Dagsê Vrinne
Ons het vandag hier in Parys aangekom, maar nie sonder probleme nie – ons vlug was ’n hele paar uur vertraag. Nietemin is ons veilig, en dis seker al wat belangrik is. Dankie aan Jannie en prof J, wat gereël het dat ek die ATR-brosjures op die OR Tambo-lughawe kon kry. Die afgelope week was ek besig met my referate wat ek Woensdag by die Internasionale Kongres oor Moedertaalonderrig (9de IAMTE Konferensie, Parys, 11–13 Junie) sal lewer met die titel “Language, especially Cape-Afrikaans, as an indicator of identity amongst the Coloured community in post-apartheid South Africa”.
Dinsdagmiddag het ek en Sonia die stad op ’n rooi oop bus verken. Ons het die mooiste foto’s geneem van die Franse hoofstad. Sien foto’s onder
Franse groete
Michael

Lees Michael se rubriek (Die punt is): Ons vier fees in Den Haag

