Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (SAAWK) bied op 23–24 November 2023 die vierde Studentesimposium vir die sosiale en geesteswetenskappe aan.
Alle belangstellendes word hartlik uitgenooi om die simposium by te woon – in persoon of aanlyn.
Registrasie: Registreer asseblief om die studentesimposium by te woon deur hierdie vorm te voltooi: https://forms.gle/
Plek: SA Akademiekantoor, Arcadia, Pretoria
Koste: Die registrasiefooi om die simposium in persoon by te woon by die SA Akademie se kantoor in Pretoria is R150 (per dag) of R250 indien u beide dae sou bywoon. Aanlyn bywoning is gratis.
RSVP: Vrydag 17 November (deur die registrasievorm te voltooi asseblief)
Die simposiumprogram sal binnekort gepubliseer word. Vir verdere navrae, tree gerus per e-pos met die organiseerders in verbinding by: linette.vandermerwe@up.ac.za
Die 2023-simposium sal ’n hibriede formaat aanneem en daar word weer ’n nuutskeppingskompetisie gehou vir nuwe Afrikaanse vakkundige terme wat geskep is konsepte wat nog nie in Afrikaans benoem is nie – met ander woorde vir konsepte waarvoor daar nog nie 'n gestandaardiseerde Afrikaanse term bestaan wat in vakwoordelyste en vakwoordeboeke opgeneem is nie.
Die simposium onderskraag die oogmerke van die SAAWK deur akademiese denkleiers aan te moedig om hul bevindinge in die sosiale en geesteswetenskappe in Afrikaans met ’n breër gehoor te deel. Voorts moedig die SAAWK studente wat hul navorsing in Afrikaans doen aan om hul aanbiedings voor te lê. Studente wat hul navorsing in ander tale onderneem, word ook aangemoedig om hul bevindinge te vertaal vir ’n referaat of plakkaat wat in Afrikaans aangebied word. Op hierdie manier word Afrikaans ook as akademiese vaktaal bevorder en uitgebrei binne die veld van die sosiale en geesteswetenskappe.