Rubrieke

Hetsy dit politiek, rugby, onderwys of die filosofie betref – daar is altyd menings. Hier deel LitNet se rubriekskrywers hul opinies, sienings en mymerings.
Be it politics, sport, education or philosophy – everyone has an opinion. Here LitNet’s columnists have their say.

Berig die koerant oor verwaarloosde bejaardes?

Gustaf Pienaar 2013-04-24 "In eensaamheid, met harte vol heimwee, bring hulle hul skemerdae deur. Al waarop hulle gedagtes teer, is herinneringe – herinneringe aan die dae toe hulle hul hande deurgewerk het om hulle kroos kos, klere en opvoeding te gee."

Dié politici hoort in 'n rugbyspan

Jason Lloyd 2013-04-19 "Met dié dat die Baai se rugbytrots (ja, weliswaar teen alle verwagtinge in) – die Southern Kings – onlangs in die pekel beland het by die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) omdat hul kwansuis te veel “buitelanders” in hul span het, kan die span gerus drie van ons politici vir die huidige superrugbyreeks oorweeg."

Wie was Tielman Roos?

Gustaf Pienaar 2013-04-16 "Hy het nie geweet dis die minister van justisie met wie hy praat nie, en toe hy vra watse werk hý doen, het Tielman blitsvinnig geantwoord: 'Ek is die gek wat jou aangestel het.'"

'n Toe mond is 'n heel mond

Gustaf Pienaar 2013-04-08 Hierdie week skryf Gustaf Pienaar oor ’n 'n ene mej Van Blerk se onderonsie met 'n versekeringsmaatskappy.

KKNK-brief uit Oudtshoorn (30 Maart 2013)

Jason Lloyd 2013-04-03 "Wie se geskiedenis? Watter se geskiedenis? Watter Afrikaanse geskiedenis word hier van gepraat?"

Die legendariese William Emil Hollard

Gustaf Pienaar 2013-04-02 Hierdie week skryf Gustaf Pienaar oor ’n kleurryke regsgeleerde, William Emil Hollard,  die man na wie Hollardstraat in Johannesburg vernoem is.

Te veel toetse, te min onderrig

2013-04-02 Pleks van onderwysers en leerders voortdurend te belas met nog toetse, moet skole begin wegbeweeg van punte en toetsuitslae na ’n meer holistiese benadering

Moenie drink en bestuur nie (of saam met iemand ry wat drink en bestuur nie)

Gustaf Pienaar 2013-03-26 "Dit lyk vir my die vorm van opset wat hier ter sprake is, is dolus eventualis: opset-by-moontlikheid-bewussyn. 'n "Slagoffer" – soos me Lampert – voorsien subjektief die moontlikheid dat om saam met 'n hoogs besope man in 'n driewiel-motorfiets te gaan ry, op 'n botsing kan uitloop waarin sy beseer kan word, en versoen haar met daardie moontlikheid."

“Ek het maar net saam met die baas gekom”?

Jason Lloyd 2013-03-21 "Kyk, in hierdie land is dit mos doodsonde om bruin kwessies – wat dit ook al mag beteken – in die openbaar te noem."

Hoe kan ons die onderwysstelsel in hierdie land verbeter?

Jason Lloyd 2013-03-19 "Die regering se aankondiging dat hy alle skole met biometriese inklokstelsels gaan toerus, kan die chroniese afwesigheid van onderwysers doeltreffend aanvat."

Die inbraak 'n eeu gelede: 19 Maart 1913

Gustaf Pienaar 2013-03-19 "Vandeesweek presies ’n eeu gelede – op 19 Maart 1913 – het diewe by ’n bekende Kaapse juweliersaak ingebreek en met ’n vet buit weggekom: 5 000 pond se juwele – in vandag se geldwaarde om en by ‘n miljoen rand."

Speedy (Bokslagter) Gonzales

Gustaf Pienaar 2013-03-12 "Speedy was ’n beesboer op die plaas Zoetvlei in die Vryburg-distrik. Langer as 23 jaar het hy ’n doring in die vlees gehad: sy buurman, Scholtz, se klompie skape en boerbokke."

Die vreesaanjaging en die ryk man

Gustaf Pienaar 2013-03-07 "Saam met die stewige klompie rente wat die hof die eiendomsagent beveel het om te betaal, het Van den Berg seker heelpad bank toe geglimlag."

'n Vuil spieël op 'n onderstebo wêreld

George Claassen 2013-03-05 Watter rol speel die media in hierdie algemene wetenskap-ongeletterdheid van Suid-Afrikaners? Ongetwyfeld ’n onderskatte rol.

Die privaatspeurder, die rondloper en die Austin

Gustaf Pienaar 2013-02-28 "Van der Vyver was ’n privaatspeurder wat van ’n sekere mev Ozen opdrag ontvang het om ’n ogie oor haar man te hou, want sy het vermoed dat hy rondloop."

Aan wie behoort die kroegstoele toe?

Gustaf Pienaar 2013-02-26 "Op grond van dié twee beginsels beslis die hof dan dat die kroegstoele deel van die ingeboude kroeg was en dat mnr S dit kon hou. Die twee staalkabinette moes hy egter aan mnr R teruglewer."

Goeie nuus vir Afrikaanses

Jason Lloyd 2013-02-26 "Afrikaanses het die laaste tyd goeie nuus oor die stand van hul taal ontvang en ek hoop op nog suksesstories."

"Die Stem van Suid-Afrika"

Gustaf Pienaar 2013-02-22 "Die Wet op Outeursreg op die Stem van Suid-Afrika Wet 2 van 1959, is 54 jaar gelede – op 12 Februarie 1959 – deur die parlement goedgekeur.

Die Wet het ’n interessante agtergrond."

Valentynsdag in die hof

Gustaf Pienaar 2013-02-20 "14 Februarie was Valentynsdag, en hoe kan ons nou só 'n belangrike dag laat verbygaan in Regsalmanak? Ongelukkig is daar maar min romantiese en liefdestories in ons hofverslae opgeteken."

Mamphela Ramphele stig dalk binnekort ’n nuwe politieke party

Jason Lloyd 2013-02-18 "Ramphele sal dus ’n geloofwaardige politieke leier wees wat oor etniese, politieke en ekonomiese grense respek en aanvaarding sal afdwing."
Top