Hetsy dit politiek, rugby, onderwys of die filosofie betref – daar is altyd menings. Hier deel LitNet se rubriekskrywers hul opinies, sienings en mymerings. Be it politics, sport, education or philosophy – everyone has an opinion. Here LitNet’s columnists have their say.
Henry Cloete2012-10-25"Daar's ’n paar opvattings daaroor wat my irriteer. Eerstens dat die "Fatty Boom Boom"-lied na Gaga se onlangse gewigtoename verwys."
Gustaf Pienaar2012-10-23"Verdere bloedtoetse wat ook op húlle uitgevoer is, het getoon dat die twee seuntjies kort na geboorte in die hospitaal omgeruil is. Gavin was nie mej Clinton-Parker se natuurlike kind nie; haar kind was Robyn. En omgekeerd: Robyn se natuurlike ma was nie mej Dawkins nie, maar mej Clinton-Parker."
Gustaf Pienaar2012-10-17"Die een groep het stelling op ’n strategiese koppie ingeneem en die ander groep moes probeer om hulle daar uit te kry en die koppie oor te neem. Albei groepe was met Martini-Henry-gewere gewapen, maar natuurlik, omdat dit ’n skyngeveg was, het hulle nie met skerppunt-ammunisie geveg nie, maar met loskruitpatrone."
Gustaf Pienaar2012-10-09"En wat maak die koerantverslaggewer? Hy gaan lap die storie oor Attie se kleurling-herkoms aan Landman uit en vir dié groot Afrikaner is dit omtrent die einde van die wêreld dat sy dogter se kêrel ’n kleurling is." Gustaf Pienaar se regsalmanak handel oor die verhaal agter die destydse film Die Springbok.
Jason Lloyd2012-10-09"Die Oos-Kaapse ANC is nie net verdeeld oor wie dié organisasie se volgende president moet wees nie – dié eens magtige ANC-provinsie se ledetal is ook besig om te daal."
Gustaf Pienaar2012-10-01"’n Sekere mnr Pretorius van Windhoek se omgewing in die destydse Suidwes-Afrika het groot geskrik toe sy vrou hom op ’n aand kom meedeel dat hulle tweejarige seuntjie so pas omtrent ’n hele pakkie pynpille opgeëet het."
Gustaf Pienaar2012-09-25"Die landdros se bevel sou net aangeval kon word as dit sou neerkom op ’n ongelyke behandeling van mnr Pitje – en dit, het die Appèlhof beslis, was nie die geval nie."
CreativeSpark2012-09-18"Daarom, as ’n swerm bye in jou boom nes maak, word hulle nie jou eiendom nie – net soos ’n voël wat in jou boom nes maak, ook nie jou eiendom word nie."
Gustaf Pienaar2012-09-18"Daarom, as ’n swerm bye in jou boom nes maak, word hulle nie jou eiendom nie – net soos ’n voël wat in jou boom nes maak, ook nie jou eiendom word nie. Daarom is enigiemand in beginsel geregtig om die heuningkoeke van sulke wilde bye vir hom te neem."
Jason Lloyd2012-09-13"Daar is niks gevaarliker as om ’n samelewing te bou terwyl ’n groot deel daarvan uitgesluit voel nie. As hulle nie ’n aandeel daarin het nie, voel dit asof hulle niks het om te verloor nie. Só het wyle dr Martin Luther King op ’n gepaste tydperk in die Amerikaanse geskiedenis gesê."
Gustaf Pienaar2012-09-07"’n Mnr Swart van Middelburg in die destydse Transvaal was die eienaar van 'n gebou wat ene mnr Vosloo gehuur het vir die bedryf van 'n drankwinkel. Die skriftelike huurooreenkoms het bepaal dat as Vosloo vervolg sou word weens 'n oortreding van die Drankwet, Swart die reg sou hê om die huurkontrak onmiddellik te kanselleer."
Gustaf Pienaar2012-08-30"Die DBV moes boonop mev Clarke se regskoste vir die getwis oor die eksepsie betaal. Hulle het te laat agtergekom dat haar byt méér as haar blaf was."
Gustaf Pienaar2012-08-23"Die beweging Beauty without Cruelty het in Augustus 1985 by minstens twee spoorwegstasies tussen Kaapstad en Simonstad groot advertensieborde gehuur en daarop ’n baie omstrede maar hoogs effektiewe advertensie geplak."
Jason Lloyd2012-08-15"In die Nelson Mandelabaai-metropool (NMBM) se mees berugte arm en geweldgeteisterde woonbuurt, Helenvale – in die Baai se noordelike gebiede – is ek onlangs met die hartseer verhaal van kroniese armoede en van ’n steeds agteruitgaande en stukkend gemeenskap gekonfronteer."
Gustaf Pienaar2012-08-09"Tussen Junie en Augustus 1944 het hy teenoor die koöperasie die wanvoorstelling gemaak dat hy ’n baie groot grondboontjie-oes gehad het. In werklikheid het hy nog nooit grondboontjies geplant nie en het hy nie soveel as ’n enkele pit aan die koöperasie gelewer nie."