Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
Skrywers van LitNet Akademies-artikels ontvang gesogte toekennings
2020-10-21Johann Beukes en Rinda Botha het ATKV-SA Akademiepryse ontvang vir geakkrediteerde akademiese artikels in Afrikaans wat in LitNet Akademies verskyn het.
Uitnodiging: 49ste JBM Hertzog-gedenklesing
2020-10-15Jy word uitgenooi na die 49ste JBM Hertzog-gedenklesing wat op 21 Oktober om 18:00 gratis op die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns se Facebook-bladsy aangebied word. Fransjohan Pretorius is vanjaar die spreker.
Virtuele boekbekendstelling: Gewone taal: ’n oorsig deur Eleanor Cornelius
2020-10-07Jy word hartlik uitgenooi na die virtuele boekbekendstelling van Gewone taal: ’n oorsig deur Eleanor Cornelius op 13 Oktober 2020 om 18:00.
Persverklaring: Seminaar – NP Van Wyk Louw 50 jaar na sy dood
2020-09-23Jy word hiermee hartlik uitgenooi om ’n seminaar oor NP Van Wyk Louw by te woon wat op 7 Oktober van 12:30 tot 16:45 op die Akademie se Facebook-blad gebeeldsend sal word.
Persverklaring: SA Akademie wys nuwe voorsitter van die Akademieraad aan
2020-09-23Oppel Greeff en Ilse Feinauer is onderskeidelik as voorsitter en ondervoorsitter van die SA Akademieraad vir die tydperk 2020–2023 aangewys. Lees hier vir nog inligting oor die raadslede.
Tweede oproep: 2020-Studentesimposium vir die Sosiale en Geesteswetenskappe
2020-09-09Aansoeke vir die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se derde Studentesimposium vir die Sosiale en Geesteswetenskappe sluit Maandag 14 September 2020.
Persvrystelling: Lesing – Die Lintonpaneel
2020-08-20Die SA Akademie nooi u hartlik uit na die eerste lesing van reeks 2 van Alex Duffey se lesingreekse wat virtueel op Dinsdag 25 Augustus 2020 stiptelik om 18:00 gebeeldsend word.
Outomatiese spraak- en sleutelwoordherkenning in Afrikatale
2020-08-05"Om byvoorbeeld die vermoëns van die bekende wetenskapsfiksierekenaars soos HAL in die fliek 2001 Space Odyssey en Star Trek se Computer te ontwikkel, vereis ’n ingewikkelde kombinasie van prosesse soos spraakherkenning, natuurlike taalbegrip, liplees, natuurlike taalgenerering en spraaksintese."
SA Akademiepryse 2021: nominasies ingewag
2020-08-04Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns vestig graag u aandag op die Akademiepryse wat in 2021 vir toekenning oorweeg word. Volledig gemotiveerde voorstelle vir enigeen van hierdie pryse word ingewag. Die sluitingsdatum is 31 Januarie 2021.
Die brug tussen taal, regte en tegnologie: Praktykgerigte tegnologie-oplossings vir taalhindernisse in die regsdomein
2020-07-28"Die vraag wat in toekomstige gesprekke oor die tegnologiese oplossings vir taalhindernisse in die regsdomein gevra moet word, is hoe baie regte die mees weerlose mense verbeur omdat hulle nie op enige vlak toegang tot wetgewing het nie en hoe tegnologie gebruik kan word om toegang te bevorder."
Persvrystelling: SA Akademie se eerste virtuele bekroningsplegtigheid
2020-07-27Die SA Akademie nooi u hartlik uit na hul eerste virtuele bekroningsplegtigheid op Donderdag 30 Julie 2020 om 18:00. Toegang is gratis op die Akademie se Facebook-blad.
Reza de Wet: Die dramaturg as dromer, Temple Hauptfleisch en Marisa Keuris (redakteurs)
2020-07-15"Met die sesde publikasie in die huldigingsreeks kan ek opreg sê dat hierdie projek van onskatbare waarde vir toekomstige navorsers en belangstellendes in die Afrikaanse letterkunde gaan wees."
Virtuele boekbekendstelling: Die kunsversameling van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns
2020-07-07Jy word vriendelik uitgenooi na die virtuele boekbekendstelling van Die kunsversameling van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns op Woensdag, 8 Julie om 18:00.
Kaantie wies NP Van Wyk Louw?
2020-06-19"Nogallie; in Boeta NP se gedagtes herrit gegegat oo sy Afrikaans tien Ingels. Om wee daai wood van hom te lien, op dié punt was hy nog te kleinburgerlik oo Afrikaans soes net hy en Afrikaners dit ken, sy kultuur, sy volk en sy nasie. Regte woore en gedagtes, maa nie vi ammel van sy tyd ie."
Video: NP Van Wyk Louw-gedenklesing ‒ Jeremy Vearey (18 Junie 2020)
2020-06-18Die NP Van Wyk Louw-gedenklesing wat op 18 Junie deur Jeremy Vearey gelewer is, kan hier gekyk word. Die web-lesing is geargiveer en kan enige tyd gekyk word.
NP Van Wyk Louw-lesing vanjaar op LitNet aangebied
2020-06-04Die Departement Tale, Kultuurstudie en Toegepaste Linguistiek, in samewerking met die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns en LitNet, nooi u vriendelik uit na die jaarlikse NP Van Wyk Louw-gedenklesing. Die lesing word vanjaar as ’n webinaar aangebied op die herdenking van Van Wyk Louw se 50ste sterfdatum, Donderdag 18 Junie 2020.
Skrywersonderhoud: Johan Jack Smith oor die Eugène Marais-prys
2020-05-28"Ek dink dis fantastiese motivering om weer, en beter, te skryf. Ek het gaan kyk na vorige skrywers, en het gedink: 'Bliksem, jy bevind jouself nou in goeie geselskap.'"
SA Akademie vir Wetenskap en Kuns: Bekronings vir 2020
2020-05-20Die Raad van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns maak die gesogte Akademiebekronings vir 2020 bekend.
Wenners van die Poort-skryfkompetisie 2020
2020-05-05Die algehele wenners van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns se gewilde Poort-skryfkompetisie vir senior hoërskoolleerders is bekend gemaak. Lees hier wie die wenners is!
SA Akademie kondig wenner van Jan H Maraisprys 2020 aan
2020-04-07Die Jan H Marais-prys vir ’n uitstaande bydrae tot Afrikaans as wetenskapstaal deur wetenskaplike werk en publikasies van hoë gehalte in Afrikaans word vanjaar toegeken aan die regsgeleerde, Jean Sonnekus, van Johannesburg.