Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns

Persverklaring: Kunspraatjie – Alex Duffey oor Botticelli se Primavera

LitNet Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2022-06-23

Alex Duffey se lesing "Botticelli se Primavera verbeeld beskaafde gedrag vir alle tye" handel oor die kunswerke wat gereken word as van die beste werke ter wêreld. Die lesing kan op die SA Akademie se sosialemediaplatforms gekyk word.

Persverklaring: Onderwysverklaring na aanleiding van Wysigingswetsontwerp op basiese onderwys

LitNet SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2022-06-10

’n Berig het onlangs in Rapport verskyn in verband met die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwys wat deur die regering beplan word en daarby ook ’n brief wat deur 19 organisasies, wat hulle beywer vir volhoubare Afrikaanse onderwys in openbare skole, onderteken is. Hierdie brief is aan Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, gestuur. Laai die brief hier in PDF-formaat af.

Die Afrikaanse woordelys en spelreëls se eerste honderd jaar deur Christo van Rensburg: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2022-05-31

"Christo van Rensburg se Die Afrikaanse woordelys en spelreëls se eerste honderd jaar is werklik ’n boek waarvan mens kan sê dat dit die perspektief verruim."

Uitnodiging: Theuns Eloff oor die toekoms van Suid-Afrikaanse universiteitswese

LitNet Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2022-05-17

Alle belangstellendes word vriendelik uitgenooi na die Werkgemeenskap Potchefstroom van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns se volgende byeenkoms. Die gasspreker, Theuns Eloff, sal praat oor die toekoms van Suid-Afrikaanse universiteitswese teen die agtergrond van onlangse politieke ontwikkelinge.

Kennisgewing: Oproep om referate vir die SAAWK se jaarlikse algemene simposium vir 2022

LitNet Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2022-05-11

Die SA Akademie se jaarlikse simposium vind virtueel op 15 September 2022 plaas. Alle belangstellendes, ook nielede van die Akademie, word daaraan herinner om ’n referaatvoorstel in te stuur. Die oorkoepelende tema is "Om op te staan uit die as: Reaksies op rampe en pandemies met ’n fokus op die Covid-19-pandemie".

Aankondiging: Rufus Gouws wen die Jan H Maraisprys vir 2022

LitNet Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2022-05-05

Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns kondig aan dat die leksikograaf Rufus Gouws met die Jan H Maraisprys vir 2022 bekroon is.

Aankondiging: 2022 se wenners van SA Akademiepryse

LitNet Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2022-04-22

Die Raad van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns kondig die name van hul pryswenners vir 2022 aan. Hier is die volledige lys van die gesogte Akademiebekronings.

Meevoerend elegant en melancholies: William Kentridge se kortprente

Johan Myburg Kuns 2022-03-16

"Dit is in dié animasieprente waarin onthou en vergeet, benadruk en uitwis, die gewig van geheue en die kortstondigheid van vergeet vasgevang word in houtskool en uitveër." – Johan Myburg lewer verslag oor Alex Duffey se taksering van William Kentridge se nege Drawings for projection.

Aankondiging: Die Taalkommissieadviespaneel van die SA Akademie

LitNet Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2022-02-21

Die adviespaneel is uit die breë Afrikaanse taalgemeenskap saamgestel om die Taalkommissie te adviseer oor veral woorde vir oorweging en insluiting in die volgende uitgawe van die gesaghebbende Afrikaanse woordelys en spelreëls.

Pasverskyn: Elsa Joubert. ’n Huldiging. Die verste grens verby deur Thys Human (redakteur)

LitNet Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2022-02-16

In hierdie bundel bied vriende en literatore nuwe perspektiewe op die skrywer en haar uitgebreide oeuvre.

Uitnodiging: Kunspraatjie – Alex Duffey oor William Kentridge

LitNet Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2022-02-16

Jy word hartlik uitgenooi na ’n lesing van Alex Duffey wat handel oor Suid-Afrikaanse kuns vanaf Dinsdag 22 Februarie 2022 om 18:00. Die lesing sal op Facebook en YouTube beskikbaar wees.

Vakature: SA Akademie vir Wetenskap en Kuns – skakel- en bemarkingsbeampte

LitNet Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2022-02-14

Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns het ’n vakature vir ’n ondernemende skakel- en bemarkingsbeampte by die Akademiehoofkantoor in Pretoria.

Geskiedskrywing in die "Nuwe Suid-Afrika" – om te vergewe sónder om te vergeet

André Wessels Seminare en essays 2022-02-10

André Wessels lewer verslag oor die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns se simposium oor geskiedskrywing in die "Nuwe Suid-Afrika" wat in Januarie 2022 plaasgevind het.

Persverklaring: Jan H Maraisprys – nominasies vir 2022 ingewag

LitNet Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2022-01-25

Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns wag nominasies in vir die Jan H Maraisprys vir 2022. Die doel van die prys is om erkenning te gee vir ’n uitstaande bydrae tot Afrikaans as wetenskapstaal. Nominasies sluit op 25 Februarie 2022.

SA Akademiepryse 2022: nominasies ingewag

LitNet Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2022-01-25

Die SA Akademie wag nominasies in vir die toekenning van Akademiepryse in die kategorieë wat in 2022 aan bod kom. Die finale sluitingsdatum vir nominasies is 15 Februarie 2022.

Persverklaring: Die SA Akademie se Taalkommissie vir 2022 tot 2024

LitNet Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2022-01-24

Lees hier wie die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns se nuutverkose Taalkommissielede is.

Uitnodiging: Virtuele geskiedenissimposium, 28 Januarie 2022

LitNet Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2022-01-20

Jy word uitgenooi na ’n virtuele geskiedenissimposium, aangebied deur die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns, op Vrydag 28 Januarie 2022. Die tema is "Geskiedskrywing in die 'Nuwe Suid-Afrika'".

Persverklaring: SA Akademiepryse 2022

LitNet Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2021-11-29

Die SA Akademie wag nominasies in vir die toekenning van Akademiepryse in die kategorieë wat in 2022 aan bod kom. Die sluitingsdatum vir nominasies is 15 Februarie 2022.

Persverklaring: Vakatures in die SA Akademie se Taalkommissie

LitNet Akademies en skole 2021-11-15

Die Taalkommissie van die SA Akademie wag tans aansoeke in vir sewe vakatures. Hier is nog inligting oor die beskikbare poste en die aansoekproses.

Virtuele boekbekendstelling: Die Afrikaanse woordelys en spelreëls se eerste honderd jaar deur Christo van Rensburg

LitNet Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2021-10-26

Die Afrikaanse woordelys en spelreëls se eerste honderd jaar word op 2 November 2021 bekendgestel. Hier is nog inligting oor die geleentheid.

Top