Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
Opvoedkundige tegnologie: Ekperimenteer, leer en transformeer
2022-12-21Christa van Staden lewer verslag oor Ronel Callaghan se lesing, "Opvoedkundige tegnologie: eksperimenteer, leer, transformeer", wat onlangs deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns aangebied is.
Boekbekendstelling: Petra Müller. ’n Huldiging. Die skerpgevylde oomblik
2022-12-06Jy word uitgenooi na die bekendstelling van Petra Müller. ’n Huldiging. Die skerpgevylde oomblik op 18 Januarie 2023 in Pretoria. Charl-Pierre Naudé sal met die redakteur van die publikasie, Karen de Wet, in gesprek wees.
Persverklaring: Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (BELA)
2022-11-17Die SA Akademie doen ’n ernstige beroep op onderwysowerhede om te besin oor hierdie aspek van die voorgestelde wysigings en die insette van skoolgemeenskappe te respekteer.
Kennisgewing: Sheila Cussons 100
2022-11-17Die digter Sheila Cussons sou op 9 Augustus vanjaar 100 jaar oud geword het. As huldiging het Joanita Erasmus-Alt, ’n lid van die SA Akademie, ’n keur uit Cussons se gedigte getoonset.
Uitnodiging: SA Akademie vier die Afrikaanse Wikipedia se 21ste verjaarsdag!
2022-11-09Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns en die WikimediaZA Stigting vier die Afrikaanse Wikipedia se mondigwording op Woensdag 16 November om 18:00.
Program: SA Akademie se Studentesimposium 2022
2022-11-08Die SA Akademie se jaarlikse Studentesimposium vind op Woensdag 9 November plaas. Hier is die program.
Uitnodiging: Werkgemeenskap Pretoria – lesing deur Ronel Callaghan
2022-11-07Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns nooi alle belangstellendes hiermee hartlik uit na ’n aanlyn lesing wat aangebied word deur die SA Akademie se Werkgemeenskap Pretoria. Die tema is "Opvoedkundige tegnologie: eksperimenteer, leer, transformeer".
Persverklaring: Gesprekspunt – die SA Akademie se nuwe blog
2022-11-07Die SA Akademie se nuwe blog, Gesprekspunt, waar Akademielede en ander kundiges uitgenooi word om te besin oor aktuele aangeleenthede, is pas op hul webblad geloods.
Persverklaring: Kunspraatjie – Alex Duffey oor Rembrandt van Rijn se Die nagwag
2022-10-27Jy word hartlik uitgenooi na die volgende lesing deur Alex Duffey wat handel oor die kunswerke wat gereken word as van die beste werke ter wêreld. Sy lesing oor Rembrandt van Rijn se Die nagwag kan vanaf 18:00 op 25 Oktober 2022 aanlyn gekyk word.
Uitnodiging: Werkgemeenskap Potchefstroom – byeenkoms op 27 Oktober 2022
2022-10-11Enige belangstellendes word hiermee vriendelik uitgenooi na die geleentheid. Die tema is "Die geheime diens van die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR) 1894–1900" en die gasspreker is brigadier-generaal (dr) Gerhard Kamffer.
Uitnodiging: 51ste JBM Hertzoggedenklesing
2022-10-10Jy word hartlik uitgenooi na die 51ste Hertzoggedenklesing wat op 19 Oktober 2022 aanlyn aangebied word deur die SA Akademie se Geskiedeniskommissie. Hier is nog inligting oor die geleentheid.
Uitnodiging: 2022-Studentesimposium vir die Sosiale en Geesteswetenskappe
2022-10-04Nagraadse studente van regoor Suid-Afrika word genooi om hul navorsing, wat in Afrikaans vasgelê word, in die vorm van ’n referaat of plakkaat op 9–10 November 2022 by die simposium aan te bied. Voornemende deelnemers kan hul voorstelle teen 16 Oktober 2022 indien.
Boekbekendstelling: Publieke teologie as profetiese teologie? deur Martin Laubscher
2022-09-30Jy word hartlik uitgenooi na die bekendstelling van Publieke teologie as profetiese teologie? ’n Kritiese beskouing van die sosio-ekklesiologiese implikasies van die drieërlei amp in die teologie van Karl Barth op 2 November 2022.
Persverklaring: Nuwe lede van die SA Akademie se Letterkundekommissie aangestel
2022-09-23Die nuwe voorsitter is Willie Burger van die Departement Afrikaans aan die Universiteit van Pretoria en die nuwe lede is die bekende skrywers Valda Jansen en Bettina Wyngaard.
Eerste aankondiging: Die SA Akademie wag tans nominasies in vir sy gesogte Akademiepryse vir 2023
2022-08-30Die SA Akademie wag nominasies in vir die toekenning van Akademiepryse in die kategorieë wat in 2023 aan bod kom. Die finale sluitingsdatum vir nominasies is 15 Februarie 2023.
Persverklaring: Kunspraatjie – Alex Duffey oor Michelangelo se Sistynse Kapelplafon
2022-08-23Jy word hartlik uitgenooi na die volgende lesing deur Alex Duffey wat handel oor die kunswerke wat gereken word as van die beste werke ter wêreld. Die lesing kan vanaf 18:00 op 23 Augustus 2022 aanlyn gekyk word.
Uitnodiging: Boekbekendstelling – So is onse mense deur JC Steyn
2022-08-11Jy word uitgenooi na ’n viering van die skrywer JC Steyn en die bekendstelling van sy laaste boek, So is onse mense, op Vrydag 26 Augustus 2022 in Bloemfontein. Hier is nog inligting oor die geleentheid.
Persverklaring: Hennie van Coller bedank as voorsitter van die SA Akademie se Letterkundekommissie
2022-07-25Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns kondig aan dat prof Hennie van Coller, die voorsitter van ons Letterkundekommissie, sy bedanking ingedien het.
Lede van SA Akademie se Letterkundekommissie bedank oor Hennie van Coller se omstrede rubriek
2022-07-22Marius Crous en Andries Visagie het as lede van die SA Akademie se Letterkundekommissie, onder voorsitterskap van Hennie van Coller, bedank weens die onaangenaamheid rondom menings wat Van Coller in ’n rubriek oor randfigure in kinder- en jeugverhale gelug het.
SJ Naudé se toespraak by ontvangs van die Hertzogprys
2022-07-22"’n Seker manier om mense ontuis te laat voel in Afrikaans en om die taal in haar weerlose posisie skade aan te doen, is om onsensitiewe sentimente uit te druk rondom wie normaal of gewoon sou wees al dan nie, wie in die hoofstroom mag swem en wie in die systrome, wie in die kern hoort en wie maar op die rande moet bly beweeg. Dit is ’n gesindheid wat die huis van Afrikaans kan laat leegloop."