Hetsy dit politiek, rugby, onderwys of die filosofie betref – daar is altyd menings. Hier deel LitNet se rubriekskrywers hul opinies, sienings en mymerings. Be it politics, sport, education or philosophy – everyone has an opinion. Here LitNet’s columnists have their say.
Gustaf Pienaar2013-02-18"Die oë van die wêreld sal Dinsdag en Woensdag gerig wees op die Streekhof in Pretoria wanneer Oscar Pistorius se aansoek om op borgtog vrygelaat te word – hangende sy verhoor op ’n aanklag van moord met voorbedagte rade – aangehoor sal word."
Gustaf Pienaar, Naomi Meyer2013-02-12Waar kry Gustaf Pienaar sy idees? Naomi Meyer vra vir die man wat die werklikheidsverhale só vertel dat dit vreemder as fiksie klink, wie hy is.
Gustaf Pienaar2013-02-01"Ons sou kon sê die boedeltwis het tot broedertwis gelei – so erg dat klagtes oor en weer teen mekaar by die polisie aanhangig gemaak is."
Gustaf Pienaar2013-01-25"Op 24 Januarie 1967 – 46 jaar gelede – is regter Van Wyk se verslag in die parlement (die einste plek waar Verwoerd gesterf het) ter tafel gelê."
Gustaf Pienaar2013-01-09"Op 9 Januarie 1974 het die polisie in ’n woonstel in Durban ’n rooi blompot ontdek waarin drie gesonde daggaplantjies aan’t groei was."
Gustaf Pienaar2013-01-03"Deesdae word dispute van hierdie aard betreklik maklik deur weefseltoetse opgelos, op voorwaarde dat al die betrokke partye hul samewerking sal verleen. Maar weefseltoetse het nie in hierdie saak ter sprake gekom nie, want miskien was die twee mans bang dat weefseltoetse juis sou bewys dat een van hulle nié die pa van die kind is nie."
Henry Cloete2013-01-03"Ek probeer nie aandui dat lojaliteit in sigself ’n slegte ding is nie. Ek meen bloot daar moet versigtig daarmee omgegaan word."
Gustaf Pienaar2012-12-14"Damane en sy span was nou in die moeilikheid. Die bestuurder van die Chev-lykswa was nie bewus van die drama met die Cadillac agter hom nie en het vooruit gery. Daar was nou ’n wesenlike moontlikheid dat die lykswa by die begraafplaas sou aankom minus die begrafnisondernemer."
Jason Lloyd2012-12-11"Vir duisende arm en werklose swartes en bruines bied fracking miskien die kans om uit hul haglike Karoo-omstandighede uit te styg. Reeds daarom pleit hulle dat fracking ten minste ’n kans gegee moet word."
Gustaf Pienaar2012-12-10Die Kersgety is met ons en hierdie week skryf Gustaf Pienaar oor iemand wat onder die invloed gestoot het. En, soos wat dit met 'n gestoot gaan, het dit hierdie man in die moeilikheid laat beland.
Jason Lloyd2012-11-30"Dit is hoog tyd dat Suid-Afrika ’n loflied vir alle plaaswerkers moet sing: vir hul onbaatsugtige diens aan die land. Omdat hulle selde kla en nooit maklik tou opgooi nie, slegte werksomstandighede ten spyt. Ware landbouers is hulle beslis."
Gustaf Pienaar2012-11-28"Toe was hy so dapper soos 'n leeu. Hy het die oulike waardinnetjie nadergeroep, en - soos in die rolprente – gefluister: "Miss, this is a hijack." Sy het kalmpies geantwoord "Rêrig?" waarop hy gevra het of sy weet wat 'n skaking is. Toe sy bevestigend antwoord, het hy haar opdrag gegee om die kaptein te loop sê dat hy na Lourenço Marques (deesdae Maputo) moes vlieg, anders sou hy - dis nou Jeffers - nie vir die gevolge verantwoordelik wees nie."
Henry Cloete2012-11-21"Die bladsye beef tussen Thomas se vingers. Bye. Byekorwe. Heuning, die teengif. Swerms. Iets steek in die by wat die aanduiding is."
Gustaf Pienaar2012-11-21In hierdie rubriek skryf advokaat Gustaf Pienaar oor hofsake wat hierdie betrokke week in die nuus was. Die jaartal maak nie saak nie. Hierdie almanak is ’n tydmasjien wat heen en weer deur die regsgeskiedenis wip.