Uitnodiging: Hertzoggedenklesing 2023

  • 0

Alle belangstellendes word baie hartlik uitgenooi na die jaarlikse Hertzoggedenklesing wat vanjaar op Woensdag 18 Oktober 2023 om 18:00 in die Kunslokaal, SA Akademiegebou, Ziervogelstraat 574 Arcadia, Pretoria plaasvind.

Die spreker is die uitvoerende hoof van die Afrikaanse Taalraad en ook pasverkose lid van die SA Akademieraad, Conrad Steenkamp. Hy is woonagtig in die Wes-Kaap, maar sal die lesing in persoon in Pretoria lewer.

Die tema van sy lesing is: Armblankes, armbruines en die SA Akademie

RSVP teen 12 Oktober by linda@akademie.co.za.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top