Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns

Uitnodiging: Boekbekendstelling (3 April om 17:30)

LitNet Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2024-03-25

Jy word uitgenooi na die bekendstelling van Triomfmars en treurlied op 3 April in Pretoria.

Uitnodiging: Boekbekendstelling van Stiltes en stemme

LitNet Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2024-03-07

Jy word uitgenooi na die bekendstelling van Stiltes en stemme, ’n huldigingsbundel vir Karel Schoeman, op 12 Maart in Pretoria. Jacomien van Niekerk sal met die redakteur van die bundel, Willie Burger, gesels.

Persverklaring: Wenners – vyfde studentesimposium vir sosiale en geesteswetenskappe

LitNet Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2024-02-28

Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het op 15 en 16 Februarie 2024 die vyfde studentesimposium vir die sosiale en geesteswetenskappe in hibriede formaat aangebied. Die organiseerders van die simposium het uitstekende terugvoer van die beoordeelaars ontvang wat bevestig het dat navorsing in Afrikaans aan universiteite ʼn waardevolle bydrae lewer tot die hoër funksies van Afrikaans en ʼn besonderse bydrae lewer tot die uitbreiding van Afrikaanse vaktaal.

Persverklaring: Die vyf toppresterende studente by AROS ontvang die SA Akademie se honneursbeurse in Leerondersteuning

LitNet Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2024-02-13

Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns het tydens ’n glansgeleentheid op 8 Februarie 2024 aan die vyf toppresterende AROS-studente honneursbeurse in Leerondersteuning toegeken. Dit is die eerste Leerondersteuning-honneursgroep by AROS.

Uitnodiging: Internasionale Moedertaaldaglesing, Woensdag 21 Februarie 2024

LitNet Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2024-02-12

Op 21 Februarie 2024 word Internasionale Moedertaaldag gevier, en die Taalkommissie het in opdrag van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns besluit om ’n gaslesing aan te bied om die geleentheid te vier. Aangesien dit eintlik die variëteite van Afrikaans (afgesien van die standaardvariëteit) is wat die eerste tale of moedertale van die Afrikaanssprekende gemeenskap is, het die Taalkommissie dit goedgedink om by hierdie geleentheid eerder op hierdie variëteite te fokus.

Persverklaring: ’n Uitnodiging na die studentesimposium vir die sosiale en geesteswetenskappe

LitNet Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2024-01-31

Nagraadse studente van regoor Suid-Afrika sal hul navorsing oor enige onderwerp in Afrikaans aanbied in die vorm van ’n referaat of plakkaat. Die simposium sal ’n hibriede formaat aanneem om soveel moontlik aanbieders en bywoners te akkommodeer.

Persverklaring: Kommer oor Regspraktykraad se besluit oor slegs Engels vir toelatingseksamens – SA Akademie vir Wetenskap en Kuns

LitNet Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2024-01-16

Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns het met groot kommer verneem van die Regspraktykraad se onlangse besluit dat alle toelatingseksamens van 2024 af slegs in Engels afgeneem sal word. | The SA Academy of Science and Art has learnt with great concern of the Legal Practice Council’s recent decision that from 2024 all entrance examinations will only be conducted in English. 

Persverklaring: Geskiedenissimposium van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns

LitNet Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2023-12-07

26 Januarie 2024 | Tydens die simposium sal die hiërargiese struktuur van erfenisbewaring aandag geniet en sal die sukses hiervan krities beoordeel word. Aandag word ook gegee aan die rol van die owerhede, en ander instansies in erfenisbewaring.

Persverklaring: Poort 2024 – Inskrywings nou oop

LitNet Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2023-12-06

Die SA Akademie nooi alle leerders wat in 2024 in graad 10, 11 of 12 is (of matriek in 2023) met skryf- en kunstalent uit om deel te neem aan die POORT-skryfkompetisie van 2024. Skeppende bydraes in poësie en prosa kan ingeskryf word, asook dramatekste.

