logika bewys word dat die Nagmaal simbolies is ... as jy gedeeltes na die uitstorting van die Heilige Gees lees, mag dit wees dat God dit self in jou hart openbaar dat Jesus Christus, onse HERE GOD is!

     

    Dieselfde geld dan in die gebruik van die Nagmaal.

     

    Jy kan seker met reg jou regsinnige rede voer dat die Nagmaal simbolies is, maar as jy in jou hart ervaar dat Jesus Christus, GOD is, dan het die ervaring in die gebruik van Nagmaal geheel ander betekenis.

     

    Ek deel hierdie my rede omtrent die wesensverandering van brood en wyn by die Heilige Nagmaal in die liggaam en bloed van Christus, nie om enigeen te oortuig daarvan nie.

     

    Ek respekteer ook elkeen se rede en logiese benadering tot elke aspek van geloof.

     

    Al wat ek vra is dat elkeen se geloof, en ongeloof, eweneens gerespekteer word en dat daar nie 'n gruwelike agenda gevoer word om mekaar daarin te probeer neerhaal en te ondermyn nie.  

     

    Ek spoeg en plak die volgende uit die katolieke (met 'n kleinletter k) leer:

     

    Catholics worship God in a variety of ways, but the chief act of corporate or communal worship is the Liturgy of the Eucharist.

     

    In the Eastern churches, Catholic and Orthodox, this is known as the Divine Liturgy; in the West, it is known as the Mass, an English word derived from the Latin text of the priest's dismissal of the congregation at the end of the liturgy ("Ite, missa est.").

     

    Throughout the centuries, the liturgy of the Church has taken a variety of regional and historical forms, but one thing has remained constant: The Mass has always been the central form of catholic worship.

     

    The Mass as an Ancient Practice: As far back as the Acts of the Apostles and Saint Paul's epistles, we find descriptions of the Christian community gathering to celebrate the Lord's Supper, the Eucharist. In the catacombs in Rome, the tombs of martyrs were used as altars for the celebration of the earliest forms of the Mass, making the tie between the sacrifice of Christ on the Cross, its re-presentation in the Mass, and the strengthening of the faith of Christians explicit.

     

    The Mass as "Unbloody Sacrifice": Very early on, the Church saw the Mass as a mystical reality in which the sacrifice of Christ on the Cross is renewed. Responding to Protestant sects who denied that the Eucharist is anything more than a memorial, the Council of Trent (1545-63) declared that "The same Christ who offered himself once in a bloody manner on the altar of the cross, is present and offered in an unbloody manner" in the Mass. This does not mean, as some critics of Catholicism claim, that the Church teaches that, in the Mass, we sacrifice Christ again. Rather, the original sacrifice of Christ on the Cross is presented to us once more.

     

    The Mass as a Re-presentation of the Crucifixion: This re-presentation, as Fr. John Hardon notes in his Pocket Catholic Dictionary, "means that because Christ is really present in his humanity, in heaven and on the altar, he is capable now as he was on Good Friday of freely offering himself to the Father." This understanding of the Mass hinges on the Catholic doctrine of the Real Presence of Christ in the Eucharist. When the bread and wine become the Body and Blood of Jesus Christ, Christ is truly present on the altar. If the bread and wine remained merely symbols, the Mass could still be a memorial of the Last Supper, but not a re-presentation of the Crucifixion.

     

    The Mass as Memorial and Sacred Banquet: While the Mass is more than a memorial, it is still a memorial as well as a sacrifice. The Mass is the Church's way of fulfilling Christ's command, at the Last Supper, to "Do this in remembrance of Me." As a memorial of the Last Supper, the Mass is also a sacred banquet, in which the faithful participate both through their presence and their role in the liturgy and through the reception of Holy Communion, the Body and Blood of Christ. While it is not necessary to receive Communion in order to fulfill our Sunday obligation, the Church recommends frequent reception (along with sacramental Confession).