Persverklaring: Nuwe datums vir die 2023 Studentesimposium vir die sosiale en geesteswetenskappe – 15 tot 16 Februarie 2024

LitNet Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2023-11-22

Nagraadse studente van regoor Suid-Afrika sal hul navorsing, wat in Afrikaans aangebied word, in die vorm van ’n referaat (20 minute) of plakkaat (5 minute) by die simposium aan bied.

Uitnodiging: Bywoning van Studentesimposium vir die sosiale en geesteswetenskappe

LitNet Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2023-11-06

Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (SAAWK) bied op 23–24 November 2023 die vierde Studentesimposium vir die sosiale en geesteswetenskappe aan. Alle belangstellendes word hartlik uitgenooi om die simposium by te woon – in persoon of aanlyn.

Uitnodiging: Die Afrikaanse Wikipedia vier verjaarsdag

LitNet Akademies en skole 2023-11-02

Die Afrikaanse Wikipedia word hierdie jaar 22 jaar oud en dit gaan op ’n gepaste wyse op Donderdag 16 November by die Akademiekantoor in Pretoria gevier word. Die SA Akademie ontvang alle belangstellendes graag as hul gaste by hierdie verjaarsdagfunksie.

Persverklaring: Oproep om nominasies vir die SA Akademiepryse 2024

LitNet Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2023-10-30

Die SA Akademie wag nominasies in vir die Akademiepryse wat in 2024 vir toekenning oorweeg word.

Uitnodiging: Bekendstelling van Kortpad-praatjies I: Afrikaans vir beginners / Shortcut chats I: An interactive workbook

LitNet Boeke en skrywers 2023-10-27

UJ Press nooi jou vriendelik uit na die virtuele bekendstelling van Kortpad-praatjies I: Afrikaans vir beginners / Shortcut chats I: An interactive workbook deur Rina Loader en Charlene Human op 29 November 2023.

Persverklaring: SA Akademie ken erelidmaatskap aan Oppel Greeff toe

LitNet Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2023-10-13

Erelidmaatskap is die hoogste toekenning van die SA Akademie, wat bekend is vir sy gesogte toekennings wat ’n prestasiekultuur in Afrikaans bevorder.

Uitnodiging: Poësie en die klimaatskrisis – hoe praat digters terug?

LitNet Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2023-10-11

Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns se Werkgemeenskap Vrystaat, in samewerking met die Oorlogsmuseum van die Boererepublieke, nooi alle belangstellendes hiermee hartlik uit na ’n byeenkoms waarby Pieter Odendaal as spreker gaan optree.

Uitnodiging: Hertzoggedenklesing 2023

LitNet Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2023-10-11

Alle belangstellendes word baie hartlik uitgenooi na die jaarlikse Hertzoggedenklesing wat vanjaar op Woensdag 18 Oktober 2023 om 18:00 in Pretoria plaasvind.

Persvrystelling: Konferensie in Utrecht, Nederland op 24 November 2023

LitNet Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2023-10-06

Die Buitelandse Werksgemeenskap van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns (SAAWK) nooi u uit na sy eerste konferensie op Vrydag 24 November 2023. Die tema van die konferensie is Die wêreld is ons woning (nie)? Afrikaanssprekende en Suid-Afrikaanse akademici in die "buiteland". Die konferensie vind van 11:00 tot 16:00 plaas in die vergadersaal van die Lutherse Kerk, Hamburgerstraat 11, Utrecht, Nederland.

Uitnodiging: Studentesimposium vir die sosiale en geesteswetenskappe

LitNet Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2023-10-05

Nagraadse studente van regoor Suid-Afrika word genooi om hul navorsing in Afrikaans in die vorm van ’n referaat of plakkaat by die simposium (23–24 November 2023) aan te bied. Die aangepaste sperdatum vir voorstelle is 20 Oktober 2023.

Persverklaring: Aankondiging van SA Akademieraad 2023–2026

LitNet Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2023-10-05

Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns se Raad vir die termyn 2023 tot 2026 is by sy algemene jaarvergadering op Donderdag 28 September aangekondig. Ilse Feinauer is die nuwe voorsitter en Leopoldt van Huyssteen is die ondervoorsitter.

Top