     

    The Mass as an Application of the Merits of Christ: "Christ," Father Hardon writes, "won for the world all the graces it needs for salvation and sanctification." In other words, in His Sacrifice on the Cross, Christ reversed Adam's sin. In order for us to see the effects of that reversal, however, we must accept Christ's offer of salvation and grow in sanctification. Our participation in the Mass, and our frequent reception of Holy Communion, brings us the grace that Christ merited for the world through His unselfish Sacrifice on the Cross.  

    Dit is ook geheel my belydenis.

     

    Jaco Fourie, vrede vir jou en mag Jesus Christus onse HERE, self die werklikheid van die Nagmaal in elkeen se hart openbaar.  

     

    Namaste!  

     

    Cornelius Henn

  • Cornelius

    Jy skryf: "As 'n godslasteraar wat ook so graag daarmee spog, vaar jy besonder goed as 'n Protestante apologeet."

    Jy maak twee foute.  Eerstens is ek nie 'n godslassteraar nie, want daar is geen god om te laster nie, en tweedens is ek nie 'n "Protestant" of 'n Christen nie.

    My sogenaamde "apologie" is 'n regstelling van 'n wanopvatting deur die Katolieke oor sekere tekse in 'n boek, in hierdie geval die Bybel, mbt die nagmaal.  Dit kon net sowel 'n bespreking oor Gullivers Travels (1726) wees, deur Jonathan Swift, 'n satiriese opvatting van die godsdiens  van kleinmense oor watter kant van die eier oopgebreek moet word, die groot of die klein kant. 'n Satire aangaande die oorloë in Engeland tussen die Protestante en Katolieke van sy tyd wat dieselfde god aanbid (in hierdie geval die satiriese eier).

    Katolieke spog hulle godsdiens is gesetel in Tradisie en die Protestante hul s'n in die Bybel.  Beide tree selektief op.  Katolieke het van hul Christen afwykende dogma opgemaak soos die eeue verloop het, nie in Christen tradisie nie, maar in paganistiese tradisie ('n ander tyd se bespreking), en van die Prostestante het van die non Bybelse "Tradisies" van die Roomse net so in hulle dogma oorgedra, soos bv kinderdoop, aanneming, ens wat nêrens in die Bybel voorkom nie, (selektiewe Bybelse aanvaardings, ook 'n bespreking vir 'n ander tyd).

    Jaco Fourie

  • CorneliusHenn

    Jaco Fourie, leer tog die betekenis aan die woordjie apologeet voor jy jou bollie plak ... 'n apologeet, is soos die prokurower wat 'n misdadiger verdedig - die prokurower is nie noodwendig self skuldig aan die bepaalde misdaad nie ... net so hoef jy nie 'n Christen of Protestant te wees om hul apologeet te wees nie ...

     

    apologeet, ..gete. Verdediger, beskermer v.d. geloof, veral die Christelike leer.apologetiek |apologetiek apologetiek. Wetenskap van geloofsverdediging.apologeties |apologeties apologeties, =e. Verdedigend, verskonend.apologia |apologia apologia. Verdediging v.d. doen en late van 'n persoon.apologie |apologie apologie, =ë. 1. Verweerskrif. 2. Skriftelike ekskuus, openlike terugtrekking van lasterlike woorde oor iem.

     

    Cornlius Henn

     

    ... en o ja, ek beskryf jou as 'n Godsdlasteraar, omdat ek in God glo - ek veroordeel jou egter nie daarvoor nie - mag Jesus Christus onse GOD, ons almal vergewe...

  • shirley dausas

    Ek is ook Katoliek en die Jaco man moet maar liewer nie naby my kom nie. Ons glo aan God en iemand wat nie aan God glo nie is 'n godslasteraar soos Cornelius terg gestel het. Ek kan myself nie voorstel hoe mense nie aan God glo nie. Sien hulle nie daagliks die wonderwerke wat God doen nie?
    Ek sal my Katolieke geloof verdedig to die dag dat ek na my Heiland gaan. Geen ander Kerk het soveel gewyde atmosfeer soos die Katolieke kerke nie.
    Groete

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top